Primary Arms teleskope - wie in SA?
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Primary Arms teleskope - wie in SA?
Middag middag mense - ek is op soek na 'n verskaffer van Primary Arms teleskope in SA. Volgens 'n bekende langafstand-skut is hulle van die beste waarde vir geld opsies op die mark. Hulle het opsies vanaf so $230, dan kry jy 'n FFP scope met goeie glas en akkurate turrets. Daar was iemand in SA wat hulle blykbaar ingevoer het, in Welkom, maar die website was maar pap en ek het geen antwoord gekry na hulle enquiry nie. Toe ek 'n direkte e-pos stuur, toe skielik gaan die website dood en al die inligting is daarmee heen.
Ek kan op ImportItAll een bestel (teen 'n nie slegte prys) maar ek kan dan ook eerder vir my 'n Athlon bestel met dieselfde specs, wat dan met 'n waarborg kom. Enigiemand met idees of planne of raad?
Ek kan op ImportItAll een bestel (teen 'n nie slegte prys) maar ek kan dan ook eerder vir my 'n Athlon bestel met dieselfde specs, wat dan met 'n waarborg kom. Enigiemand met idees of planne of raad?
- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Volg.
FFP in daardie prysklas? - wow!
FFP in daardie prysklas? - wow!
"the more I practice, the luckier I get'
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Presies my reaksie gewees, ja. Op ImportItAll (van wie ek GEEN groot aanhanger is nie), is daar twee wat my aandag verskriklik trek, en ek is nog nie seker wat ek met die info wil maak nie. Ek wil dalk een koop, maar ek gaan moet wag vir Desember of tot ek die oortollige kolwe in my besit kan verkoop. Elkgeval, die twee is:Steppenwolf wrote:Volg.
FFP in daardie prysklas? - wow!
https://www.importitall.co.za/Primary-A ... IL5X2.html - Goedkoper, maar nie so oulike reticle nie.
https://www.importitall.co.za/Primary-A ... 483LP.html - Klein bietjie duurder, maar daardie reticle laat my stoute dinge dink.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
OK DRD het my gekontak. Hulle is nog in die speletjie, en ek het pryse aangevra vir hulle drie scopes wat ek as die beste gepas vir my sien. 4-14x vergrogting, FFP, met niks snaakse reticles nie. Gewone mil dots en grid configs. Kom ons kyk met watter pryse hulle vorendag kom!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Ek het pryse gekry:
SILVER SERIES (SLx 3.5) 4-14 x 44 FFP: ARC2 MOA RETICLE R 7800
SILVER SERIES (SLx 3.5) 4-14 x 44 FFP: R-GRID 2B RETICLE R 8950
SILVER SERIES (SLx 3.5) 4-14 x 44 FFP:MIL DOT RETICLE: R 7150
Pryse is glad nie sleg nie. Ek het ook na ImportItAll gekyk - hulle voer nie meer scopes in nie. Dis op hulle site, maar die antwoord is "nee". Ek dink vir FFP scopes met daardie reticles is dit GLAD nie slegte pryse nie.
SILVER SERIES (SLx 3.5) 4-14 x 44 FFP: ARC2 MOA RETICLE R 7800
SILVER SERIES (SLx 3.5) 4-14 x 44 FFP: R-GRID 2B RETICLE R 8950
SILVER SERIES (SLx 3.5) 4-14 x 44 FFP:MIL DOT RETICLE: R 7150
Pryse is glad nie sleg nie. Ek het ook na ImportItAll gekyk - hulle voer nie meer scopes in nie. Dis op hulle site, maar die antwoord is "nee". Ek dink vir FFP scopes met daardie reticles is dit GLAD nie slegte pryse nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
As jy nie kan nie dan kan jy nie maar ek sou darem die Vortex Diamondback Tactical in FFP sterk oorweeg en eerder plaaslik koop vir 'n paar rand meer.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Ek het die naweek deur die dimondback gekyk. As daar ander kruishare is is dit goed want die een wat ek deur gekyk het se kruis hare kruis nie. Asof daar n center dot moes wees maar daar is nie. Dis al wat my effe afgesit het
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Stem saam met Arnold. Armand, daar is paar kruishare om van te kies.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Nee dan is dot goed, dit was ook maar net so n vinnige vat en kyk in die jagveld so ek kon nie lekker stel en kyk nieMalan123 wrote:Stem saam met Arnold. Armand, daar is paar kruishare om van te kies.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Armand, hulle is maar so met daai leë kolletjie in die middel. Hulle maak dit nou reg met die EBR7C reticle maar hy is net in die Razors beskikbaar op die oomblik.
Mens raak dit gewoond en daar is genoeg positiewes om die een oor te sien
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Mens raak dit gewoond en daar is genoeg positiewes om die een oor te sien
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Jis ek weet dam maar nie. My oog soek darem maar n posetiewe mikplek. Maar soos jy se man sal hom seker gewoond raak
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Wat van die EBR 2C reticle?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Ek dink dit is waarna Armand verwys maar hy werk mooi vir my.Malan123 wrote:Wat van die EBR 2C reticle?
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Het hom net op die internet gesien. Lyl vir my ook of hy kan mooi werk
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Die pryse wat ek genoem het is plaaslik, met waarborg. Ek dink egter nie die Primary Arms teleskope se waarborg is so lank nie - ek dink dis om een of ander rede net 3 jaar. In so geval dink ek ek stem saam - die Vortex Diamondback Tactical teleskope is 'n beter kopie. Ek het eerlikwaar gedink hulle is aansienlik duurder, en dis hoekom ek na PA gekyk het om mee te begin. Dis jammer die pryse is so hoog, want die teleskope wat ek pryse voor aangevra het is almal onder $300, dus ~R4,500 direkte conversion. Dis lastig dat dit dan teen dubbel dit hier aankom, van die verspreiders af.Arnold wrote:As jy nie kan nie dan kan jy nie maar ek sou darem die Vortex Diamondback Tactical in FFP sterk oorweeg en eerder plaaslik koop vir 'n paar rand meer.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Met al die kostes kan jy werk op so R18-R20 per dollar hier geland.
Kyk ook na Sightron se S-Tac reeks
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Kyk ook na Sightron se S-Tac reeks
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
Die Leupold T MOA reticle het ook daai ‘oop’ stukkie in die reticle en dit werk baie lekker!Arnold wrote:Armand, hulle is maar so met daai leë kolletjie in die middel. Hulle maak dit nou reg met die EBR7C reticle maar hy is net in die Razors beskikbaar op die oomblik.
Mens raak dit gewoond en daar is genoeg positiewes om die een oor te sien
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Jy sentreer net jou mikpunt in daai oop spasie. Dis asof jou breinndit self doen soos met gaatjie visiere.
Ek dink op FFP kan dit jou ‘n voordeel bied omdat die dikker kruishaar op maks vergroting heelwat van jou mikpunt op die teiken toemaak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Primary Arms teleskope - wie in SA?
So n bietjie van die onderwerp af. Ek het n ou Schmidt & Bender 4 X 36 met dik kruishare en n oop gedeelte in die middel. Die onderste vertikale kruishaar het n skerp punt. Die teorie is dat die dik kruishare in relatiewe lae lig toestande jou oog soos n tonnel lei/ fokus na die mikplek. Ek is die teleskoop gewoond en is gemaklik met hierdie soort kruishare.
