24" vs 26" Loop op die 300 Win Mag

Post Reply
DieLem
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jul 11, 2011 4:03 pm

24" vs 26" Loop op die 300 Win Mag

Post by DieLem »

Goeie Middag Almal

Hoop dit  gaan goed met die manne van die forum.

Ek het 'n vraag wat ek hoop julle my mee kan help.

Ek kyk om vir my 'n 300 win mag te koop en tot vandag toe was ek redelik seker wat ek wou koop.
Ek was van plan om die winchester mod 70 sporter te koop maar ek kan nou 'n ruger m77 hawkeye kry vir heelwat goedkoper.
Die ruger het 'n 24" loop op en die Winchester 'n 26" loop.

My vraag is:
Gaan die lengte van die loop so 'n verskil maak om die ekstra geld te regvergdig of is die verskil tussen 'n 24" loop en 26" loop weglaatbaar in my besluit.

Ek gaan die geweer hoofsaaklik gebruik vir jag 50% bos en 50% langafstand (300+ afstande)

Enige raad sal waardeer word.

Groete

Lem
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 24" vs 26" Loop op die 300 Win Mag

Post by Wouter Roets »

Hallo Lem

Baie welkom hier op die forum en ek hoop jy gaan dit terdee geniet!

Ludwig het dit pragtag opgesom. Vat die Ruger in 24 duim konfigurasie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
DieLem
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jul 11, 2011 4:03 pm

Re: 24" vs 26" Loop op die 300 Win Mag

Post by DieLem »

Dankie Ludwig vir daai mooi opsomming en verduideliking.
Ek laai nog nie self nie hierdie sal my 1ste geweer wees, maar die plan is om self te laai in die toekoms.
Van dit is bietjie grieks vir my maar ek sal gaan oplees.
Dan leer ek ook sommer iets nuuts.

Dankie Wouter vir die verwelkoming.
Ek moet s? ek het die forum vroeer in die week ontdek en het al baie lekker aan die verskillende onderwerpe gelees en geniet dit baie.

Dankie

Groete

Lem
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 24" vs 26" Loop op die 300 Win Mag

Post by .::Alwyn-U::. »

Interresante vraag wat jy het Lem! Die manne wat self laai sal maar die beste weet, glo my!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 24" vs 26" Loop op die 300 Win Mag

Post by Piet Breedt »

In meeste gevalle op die maksimum lading, wat nie noodwendig die akkuraatste lading is nie, wen jy maar sowat 30 - 40 ft/sek vir elke duim wat die loop langer is. So as jy nie n behoefte het om die koe?l so plat as moontlik te laat vlieg, sal jy niks baat met n 2" langer loop nie.
Post Reply