Ek ry more Vrystaat toe vir 'n jag sessie, hier in die Kaap lyk dit my nie kry ek enige 168gr ammunisie nie - net 150 en ek kry nie lekker groeperings met die Federal nie. Die naaste wat ek kry is 165gr Hornady Custom teen R650 'n boksie
Weet julle dalk van 'n plek waar ek kan stop oppad na Bloemfontein se kant toe?
Ek het al gehoor van 'n "Erenst" in Beaufort, maar ekt geen kontak details nie; ekt ook Colesberg se Polisie stasie probeer...kom ons sê maar net dit was interessant, want blykbaar is "Pharmacy" en "Ammunition" dieselfde ding.
Ek skiet gewoontlik PMP, maar met die hele somchem besigheid bevestig dit maar net weer die noodsaak om liewers self te laai.
Dankie by voorbaat!
