Ek het so ruk al gewonder of 'n mens 'n .22 randslag geweer kan tune om 'n sekere tipe ammunisie beter te laat skiet.
Ek het toe opgelees en gesien dis moontlik. In my geval met my Ruger 10/22 Target.
Eergister het ek baan toe gegaan met my torque wrench en paar pakkies Federal Champion ammo en op 50m geskiet.
Die geweer word met een skroef aan die kolf gehou.
Ek het as volg gestel aan die skroef en geskiet:
Middel 10 in/lbs
Links onder 20 in/lb
Regs onder 30 in/lb
Regs bo 30 in/lb
Links bo 35 in/lb
Ek het ook na die tyd middel onder teen 35 in/lb geskiet en seker so 20 skote op in die groep geskiet.
Verder het ek 'n string van 30 skote met die Magnetospeed V3 geskiet.
Minimum 1123fps
Maksimum 1177fps
ES 54fps
SD 13.5
Dalk help dit iemand wat sukkel om 'n .22LR te laat groep!




