Mounts en ringe vir my geweer?

Post Reply
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Mounts en ringe vir my geweer?

Post by Toxxyc »

Goeiemiddag mense, hoop almal het sommer 'n lekker Vrydag sover! Ek het onlangs vir my 'n Remington 700 SPS in .30-06 gekoop. Hy was op 'n special en ek kon eenvoudig nie nee sê nie. Elkgeval, vir die geweer moet ek nou mounts en ringe kry. Ek het 'n ou .303 wat 'n teleskoop op het, maar ek gaan die scope afhaal en op die .30-06 sit vir eers. Die teleskoop het 'n 1" buis, so ek moet kyk na 1" ringe.

Ringe is egter nie die probleem nie. Die mounts/basis is. Ek weet die Remington 700 is soos die "Lego geweer" omdat daar 'n miljoen verskillende partjies en goetertjies is vir die ding wat jy kan opsit, en dit maak my net nog meer deurmekaar.

Ek het gekyk op wapenwinkels soos Safari & Outdoor, en dan kry ek basisse wat so spotgoedkoop is dit maak nie vir my sin nie. Ek het met Safari gesels en volgens hulle sal die Leupold basis wat maar R172 kos op my geweer pas. Mis ek iets? Die basis kos op Leupold se website $49,99, wat aansienlik meer is as R172, so ek voel asof ek iets mis.

Soos dit vir my lyk lyk dit asof ek net 'n stel ringe moet koop wat daarby pas, wat aansienlik duurder is maar nogsteeds nie te duur nie. Lyk soos R449. Sal ek dus vir ongeveer R600 basis en ringe vir die geweer kan koop, of het enigiemand vir my 'n ander opsie wat ek kan oorweeg as 'n skut op 'n begroting?
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Post by Malan123 »

Ek het vir 'n rukkie die leupold basis en ringe gebruik. Het goed gewerk. Dink nie jy gaan beter budget setup sommer kry nie.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Post by Toxxyc »

So ek is nie verkeer as ek dink dit sal so maklik werk nie? Oulik...

En dan die installasie - sal ek dit self by die huis kan doen, of is 'n smid nodig? Ek het al teleskope op gewere geruil en hulle ge"boresight" en so aan, maar nog nooit mouts opgesit of vervang in so situasie (op 'n nuwe geweer) nie.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Post by wlm »

Voor jy dit nie probeer doen nie sal jy nie weet nie. meeste van die goed vra net 'n bietjie handvaardigheid en "common sense".
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Post by Mellies »

Ek het vir jou lynx basisse en ringe vir n 700. Jy kan hulle kry as jy net die posgeld sal betaal.

Gooi my n pm.

Met n vleisie...
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2208
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Post by Ds J »

Leupold / Lynx / Thor in staal.

Laat hulle gelyk skuur ("lap"), en geniet.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Post by Alwin »

Ds J wrote:Leupold / Lynx / Thor in staal.

Laat hulle gelyk skuur ("lap"), en geniet.
Hier is die korrekte inligting. ^^^

Hou by staal en laat die ringe "lap".

Alles kan self gedoen word as jy weet hoe. Dit mag 'n goeie idee wees om iemand te kry wat jou kan touwys maak.

Daar is vir my groot plesier in, om iets self te doen en dan goeie resultate te kry. As iets dan later sou skeef loop, weet ek ook waar om die fout op te spoor en hoe om dit te herstel.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Mounts en ringe vir my geweer?

Post by Toxxyc »

Mellies wrote:Ek het vir jou lynx basisse en ringe vir n 700. Jy kan hulle kry as jy net die posgeld sal betaal.

Gooi my n pm.

Met n vleisie...
Mellies ek sal jou beslis opneem vir hierdie aanbod! Ek sien jy is in Potchefstroom - kan ek sommer optel of reel dat my Swaer optel by jou? Hy bly daarso, en kom oor so 2/3 weke in my rigting. Hy is betroubaar (Ds J hierso het hom ook al ontmoet) :D

Ek sal jou 'n PM stuur met die inligting!
Post Reply