Gevolge van 'n kwes skoot

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eduard Venter »

Ek wil net noem dat hierdie skrywe op niemand spesifiek gemik is nie. Dit is net iets wat my nog altyd na aan die hart lê en ek dink dis belangrike vir die wat dit nog nie beleef het nie...

Ek dink hier is 'n klomp manne wat nie mooi verstaan wat die omvang van 'n slegte skoot is nie. Bloot omdat 'n jagter wat 'n bok kwes daai bok nooit weer sien nie en aanneem die bok het toe eventueel gevrek. Die doel van hierdie plasing is net om ons te herinner om seker te maak van ons skote en God se skepping te respekteer en te benut op 'n verantwoordelike wyse.

Noudiedag skiet my jagter op 'n rooibok vir die kop. Hy sê vir my dit was raak maar ons kry niks nie. Ek is vir 2 weke op die uitkyk vir 'n afbek rooibok en my werkers sien ook niks nie. Die naweek kry ek hom toe, te laat om hom te verlos die ram het reeds gevrek van die honger. Vir 16 dae kon daai ram nie eet of water drink nie. Sy kakebeen is gebreek en vol wurms wat daar uitgebroei het. Hy moes 'n lang, wrede dood sterf omdat die jagter 'n slegte skoot geskiet het. Ek heg 'n foto aan maar mens kan nie die wurms baie duidelik sien daarop nie.

Ek is self skuldig, ek het ook al slegte skote geskiet en ook al kakebeen afgeskiet. Ek wil net hê ons moet bietjie besin of ons ons skote reg kies binne ons vermoë as ons besluit om vir die kop te gaan of 'n dier in die hardloop skiet. Natuurlik is daar manne wat dit hou vir hou kan regkry maar verseker nie die gemiddelde jagter nie. Dit maak my altyd naar as ek 'n gekweste dier moes uitsit en sy bors wemel van die wurms.

Ek hoop die plasing kan vir die wat dit nog nie beleef het nie bietjie perspektief skep. Dis 'n groot voorreg om te kan jag en tyd in die natuur te spandeer. Ongelukkig gaan die tipe van dinge altyd gebeur maar dis my as jagter se verantwoordelikheid om alles in my vermoë te doen om 'n dier so vinnig en pynloos as moontlik te dood.

Groete en geniet die jagseisoen!
20190629_095529.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 478
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Sean3006 »

Sad but true..
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by PWV »

Oefen, manne, en wees seker wat jy met jou geweer kan vermag.!!!
Ek is ook skuldig, maar het deur duur lesse baie geleer!
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by knipmes »

Dankie dat jy die saak weer onder ons aandag gebring het.
Ek voel ook altyd "sleg" saam met die jagters wat alles probeer reg doen maar dan net n fout maak.
Kopskote bly n groot risiko. Geen verskoning nie.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eduard Venter »

PWV wrote:Oefen, manne, en wees seker wat jy met jou geweer kan vermag.!!!
Ek is ook skuldig, maar het deur duur lesse baie geleer!
Oom is reg. Oefening is baie belangrik en kan baie kopsere voorkom.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Jake1 »

Dis baie erg ja, sulke goed laat my in die nagte wakker lê
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by FrancoisW »

Hierdie is baie waar. Mens dink altyd 'n kwesbok sal vinniger vrek.

Nog 'n ding wat ek dink mense hulle persepsie moet oor verander is om 'n dier wat nog baie lewe in hom het net keel af te sny.
Ek glo 'n brein skoot is beter daar waar hy le as om keel te sny en te staan en kyk hoe daai dier skop en uit bloei tot hy dood gaan.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Carl »

Dankie Eduard, hierdie draad is presies iets wat ek wou begin het. Die naweek was ons in Alldays ek, 'n vriend, sy seun en die se vriend.
Ons is 3 manne wat gereeld skiet en oefen, die een jong man is egter nuut tot die sport. Die een seun skiet baie, skiet baie goed al die lang afstand kompetisies ens.
Ek het die Maandag saam met die jong man gestap want ek ken die plaas. Na 'n lang oggend se loop het ons uiteindelik teen 11 uur 'n Waterbok koei geskiet. Hy het haar so op 80m in die kop geskiet. Die volgende dag het die 2 jong manne saam geloop want ek wou ons kanse verbeter op skiet en het in die kamp oorkant die pad gejag.
Dit is stil wêreld en 'n redelike klein plaas so as 'n skoot loop vra ons maar wat het gebeur. So kom die boodskap deur dat een skoot 'n misskoot was. In my gedagtes dink ek, die manne sukkel om 50c op 100m mis te skiet, maar roep 'n misskoot. Dit was glo 'n redelike vêr skoot na 'n koedoe - daar is gepraat en manne is tot orde geroep. Maar ek het egter nie gaan opvolg met die gids of die plek gaan besoek nie. Dit was Dinsdag laas week.
Die res van die week het goed verloop. Die bokke het geval en die koelkamer is vol. Ek was effe teleurgesteld met die 30-06 150gr HV se skade op 'n Gemsbok bul, maar die bok het binne 20 tree geval met 'n skoot hoog deur die hart. Die laaste oggend het die nuwe jagter gevra hy wil net so 2 ure in die veld spandeer terwyl ons pak. Dit was nie lank of ons hoor 'n skoot wat perfek dubbel klap - dit was raak. So paar minute later nog een. Toe ons gaan om op te laai hoor ek dat die 1ste skoot op 'n rooibok was - wat hulle nie seker is was raak, want hulle kry nou geen bloed. Met die opvolg staan 'n blouwildebees koei en kry 'n kop skoot, morsdood. "Regso, wys nou waar was die rooibok en waarheen - want die skoot was beslis raak". Natuurlik is hulle effe onseker maar ons soek orals in die area en kry niks. Geen bloed, geen weefsel op die trefpunt net spore wat oopmaak.
Ons besluit toe die 2 jong manne moet agter bly sodat die BWB kan afkoel en dan soek hulle sommer die rooibok die res van die dag. Hulle het toe die rooibok gekry. Die skoot was agter by die boud in - ek neem aan die bok het skuins gestaan en die agter die blad het agter die boud geword. Bok het glad nie uitwendig gebloei nie.
Maandag oggend kry ek die foto van die plaas eienaar. Dit het my hele dag omgekrap, die hartseer en pyn sit vlak. My pa was baie lief vir die koedoes op die plaas - dien een is gebore na hy oorlede is, maar dit sou hom bitter baie ontstel het.
Met al ons toerusting, teleskope, herlaai en fyn laai weet ek regtig nie meer of daar misskote in die Bosveld is nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eugene »

Dis sulke gevalle wat my baie laat twyfel om self kopskote te vat. Ek weet daar is manne wat kan en wat ken van, maar selfs die bestes het soms 'n afdag. Ek dink ook mens moet besef dat daar met jag soms goed gaan gebeur wat skeefloop. 'n Goeie vriend het eendag gesê, niemand probeer doelbewus om te kwes nie....
Aim small, miss small
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eduard Venter »

Niemand probeer doelbewus kwes nie, maar baie vat skote buite hulle vermoë. Ek dink daar is selfs ervare jagters wat nog nooit gesien het hoe lyk 'n afbek koedoe nie. Die plasing se doel is om die realiteit te wys van 'n slegte skoot vir die wat dit nog nie gesien het nie, en om ons almal aan te spoor om ons skote reg te kies. Carl se foto beeld dit baie beter uit as my oorspronklike plasing.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eugene »

Dis absoluut die waarheid Eduard. Op 'n klient se plaas het 'n groep ouens blesbokke kom oes. 2 dae later het hy ons gevra om te kom help met die afbek bokke en het gevra om steeds sover moontlik kopskote te probeer. Dit was nie die lekkerste ervaring om daai afbek bokke te soek en te verlos nie....
Aim small, miss small
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eduard Venter »

Eugene wrote:Dis absoluut die waarheid Eduard. Op 'n klient se plaas het 'n groep ouens blesbokke kom oes. 2 dae later het hy ons gevra om te kom help met die afbek bokke en het gevra om steeds sover moontlik kopskote te probeer. Dit was nie die lekkerste ervaring om daai afbek bokke te soek en te verlos nie....
Dis nooit lekker nie ek lê sommer wakker in die aand na so iets

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Wouter Roets »

More Eduard en Maters

Eerstens dankie vir die plasing wat dinge in perspektief plaas vir die algemene jagter, wat natuurlik by verre die meerderheid is, wat soms agter die skerms gebeur as hy daai Sondag wegry op n plaas. Baie mense besef nie dat sy aksies soms ernstige nagevolge het nie. Die feit dat hy dit nie beleef nie is nie te se dit gebeur nie.

Op n verdere noot besef baie jagters ook nie die gevolge en inpak wat n kwesskoot op beide die jaggroep en plaaseienaar het nie. Die feit dat al die gidse nou agter n kwesbok aan is neem kosbare jagtyd van jagters af weg asook die inkomste van daai diere wat nou nie gejag word nie.

Ons as jagters moet eenvoudig begin leer om daai 50/50 skote te vermy. Kwes sal altyd daar wees solank iemand n skoot vat op n dier, maar die persentasie kan verseker dramaties verlaag word deur oordeelkundig te begin skiet wat kopskate veral insluit.

Groetnis
Wouter
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eduard Venter »

Dankie oom Wouter daai is die volle waarheid

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by pietskiet »

Eduard, dankie vir hierdie.

Toevallig terwyl ek vanoggend werk toe ry het die issue van kwesbokke by my opgekom. Ek kan nie meer met jou saamstem nie.

Of ons almal (myself inkluis) dit nou wil glo of nie, die feite is dat kwesskote (in die meerderheid van gevalle) n oorsaak is van n jagter wat sy eie vermoens oorskat, of n jagter wat n hero-shot wil skiet. Kopskote is verseker die mees riskante skoot om te vat: behalwe dat die target klein is, beweeg die kop ook nog baie, dikwels mos net soos wat jy die sneller trek..

Waar daar in die nag geoes word, is dit wel n ander storie. Skote is grotendeels 200m of minder, bokke is rustiger, hopelik is daar minder wind ter sprake. In kort, toestande is beter (en die risiko vir kwes baie kleiner) om kopskote te waag.

Ons as jagters argumenteer graag dat ons iets vir natuurbewaring doen en eties jag, ens. ens. Respekteer ons regtig die Skepping en die voorreg om n dier se lewe te neem as ons onverantwoordelike skote waag?
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Baasvark »

Dankie vir 'n goeie draad wat nodig is!

Meeste van my skote is blad skote. Ek is gemaklik met 'n kop skoot, het al genoeg van hulle geskiet, maar glo nie daarin om onnodige kanse te vat nie.

Ek het die jaar net so skoot geskiet op 'n blesbok.
Die bok was vir iemand anders bedoel en ek wou vir hom 'n "skoon" karkas gee...

Bek skoot. Nie genoeg vir die wind afgemik nie.

Ek weet van beter!

Kon gelukkig binne 20min die bok verlos van sy lyding, maar dit was nogsteeds 20 min te lank.

Het daardie aand 'n ernstige gesprekkie met myself gevoer.

Dit gebeur. Maar dis onnodig.

Skryf maar eerder die 2kg vleis af. Ek sal nogsteeds kop skote neem onder die regte omstandighede, maat dit sal die uitsondering op die reel wees.

Ek dink ons raak soms "blasé" rondom die jag van bokke.

Die fotos hierbo bring ons net weer bietjie terug na die harde werklikheid toe.

Sent from my SM-G975F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Wouter Roets »

Baasvark

Jy gebruik so n mooi woord, ons as jagters word "blase" rondom die jag van bokke. pragtig opgesom want dit is presies wat met so baie jagters gebeur, ek inkluis.

Ek het die afgelope naweek op n plaas gejag waar daar baie gejag word as gevolg van die eienaar wat ernstige geld nodig het en tweedens is dit ontsaglik droog en gevolglik moet die diere drasties verminder word. Saterdag middag laat is ek en die eienaar se nefie wat as glorified gids dien agter n groot trop blouwildebeeste aan. Toe ons die eerste keer n skoot op hulle kry was dit al klaar te laat vir skiet. Die bokke het reg na ons gekyk in n pad en n frontale bors of dan natuurlik kopskoot op so 140m was al wat hulle bied. Ek was besonder ongemaklik met die skoot en na n verskriklike twee geveg in my kop het ek gese ek gaan hom nie vat nie.

My gidsie was duidelik nie ingenome met my besluit nie, want volgens hom moes ek net die bok raakskiet vir die blouwildebees om te val met die 416 Rigby wat ek in my hande gehad het. Ons is toe nader met die son wat sy kop klaar laat sak het agter die kameeldorings en maroelas. Ek het toe al klaar vir die knapie gese skiet tyd het gekom en gegaan. Soos die lot dit wou he het ons n hele paar skiet gelenthede gekry waar die skietstokke voor my neergesit is en elke keer het ek weer gese dat ek nie gaan skiet nie. Met die laaste slag waar daai skietstokke voor my neergeplant is op n besonderse mooi bul wat nie veel verder as 30m plankdwars van ons staan nie gryp ek die opgeskote knapie agter sy nek en se kliphard hy moet nou daai bakoortjies van hom begin gebruik. Hy het gedink ek maak n grap, maar as hy net geweet het hoe naby hy was om n lewens of ongeskikdheid polis te laat inskop sou hy vir n paar aande geskukkel het om aan die slaap te raak.

Ek moet bieg dat ek n paar jaar terug 10 teen 1 elke een van daai skote wat my aangebied was sou vat en ek kan jou waarborg dat my kaanse om te kwes ook net so hoog sou wees. Ek is so stelletjies bitter trots op myself, maar ek weet voor my heilige siel dat ek nie nou kan guarantee dat ek volgende keer dit weer gaan kan doen nie.

Groetnis
Wouter
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eugene »

Wouter, in my eie ondervinding was die moeiliker skote nooit die probleem nie, want daar het ek volle aandag gegee en seker gemaak, omdat die situasie dit geverg het. My eie "kwesskote" was amper almal die maklike skote waar mens nie so vreeslik konsentreer nie, "want dis naby en maklik"..... Ek dink nog baie aande aan die koedoebul wat ek op 30m 'n perfekte gatjie in die oor gegee het... Die boer was my genadig gewees met die betaling, maar dit kon baie maklik anders gewees het. En ek was DOODSEKER van daai skoot en het eintlik al die horings begin meet voor ek nog vinger op die sneller gehad het.....
Aim small, miss small
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by jdpretorius »

Hi Wout, ek haal my hoed af vir n man wat kan sê nee, ek skiet nie want dit is te laat middag, nie gemaklik met n kop skoot, ens. Ek probeer ook maar om gereeld myself te berispe en skiet nie graag as daar minder as 1uur voor son-onder is nie

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:Baasvark

Jy gebruik so n mooi woord, ons as jagters word "blase" rondom die jag van bokke. pragtig opgesom want dit is presies wat met so baie jagters gebeur, ek inkluis.

Ek het die afgelope naweek op n plaas gejag waar daar baie gejag word as gevolg van die eienaar wat ernstige geld nodig het en tweedens is dit ontsaglik droog en gevolglik moet die diere drasties verminder word. Saterdag middag laat is ek en die eienaar se nefie wat as glorified gids dien agter n groot trop blouwildebeeste aan. Toe ons die eerste keer n skoot op hulle kry was dit al klaar te laat vir skiet. Die bokke het reg na ons gekyk in n pad en n frontale bors of dan natuurlik kopskoot op so 140m was al wat hulle bied. Ek was besonder ongemaklik met die skoot en na n verskriklike twee geveg in my kop het ek gese ek gaan hom nie vat nie.

My gidsie was duidelik nie ingenome met my besluit nie, want volgens hom moes ek net die bok raakskiet vir die blouwildebees om te val met die 416 Rigby wat ek in my hande gehad het. Ons is toe nader met die son wat sy kop klaar laat sak het agter die kameeldorings en maroelas. Ek het toe al klaar vir die knapie gese skiet tyd het gekom en gegaan. Soos die lot dit wou he het ons n hele paar skiet gelenthede gekry waar die skietstokke voor my neergesit is en elke keer het ek weer gese dat ek nie gaan skiet nie. Met die laaste slag waar daai skietstokke voor my neergeplant is op n besonderse mooi bul wat nie veel verder as 30m plankdwars van ons staan nie gryp ek die opgeskote knapie agter sy nek en se kliphard hy moet nou daai bakoortjies van hom begin gebruik. Hy het gedink ek maak n grap, maar as hy net geweet het hoe naby hy was om n lewens of ongeskikdheid polis te laat inskop sou hy vir n paar aande geskukkel het om aan die slaap te raak.

Ek moet bieg dat ek n paar jaar terug 10 teen 1 elke een van daai skote wat my aangebied was sou vat en ek kan jou waarborg dat my kaanse om te kwes ook net so hoog sou wees. Ek is so stelletjies bitter trots op myself, maar ek weet voor my heilige siel dat ek nie nou kan guarantee dat ek volgende keer dit weer gaan kan doen nie.

Groetnis
Wouter

Hahahaha jy moet nie so kwaai wees met die kinders nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Wouter Roets »

Eugene

Daai is natuurlik ook weer die ander kant van die munt!

JD dit is hoekom ek so impressed is met myself aangesien daai nog nooit een van my sterk punte is nie. Ek se nie sommer nee vir n skoot of n glas wat in my hand gedruk word nie!

Cappy die gedrukkery om te skiet die naweek het op daai oomblik net een te veel geraak.

Groetnis
Wout
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Joe13 »

Sommige jagters moet maar bewus gemaak word. Moet nie skiet as jy nie gemaklik voel nie. Het al agter op bakkie gestaan waar mede jagters vir die jagter aan huts om die skoot te vat. Ek wil daai man sommer . Jy skiet as jy reg is. Soos Eduard sê, ons moet die skepping respekteer.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Eduard Venter »

Joe, ek verpes ook die wat veral jong jagters aanhits om die skoot te vat as hulle nie reg is nie. Die jong/onervare jagter sal altyd die raad vat en die skoot skiet want hy sien op na die persoon wat die raad gee.

Eendag staan daar 'n baie groot rooibok ram op 'n gemaklike afstand maar agv takke is kopskoot enigste moontlikheid. My pel lê aan en sê toe nee hy is nie gemaklik met die skoot nie. Ek skiet toe 'n mooi kopskoot op die ram vir eie gebruik. Wat besonders hiervan is, is dat my pel baie meer tyd op die skietbaan as ek spandeer en ek kan maar net droom om dieselfde groepe as hy te skiet. Hy skiet wel minder as ek op lewende diere en dit was die verskil hier. Hy het groot respek by my verdien daai dag deur nie die skoot te vat nie (die bok was verniet en boonop RW horings). Nou is hy een van die min ouens wat ek toelaat om alleen te jag by my ek hoef hom nie op te pas nie.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Last edited by Eduard Venter on Tue Jul 02, 2019 11:08 am, edited 1 time in total.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by jdpretorius »

Wouter Roets wrote:Eugene

Daai is natuurlik ook weer die ander kant van die munt!

JD dit is hoekom ek so impressed is met myself aangesien daai nog nooit een van my sterk punte is nie. Ek se nie sommer nee vir n skoot of n glas wat in my hand gedruk word nie!

Cappy die gedrukkery om te skiet die naweek het op daai oomblik net een te veel geraak.

Groetnis
Wout
Wout, ek moet gou eers bieg dat ek nog bietjie werk kort met daai glas in die hand druk storie...veral as dit n mooi koue skuimkoppie is aan die einde van n lekker dag in die bos
Image

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Gevolge van 'n kwes skoot

Post by Smitstertjies »

Wouter Roets wrote:Baasvark

Jy gebruik so n mooi woord, ons as jagters word "blase" rondom die jag van bokke. pragtig opgesom want dit is presies wat met so baie jagters gebeur, ek inkluis.

Ek het die afgelope naweek op n plaas gejag waar daar baie gejag word as gevolg van die eienaar wat ernstige geld nodig het en tweedens is dit ontsaglik droog en gevolglik moet die diere drasties verminder word. Saterdag middag laat is ek en die eienaar se nefie wat as glorified gids dien agter n groot trop blouwildebeeste aan. Toe ons die eerste keer n skoot op hulle kry was dit al klaar te laat vir skiet. Die bokke het reg na ons gekyk in n pad en n frontale bors of dan natuurlik kopskoot op so 140m was al wat hulle bied. Ek was besonder ongemaklik met die skoot en na n verskriklike twee geveg in my kop het ek gese ek gaan hom nie vat nie.

My gidsie was duidelik nie ingenome met my besluit nie, want volgens hom moes ek net die bok raakskiet vir die blouwildebees om te val met die 416 Rigby wat ek in my hande gehad het. Ons is toe nader met die son wat sy kop klaar laat sak het agter die kameeldorings en maroelas. Ek het toe al klaar vir die knapie gese skiet tyd het gekom en gegaan. Soos die lot dit wou he het ons n hele paar skiet gelenthede gekry waar die skietstokke voor my neergesit is en elke keer het ek weer gese dat ek nie gaan skiet nie. Met die laaste slag waar daai skietstokke voor my neergeplant is op n besonderse mooi bul wat nie veel verder as 30m plankdwars van ons staan nie gryp ek die opgeskote knapie agter sy nek en se kliphard hy moet nou daai bakoortjies van hom begin gebruik. Hy het gedink ek maak n grap, maar as hy net geweet het hoe naby hy was om n lewens of ongeskikdheid polis te laat inskop sou hy vir n paar aande geskukkel het om aan die slaap te raak.

Ek moet bieg dat ek n paar jaar terug 10 teen 1 elke een van daai skote wat my aangebied was sou vat en ek kan jou waarborg dat my kaanse om te kwes ook net so hoog sou wees. Ek is so stelletjies bitter trots op myself, maar ek weet voor my heilige siel dat ek nie nou kan guarantee dat ek volgende keer dit weer gaan kan doen nie.

Groetnis
Wouter
Somtyds toets die veld n man. Partykeer soos hierbo slaag jy daai toets ander kere nie. Deel van menswees.

Deesdae as dit skemer raak in die veld bere ek die koele maar in die broeksak. As die temptasie dan kom is ek elk geval uitgeboul.
Last edited by Smitstertjies on Tue Jul 02, 2019 2:16 pm, edited 1 time in total.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply