6 SLR doppe en dies

Post Reply
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

6 SLR doppe en dies

Post by geelslang »

Goeie dag manne

Ek is tans in die proses om vir my nog 'n kleinkaliber aan te skaf. Ek wil graag 'n Howa dikloop gebruik as "donor". Ek het sterk gekyk na die 6Br, Dasher, XC en Creed maar die papierwerk en tyd wat dit gaan neem om die kaliber verandering te doen ens. is net te rof.

My keuse het dus op die 6SLR geval aangesien ek 243 doppe kan vorm en die headstamp dieselfde gaan bly. Ek beplan om 87gr Vmax of 90gr Eld X te skiet vir langer skote tot en met 500m. (Ek skiet reeds 70gr punte uit my 243 vir algemene uitdun van wild en ongediertes)

Ek het al gehoor Lapua en Norma doppe werk nie lekker nie maar wat sê die manne wat die kaliber het, waar kry ek doppe wat sal werk en waar kan ek dies kry vir hierdie kaliber.

Groete
Ernst
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Rudie »

Ek het in die begin Winchester doppe gebruik maar het baie vinnig agter gekom die primer pockets hou eenvoudig nie. Selfs met lae druk ladings kon ek net 3 skote uit 'n dop kry dan is die primer pockets los.

Ek het in al met Lapua doppe gewerk en met 308 palma doppe. Albei werk baie goed. Dit gaan natuurlik baie af hang van die reamer se nek diameter. As jy met 'n 0.272" reamer laat sny dan gaan jy 'n baie groot liefde vir jou neck turner ontwikkel. Dit is egter noodsaaklik as jy met enige iets anders as Winchester doppe werk om die nekke in elk geval te skil. Vir my werk dit om die doppe eers almal te size sonder die expander button. Daarna expand ek al die nekke om die donut na buite te druk. Ek sal met die eerste slag net die donuts uit sny en so bietjie in die skouer in sny om die donuts te verhoed met die eerste fireforming slag. Daarna sny ek die doppe in twee stappe tot ek so 0.004" clearance op 'n gelaaide patroon het. My SLR jou van genoeg spasie tussen die nek en kamer. As ek te min los dan kry ek nie spoed nie.

Ek skiet nou vir die laaste jaar 'n stel palma doppe en is baie gellukig met hulle. Al probleem is die bubbel basis dryfmiddels kry ek so nou en dan hang fires. Ek het oor geslaan Hodgdon 4831SC toe en daai geweer skiet nou sy beste ooit.

Dit is 'n lekker kaliber. Hy soek net baie aandag

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Apie »

Ek verstaan die SLR en die 243 Ackley het basies dieselfde dopkapasiteit met die SLR se langer nek as ‘voordeel’.

Is dit nie makliker om net ‘n 243 te AI nie?

Bied die SLR werklik soveel meer?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Rudie »

Die SLR het minder dop kapasiteit as die 243AI. Dit is basies 'n langer XC dop met dieselfde skouer maar net 'n langer nek. Die groot voordeel is die lang nek wat jou in staat stel om die lang en kort punte te skiet en nog steeds die lands te kan jaag.

Ackley is definitief makliker. Dit gaan maar oor for doel van die geweer. Ek het myne gedoen om die swaar punte te skiet en om so bietjie meer dop kapasiteit as die XC te he om die 115gr ook te kan stoot.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by geelslang »

Rudie dit is my idee met die SLR ook, om sodra die loop vervang moet word oor te skakel na die 103gr ELD x punte.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by ruaanb »

Die langer nek help ook met loop lewe soos ek dit verstaan maar ek is 'n leek so help maar reg.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Wouter Roets »

Rudie wrote:Ek het in die begin Winchester doppe gebruik maar het baie vinnig agter gekom die primer pockets hou eenvoudig nie. Selfs met lae druk ladings kon ek net 3 skote uit 'n dop kry dan is die primer pockets los.

Ek het in al met Lapua doppe gewerk en met 308 palma doppe. Albei werk baie goed. Dit gaan natuurlik baie af hang van die reamer se nek diameter. As jy met 'n 0.272" reamer laat sny dan gaan jy 'n baie groot liefde vir jou neck turner ontwikkel. Dit is egter noodsaaklik as jy met enige iets anders as Winchester doppe werk om die nekke in elk geval te skil. Vir my werk dit om die doppe eers almal te size sonder die expander button. Daarna expand ek al die nekke om die donut na buite te druk. Ek sal met die eerste slag net die donuts uit sny en so bietjie in die skouer in sny om die donuts te verhoed met die eerste fireforming slag. Daarna sny ek die doppe in twee stappe tot ek so 0.004" clearance op 'n gelaaide patroon het. My SLR jou van genoeg spasie tussen die nek en kamer. As ek te min los dan kry ek nie spoed nie.

Ek skiet nou vir die laaste jaar 'n stel palma doppe en is baie gellukig met hulle. Al probleem is die bubbel basis dryfmiddels kry ek so nou en dan hang fires. Ek het oor geslaan Hodgdon 4831SC toe en daai geweer skiet nou sy beste ooit.

Dit is 'n lekker kaliber. Hy soek net baie aandag

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Rudie

Boor net die flash hole gaaitjies van daai Palma doppe na die normale grote en dit behoort jou hangfires uit te sort. Help gewoonlik ook om beter ES te kry.

Groetnis
Wouter
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Rudie »

Ek het dit gedoen toe ek met die probleem sit. Ek het nog steeds gesukkel met die dubbel basis dryfmiddels.

Verskillende primers ook probeer. Met 4831sc het die probleem verdwyn.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Rikuss »

Ek gebruik Winchester doppe met 355 en 385 en my eerste batch doppe staan al op 14 x herlaaie, 1 x anneal.
Ek het no turn kamer maar het nog steeds my doppe se nekke effens geturn.
Winchester doppe kry jy so 3 rejects uit pak van 100 waar die skouer vou merk in het, maar verder gooi hulle.

Hy skiet regtig lekker.

5 skote, daai 1 perongeluk getrek. //uploads.tapatalk-cdn.com/20190625/e9cf7e6fbcabe7849ad2e1976f91e157.jpg

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Danie01 »

Jammer as ek nou uit my beurt uit praat, maar sal graag wil weet of die SLR op QL is en indien nie hoe werk julle julle ladings uit?

Ek sal graag bietjie met ql wil speel om te sien vergelyk die slr met die 243 ai en xc met die verskillende soort koele met verskillende looplengtes.

Groete
Danie

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Capt. Yoda »

Nee hy is nie op QL nie dit is n wildcat, gebruik somer n XC dop in QL en verander hom na die SLR se mates, ek het n klomp jare terug n file create met die dop se mates maar ek het dit bitter lank terug gebruik.

Jy gaan basies n n Audi n BMW en Merc met dieselfde groote engines daar toets, daar is geen magic in een van die doppe nie. Op avg gaan die SLR bq vinniger as die XC wees en die AI bq vinniger as die SLR. Die voordeel wat die AI en die SLR jou bied is dat jy n klomp van die heel stadige kruite in hulle kan gebruik waar die XC se dop net net bq te kort is maar die XC en SLR het weer die lang nek. Tussen die 3 sal ek elke keer maar die SLR vat as ek n groot dop 6mm soek maar die ander 2 is self baie lekker doppe.

Ek het al Norma, Lapua, Sako en Winchester oor die jare gebruik en skiet nou net Sako doppe in hom, Winchester dop sal ek nie skiet al betaal hulle my nie en die Lapua en Norma vat taamlik werk om daai donut uit te kry.
Winchester en Remington dop druk jy basies deur die SLR of self XC FL die en jy kan gaan skiet, met Lapua en Norma doppe speel jou kamer n baie groot rol. Vir my as ek weer n stuiwe kamer soos n 272 of so het sal ek weer Lapua doppe gebruik maar as jou kamer n no turn is sit jy met te veel spasies tussen nek en kamer na jy daai donut uit gesny het.

Soos dinge nou gaan sal ek se die SLR sal die gewildste 6mm kaliber in SA wees in n jaar
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Supacow »

Net na die 6x47 L ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Capt. Yoda »

Supacow wrote:Net na die 6x47 L ;)

lol en 6-270 seker
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 6 SLR doppe en dies

Post by Supacow »

6-270AI vir stadige kruit
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Post Reply