Gevolge van 'n kwes skoot
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Iets wat ek baie opmerk is hoeveel "jagters" skietbaan toe gaan met sandsakke of iets dergeliks en op 100m dooierus groeperings skiet. Sodra hulle so 10cm groepering kry of 'n bierblikkie gereeld raakskiet, verklaar hulle hulself gereed vir jag.
Wanneer hulle onder groepsdruk oor 'n bakkiereling probeer skiet, of oor skietstokke in die veld, is die posisie skielik heel anders. Ek dink baie wat in hierdie kategorie val skiet nie vir kopskote nie. Hulle skiet bloot in die hoop om die bok te tref. Kyk bietjie hoe lyk party bokke wat by slagters ingegee word.
Daar waar die bokke rondloop is gewoonlik nooit 'n skietbank met sandsakke nie.

Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Net die mense wat werk, maak foute. ‘n Groot waarheid wat ‘n ou omie in ‘84 vir my gesê het. (Vandag is ek ouer as wat hy was die dag)
Stem saam met julle.
Het weer diè jag in die kalahari gesien hoe daar gespot word oor julle wat net gonge skiet, skiet bokke! Dieselfde persoon skiet toe ‘n 100mm gong op 100m en klim baie selfvondaan die middag op die skietbakkie, om 30min later ‘n perfekte bekskoot op ‘n jong lam te skiet!! Hy dog die groot ore is horings- 3 ure later kry hulle die lam en skiet hom. Hy het hom dadelik vir die spoorsnyer gegee. Hy was te skaam vir die karkas. Baie bedees na dié insident.
Ek het self ‘n bekskoot geskiet op die jag (binne 15min bok doodgeskiet). Dit bly ‘n ‘gelykmaker’, want jy dink jy kan skiet! Dis een van my groot argumente hoekom ek met die 22/250 breinskote skiet- 200m is ek gemaklik, maar ‘n bleddie x-bag op ‘n bakkie is NIE dieselfde as by-pod op bench nie!!
Dankie vir ‘n goeie forum.
Sent from my iPhone using Tapatalk

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Daar is n gesegte wat se, oefen soos jy veg. As jy van stokke af gaan skiet oefen van stoke af, as jy oor n xbag van n cruiser se dak af gaan skiet oefen so. As ek bokke op 300m + van n cruiser af moet skiet gaan ek nie vir 2 weke op my maag le en groepe op 100m skiet nie, as ek na baie ouens se 100m tykens op bane kyk moet meeste van hulle nie eers na n bok toe mik nie.
Daar is ongelukkig geen manier hoe alles altyd volgens plan beloop nie maak nie saak hoe baie jy oefen en hoe reg jy is nie, as jy jag is daar altyd n kans dat iets kan skeef loop, is ongelukkig naar maar dit is waar. Soos Gary Player se hoe meer jy speel hoe gelukkiger raak jy maar in die jag game dink ek dit is hoe meer jy speel hoe groter is jou kans laat iets kan skeef loop.
Ek sal gemaklik n bok op 500m n kopskoot gee van n cruiser af maar ek weet weer as ek in die veld is en skietstokke by my het moet ek maar baie naby aan n bok kom anders los ek hom maar.

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Dankie Eduard en manne vir die plasing en kommentaar. Laat my terugdink aan jarre gelede toe ek nog jonk was en met die jagtery nog n absolute leek was. Ons ouer manne verstaan / besef nie altyd hoevel druk ons op leke en begin / jong jagters plaas nie.
Ek onthou menige kere wat daar deur die ouer en "ervare?" manne en boere vir my geskree of hard gese was "Skiet-Skiet-Skiet boettie!!!" of "Gaan ons nog lank wag" of "die son trek water boet" of "Kan jy die bok sien boeta" of "moet ons solank vuur aansteek tot jy klaar is" ens,ens,ens.
Dit het my so gepla en geirreteer as mense jou so begin druk om te skiet wanneer hulle wil he jy moet skiet en nie wanneer jy reg is / voel om te skiet nie, dat ek stadig maar seker begin het om eerder alleen te jag en groepe en familie jagte begin vermy het tot vandag toe. Ek dink die aspek het ook n groot aandeel tot kwesbokke in die jagveld.

Last edited by FHM on Wed Jul 03, 2019 10:49 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Duif
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Wed Mar 07, 2018 10:07 am
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Stem 100% saam. Die druk is gewoonlik meer met die wat saam jou is as wat die skoot self isFHM wrote:Dankie Eduard en manne vir die plasing en kommentaar. Laat my terudink aan jarre gelede toe ek nog jonk was en met die jagtery nog n absolute leek was. Ons ouer manne verstaan / besef nie altyd hoevel druk ons op leke en begin / jong jagters plaas nie.
Ek onthou menige kere wat daar deur die ouer en "ervare?" manne en boere vir my geskree of hard gese was "Skiet-Skiet-Skiet boettie!!!" of "Gaan ons nog lank wag" of "die son trek water boet" of "Kan jy die bok sien boeta" of "moet ons solank vuur aansteek tot jy klaar is" ens,ens,ens.
Dit het my so gepla en geirreteer as mense jou so begin druk om te skiet wanneer hulle wil he jy moet skiet en nie wanneer jy reg is / voel om te skiet nie, dat ek stadig maar seker begin het om eerder alleen te jag en groepe en familie jagte begin vermy het tot vandag toe. Ek dink die aspek het ook n groot aandeel tot kwesbokke in die jagveld.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Savage AXIS II XP .308 Win
Savage Mod 11 .260 Rem
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Savage AXIS II XP .308 Win
Savage Mod 11 .260 Rem
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Francois, met jou skrywe het dit my weer die eerste bok (op my eie) laat ontdou, en hoe groot die koors eintlik was. Dit was in Victoria Wes se wereld, stok siel alleen in die groot oop vlaktes, so koud dat die snot op jou bo-lip fries en 'n 6.5x57 in die hand....my skoot was maar bra 11.1.11 en die bok was besig om die rante uit weg te kom. Ek het so bokkoors gehaad dat ek nie eers die gun weer kon oor haal vir 'n tweede skoot nie. Al genade was toe maar agter hom aan met die wilde jag mes, waarmee ek hom op 'n stadium mee probeer gooi het want ek was te uit asem en hy verder koppe op. Gelikkig het hy op 'n stadium gaan le' toe ek asem brobeer terug kry en kon hom eindelik in hardloop/bekruip soos 'n kwaad mamba, en aan die horings beet kry .....ai, dit was lekker.FHM wrote:Dankie Eduard en manne vir die plasing en kommentaar. Laat my terugdink aan jarre gelede toe ek nog jonk was en met die jagtery nog n absolute leek was. Ons ouer manne verstaan / besef nie altyd hoevel druk ons op leke en begin / jong jagters plaas nie.
Ek onthou menige kere wat daar deur die ouer en "ervare?" manne en boere vir my geskree of hard gese was "Skiet-Skiet-Skiet boettie!!!" of "Gaan ons nog lank wag" of "die son trek water boet" of "Kan jy die bok sien boeta" of "moet ons solank vuur aansteek tot jy klaar is" ens,ens,ens.
Dit het my so gepla en geirreteer as mense jou so begin druk om te skiet wanneer hulle wil he jy moet skiet en nie wanneer jy reg is / voel om te skiet nie, dat ek stadig maar seker begin het om eerder alleen te jag en groepe en familie jagte begin vermy het tot vandag toe. Ek dink die aspek het ook n groot aandeel tot kwesbokke in die jagveld.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Een ding wat ek al geleer het, en dis nou of jy van n bakkie af skiet en of jy stap en jag.
Die jagter moet altyd nomineer en vir almal se of aandui watter bok gaan hy skiet. Met die skoot is dit baie moeilik om n bok te volg as jy nie weet vir watter een is daar gemik nie.
Sodoende kan almal hom dophou en dus is daar meer oë wat kan sien of die bok raak of mis is en in watter rigting het die bok gehardloop na die skoot.
Ek sit ook altyd toiletpapier in my sak, nie net vir n veltie nie maar om die plek waar die skoot gevat is te merk en die plek waar die bok gestaan het.
Soek eerder 30min te lank om seker te maak daar loop nie n kwesbok in die veld nie.
Oor n week is ek in die veld en ek hoop en bid dat ek nie kwes nie.
Al die gepraat van kwes maak my skoon benoud.

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Ja nee al die kwes praatjies klink eintlik bietjie erg maar gelukkig gebeur dit nie so baie nie. Dis net 'n gewilde onderwerp deesdae op die forum maar dit moet nie ons fokus wegvat om die jagseisoen te geniet nie.sako 30-06 wrote:Die Oor n week is ek in die veld en ek hoop en bid dat ek nie kwes nie.
Al die gepraat van kwes maak my skoon benoud.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5028
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Wouter,
Jy laat my dink aan die gidse wat na die tyd vir die eienaar of persoon wat in Beheer is oor die jag op die grond vertel dat jy kanse gekry het maar nie geskiet het nie. Dan word jy uitgekyk as iemand wat nie wil jag nie maar net tyd in die veld wil spandeer.
Wat jy deur die teleskoop sien en wat die gidse sien is twee heel ander prentjies die scope vertel jou mooi van die takkies maar vir die gids staan die dier mooi oop. Ander storie as 'n gids verkyker dra en kan gebruik dan kan hy sien wat jy sien.
Persoonlik dink ek en dit is al parkeer genoem die oefen van skietsak af en dan in die veld regtig skiet is ook twee prentjies. By my seun en ander wat ek leer oud of jonk as ons by die skietbaan is, is om te vra of hulle die hele mooi ronde sirkel sien. Soveel keer sien jy die kruishaar te pragtig maar le net nie mooi aan nie en dit is wat ek dink die grootse probleem is as jou skiet posisie nou eweskielik anders is. Kruishaar lyk perfek maar jy le nie presies agter die scope nie en dan gaan die skoot.
Die ander groot fout wat ek gesien het is om op wild te skiet met te groot vergroting versteling. Op die skietbaan en sakke werk dit mooi maar probeer bietjie rooibok skiet op 12 x vergroting van driepoot stok en kyk hoe beweeg jy. Stel om af na x6 vergroting en siedaar jy bewe eweskielik nie meer nie. Kwesbokke is naar en ongemaklik vir almal betrokke. Carl se storie met die jong koedoe bul is hartseer as die ander jong man meer van jag geweet het kon hy help spot. Met die terugskop kan die skut nie altyd die skote volg nie maar die ander jong man kon seker wel.

Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Frederik
Wat jy sê van die gidse is baie waar. Die manne dink gewere kan alles doen en het 'n magiese krag. Hulle besef nie altyd wat die tekorte is nie. Dit is deels opvoeding en deels tekort aan ondervinding. Dit sal help as ons as jagter hulle betrek en die tipe dinge verduidelik.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Amper spook hierdie draad by my vanmiddag...
Ek bekruip vark sommer baie lekker dis net varke om my. Het so 20 getel in 'n kwessie van 300m. Nietemin ek kom baie naby aan 'n groot beer waar hy op 30m van links na regs voor my verbyloop. Ek fluit maar hy steek nie vas nie. Ek fluit weer en weer niks nie. Ek besluit bogger dit ek skiet hom sommer in sy middag stappie want dis so naby... Toe die haarsneller breek toe steek die vark vas en ek voel hoe hardloop my kruishaar vooruit. Vark is onderstebo met 'n skril geluid wat net 'n vark kan maak. Na 'n sekond of wat is hy weer op en hy hol en verdwyn in die lang gras. Nou begin ek soek maar dis amper donker. Kry nie eers 'n druppel bloed nie. Nou begin ek daai hol kol op my maag kry want ek weet my skoot was nie heeltemal op die nommer nie. Naderhand sien ek 2 varke hol. Ek sit agterna om te kyk of dit nie myne is nie. Toe ek nog so deur die teleskoop na hulle kyk hoor ek iets spartel toe spring my beer so 20m voor my op in die lang gras. Ek laat loop maar hy is te vinnig en my skoot slaan hom op die boud. Dit gee hom net meer spoed en voor hy in die gras verdwyn kry ek gelukkig 'n mooi skoot agter die blaaie in en hy slaan soos 'n sak patats neer. Ek sien toe my aanvanklike skoot was toe nie so sleg soos ek gedink het nie en ek het verseker die longe gevang net nie die hart nie. Moes hom ver pad toe sleep en het bietjie geknor om hom alleen te laai. Vark jag bly maar lekker!
Op die een foto kan mens sien hoe maklik is dit om 'n vark te verloor as hy in die lang gras val. Sent from my SM-A520F using Tapatalk

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Skiet tyd hou op 16:45 bosveld of vlakte finish en klaar skiet jy later en maak jy droog sit jy met 'n bok wat ly deur die nag .
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7571
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Manne
Wat dit op neerkom uit die meeste van julle wedevaringe is dat ons as jagters moet kop hou soos n dronk weeluise. Daar is so baie aspekye wat op ons jag inwerk soos gidse in my laaste jag wat op n komissie basis werk, gidse wat dink dat hoe groter die kaliber hoe minder steur hy hom aan takke ens ens. Ons as jagters is die besluitmakers en deur vasgestelde parameters vooraf vir jou daar te stel bv soos tot hoe laat jy skiet dink ek is die maklikste pad om te loop. Jy en net jy alleen maak daai call, finish en klaar! Deur n bietjie op te let in die klas en gesonde verstand aan die dag te le en wat die belangrikste is is om in jouself te glo en ondersteun om met hierdie besluite saam te leef glo ek sal jou verseker baie meer suksesvol in die veld maak. Natuurlik is hierdie makliker gese as gedaan.
Groetnis
Wouter

Vandat ek meer blootgestel word aan FB en Whatsapp groepe en sommige ander sosiale media het ek geleer dat hierdie 'n skaars gawe is daar buiteWouter Roets wrote:Manne
Deur n bietjie op te let in die klas en gesonde verstand aan die dag te le
Groetnis
Wouter
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
I ask the guide nicely before we go out to please NOT tell me to shoot, to shaya, to dubula or to skiet. If I'm not comfortable with the shot then I am NOT going to take it. I am fully aware that you often have to take the shot quickly or risk the animal moving off. However, I am not going to go hungry if I don't shoot the animal and I'm fine with the animal moving off if I don't feel comfortable with taking the shot. We can always try to stalk it again.
I must say that when you are the guide and you have worked hard to get your hunter into a good position and you can see from the animal's body language that it is not going to stick around then it is difficult not to urge your hunter to shoot, I experienced that first-hand again this weekend whilst hunting guinea-fowl with my sons. It was difficult to bite my tongue. That being said, the relationship between father and son is vastly different to guide and paying client.
I must say that when you are the guide and you have worked hard to get your hunter into a good position and you can see from the animal's body language that it is not going to stick around then it is difficult not to urge your hunter to shoot, I experienced that first-hand again this weekend whilst hunting guinea-fowl with my sons. It was difficult to bite my tongue. That being said, the relationship between father and son is vastly different to guide and paying client.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7571
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Carl
Ek se mos nou al lankal dat common sense oorlede is en dat daar skaars mense opgedaag het vir die begrafnis. Dimitri glo my, my tong is al stukkend gebyt met my twee laaities. Min dinge wat jou so de hel in kan maak, maar ook weer so baie vreugde kan verskaf as om saam met hulle in die veld te verkeer.

Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Soos hulle sêWouter Roets wrote:Carl
Ek se mos nou al lankal dat common sense oorlede is en dat daar skaars mense opgedaag het vir die begrafnis. Dimitri glo my, my tong is al stukkend gebyt met my twee laaities. Min dinge wat jou so de hel in kan maak, maar ook weer so baie vreugde kan verskaf as om saam met hulle in die veld te verkeer.
Groetnis
Wouter
Common sense isn’t that common
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Bushwack
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Carl wrote:Vandat ek meer blootgestel word aan FB en Whatsapp groepe en sommige ander sosiale media het ek geleer dat hierdie 'n skaars gawe is daar buiteWouter Roets wrote:Manne
Deur n bietjie op te let in die klas en gesonde verstand aan die dag te le
Groetnis
Wouter
Patrick Reynecke
Dream...Discover...Experience...
Dream...Discover...Experience...
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Gevolge van 'n kwes skoot
Dankie vir almal se belangstelling in die draad. Ek glo daar is 'n paar lesse geleer en ek het self bietjie introspeksie gedoen. Kom ons geniet nou die jagseisoen en fokus op die positiewe aspekte. Dit sal lekker wees om 'n paar jagstories te lees.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk