Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post Reply
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Max Rossle »

Goeie dag lede

Vertrou dit gaan goed met julle almal.

Ek het nou 'n pakkie 180gr Norma Oryx koeëls gekoop om in my .308 Winchester met 18" loop en 1:10" twist ratio te toets.

Ek verky tans 2480fps met s335 dryfmiddel en 180gr PMP bruin boks koeëls en 180gr Sierra ProHunters.

Ek vermoed ek sal ook goeie resultate kry met die 180gr Norma Oryx teen hierdie snellheid.

Wat is julle ervaring met die Norma Oryx teen hoë en lae snellhede?

Ek wil die jaar dalk 'n eland omdop en sal graag die kort .308 Winchester vir 'n bederfie wil uitneem.

In my oë, sal die laer snellheid goeie beheerde omklinking ondersteun en hoort om genoeg gewig en snellheid te dra om die skouer spiere se weerstand te oorkom op die plankdwars orientasie onder 100m.

Die enigste issue is natuurlik been impak...

Waar sal julle die kombinasie beperk itv spesies vir lyfskote in die bosveld?
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by LoopSoosStroop »

Ek dink daai kombo sal enige iets gemaklik dood skiet op bosveld afstande, en teen meeste hoeke ook.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Apie »

Daai Oryx is n lekker sterk bonded koeel en sal die job doen.

‘N 9.3 sal dit net beter doen!

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Max Rossle »

LoopSoosStroop wrote:Ek dink daai kombo sal enige iets gemaklik dood skiet op bosveld afstande, en teen meeste hoeke ook.
Ek stem hiermee saam. Dink by eland raak die lyn dun en sal maar fokus op plankdwars skote onder 100m om daai koeël deur die swaar spiere te druk.

Maar op wildebloubees sal ek meeste hoeke waag.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by J le Roux »

Ek is baie tevrede met die Oryx'e in my 7x57. Ek glo virseker nie die effens hoer snelhede sal die koeel uitermatig laat opbreek nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Max Rossle »

J le Roux wrote:Ek is baie tevrede met die Oryx'e in my 7x57. Ek glo virseker nie die effens hoer snelhede sal die koeel uitermatig laat opbreek nie.
Pel van my skiet die 180gr in sy 300 Holland and Holland Magnum. Baie goeie resultate met pass-throughs op n gemsbok bul op 180m en n BWB bul op 120m.

Hoort om dan goed te vaar op groter wild teen laer snellheid (beperkte afstand in ag geneem).
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5028
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Frederik »

Max,

Is daardie jag nie eintlik bedoel vir jou 450 Rigby nie alhoewel die oryx koeel die ding gaan doen.
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Max Rossle »

Frederik wrote:Max,

Is daardie jag nie eintlik bedoel vir jou 450 Rigby nie alhoewel die oryx koeel die ding gaan doen.
Dis 'n baie goeie punt wat jy daar maak...

Die romantiese kort afstand eland jag met die oopvisier iewers in die ruigtes sal die .450 se eerste jag noemingswaardig maak...

Maar as 'n eland wel voor die kort 308 in stap die jaar... Sal ek met gemak die skoot wil neem.. Dit gaan maar ook baie oor

1. Ek het nou die geld vir ene
2. Mens los nie sommer so geleentheid nie.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5028
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Frederik »

Max,

Die ding met eland jag in die dig bosveld is dat jou skoot baie beperk is meeste van die tyd omdat die elande nie altyd saamspeel nie en dalk nie mooi dwars gaan staan nie. Met die 450 kan jy amper van enige hoek af die vitals raakskiet natuurlik hang dit af van premium koeel of nie.

Met die 308 is jy beperk tot mooi oop dwars eland, frontale skoot met die 308 op 'n dik bul gaan werk of nie met die 450 is dit gegee as jy jou deel doen.

Ek moet wel se ek het al groot eland koei met die 6.5 x 55 gejag maar dit was mooi oop skoot hoog dubbel long.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Koos Barnard »

Max
Ek stem saam met Frederik oor die .450, dis 'n bul-kaliber en 'n beter keuse as .308! Maar kan byvoeg dat ek die 180gr Norma Oryx op 'n hele aantal groot bokke gebruik het uit my .30-06 en dat hulle altyd baie goed presteer het. Ek skiet ligte ladings wat basies gelykstaande is aan dit wat jy uit 'n .308 kry (alhoewel nie een met so 'n kort loop nie). Ek het nou ook al die .270 met 150gr Oryx-koeels gebruik op koedoes, vlakvark, blouwildebees en swartwildebees en hulle het perfek gewerk. As jy jou skoot mooi kies (wat nie altyd moontlik is nie soos reeds genoem) sal dit werk.

Ek het oor die afgelope twee jaar hierdie koeels gebruik en is werklik beindruk met hulle,
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Fri Apr 05, 2019 8:26 am, edited 2 times in total.
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 728
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by obasch »

Koos,
Wat is 'n .20?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Capt. Yoda »

As ek n raai kan gooi met die 150gr koele en die uncle se vars liefde vir n 270 sou ek se 270
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Koos Barnard »

Skuus dit was 'n vingerfout. Dit moet .270 wees. Ek het dit reggemaak. Dis eintlik my nuutgevonde liefde vir die kort, handige roertjie waarin die .270 gekamer is, veel meer as die kaliber self. Maar ek het gevind die .270 skiet maar net so dood soos my 7x57, .308 en .30-06. Daar is nie juis 'n verskil tussen dié kalibers se performance op die afstande wat ek jag en die tipe wild wat ek normaalweg skiet nie. Maar ek wil nog 160gr Partitions in die .270 Blaser probeer.
Mooi loop
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Max Rossle »

Die skoot geneem met 180gr Norma Oryx teen 2450fps op 120m.

Hierdie is die ingangswond.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Max Rossle »

Uitgang na skoot op 120m.

180gr Norma Oryx teen 2450fps vs BWB hart met 120m bladskoot.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Max Rossle »

Die koeel staan ook nie terug op die vlaktes nie... 250m voorkopskoot- exit agter uit nek uit
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Norma Oryx 30 cal - wildsoort beperkings

Post by Flip Nel »

Mooi geskiet daai norma's werk.
Post Reply