Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by tripodmvr »

Hoor stellings van mense uit verskillende landsdele van SA dat die kleinwildgetalle baie afgeneem het - duiker, steenbok, grysbok, hase ens. Julle manne wat naglopers is en miskien al vir 'n paar jaar spesifieke plase monitor, kan ons jul menings hoor. Gesonde kleinwild en vo?l getalle dui op ekositeem wat nie onder stres is nie.

Ek onthou in die middel 1990's hoe baie steenbokke ons in die Murraysburg area gesien het toe ons met 'n lig rondgery het - sommer 7 na 8 ogies as jy die lig reg rondom die voertuig geskyn het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by 222 »

driepoot

Dit het baie te make met die mense wat met honde ook jag. My arbeiders mag nie met hulle honde jag op my grond nie (wel ek slaap soms). Dit het 'n groot bydrae tot die getalle van hase, steenbok en duiker (skaap ook).

Ek kan 'n verskil sien as ek in die nag ry, daar was plekke waar daar geen naglewe was nie, nou is daar weer. (O en voor dit as skietgeod gebruik kan word, daar was wel baie jakkalse want die skaap lam daar)
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by tafjak »

Tripod

Ek sal gewoonlik kyk na die bakoor, Kaapse vos, steenbokke, duikers en die jongspringbokke se getalle. Hierdie tyd van die jaar(veral Februarie tot einde Maart) behoort alle steenbokpare 'n jonge by hulle te h?. Sien maar bitter min jong steenbokke die afgelpe paar jaar en word al hoe skaarser. Duikers is maar moeilik om te tel en die aanwas te sien.

Wetie, maar lyk my die die bom het gebars!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by tripodmvr »

Dankie vir terugvoer sov?r. Ek is nie wetenskaplike in wild nie, maar die praktiese terugvoer kan tog inligting deurgee aan die wat 'n studie van wildgetalle doen. Dit kan dui op afnames en die nodigheid om dit na te vors. My belangstelling in die natuur en die mens se impak maak dat ek hierdie vraag gevra het.

Ek dink ons moet tog net idee kry vanwaar julle waarnemings kom. Julle profiele wys nie aldag waar jul staanplek is nie
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by Sako75 »

Vriende van my beweer dat hulle getalle ribbokke en springbokke verseker onder druk is en nie so volop is nie..... 
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by 222 »

Driepoot

Ek is langs John, daar waar julle die rooikat geskiet het. Die arbeiders huise sien jy daar van die bos af.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by Armand Steenkamp »

Hier in ons omgewing het die getalle  van haase ,springhaase en steenbokke drasties af geneem! Jy sien hulle maar bitter skaars.
Die boere rondom ons skiet alles voor die voet vrek. Dis maar n hartseer saak.
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by Gerhard »

In die Dullstroom omgewing waar ek groot geword het was daar baie duikers gewees.

Ek het nou so 5 keer van laas Julie in die distrik geroep en oor die 50 jakkalse geskiet. Ek het bitter min duikers gesien gedurende die nagte wat ek geroep het.

Boere se vir my hulle sien ook baie minder blou kraanvoels in broei pare in die distrik. As hulle n paar kry wat broei gee hulle soms pad van die nes of as die kuiken uit broei sal die boere die kuiken saam met die broei paar kry en dan die volgende week is die kuiken weg en dan gee die broei paar ook pad...

In die Bronkhorstpruit distrik waar ek ook baie roep het ek onlangs weer redelik baie duikers begin sien.

Laaste staan plek waar ek geroep het het ek 5 duikers gesien as ook dan jakkalse wat in gekom het en n tierboskat ek het die aand ook n kommetjiesgat muishond gesien.

Toe ek in 2004 daar begin roep het was draai jakkals nogal vol op maar het geen in geroep die laaste 3 jaar nie...

Hoop dit help.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Biltongjagter

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by Biltongjagter »

Op die oop (nie wildwerend omhein) beesplaas in Ellisras distrik waar ek in Junie vanjaar 3 dae in die veld deurgebring het, was dit baie opvallend hoe die kleinwild soos steenbokkies, duikers - helder oordag selfs -, klipspringers en rooi ribbokke, se getalle toegeneem het.
Selfs wilde vo?ls soos tarentale, fisante, patryse en korhane het vrylik op die plaas voorgekom.
Groot hoeveelhede rooibek renostervoeltjies is iets algemeen by al die vee suipings waar beeste bymekaar kom.

Dit is beslis daaraan toe te skryf dat geen honde in die veld toegelaat word nie en ook dat daar bitter min gejag word op die betrokke plaas.

Die ekosisteem in di? area blyk werklik onder geen abnormale stres te wees nie.

Groete,
Koos.
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by tobie »

ek kom ook agter dat steenbok nogal toeneem.self die duiker wat nog nooit hier was nie kom al uit. die ribboke is wel skaars.was altyd volop to 20 in troppe.as ek nou uit gaan en sien 5 is dit al goed ???
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by .::Alwyn-U::. »

tobie wrote: ek kom ook agter dat steenbok nogal toeneem.self die duiker wat nog nooit hier was nie kom al uit. die ribboke is wel skaars.was altyd volop to 20 in troppe.as ek nou uit gaan en sien 5 is dit al goed ???
+1 ek sien maar die selfde hier by ons in die ooskaap areas...
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by Coenie (Swift) »

In Suid-Vrystaat by ons is kleinwild meer maar die trek springbokke is uit geskiet.

Ons laat nie werkers met honde toe nie en as ons honde kry in veld dan word hulle geskiet en ek glo dit het baie gehelp met die kleinwild wat ooglopend meer is. Al ons bure doen dieselfde so ek glo dit help die gebied om getalle en genepoel te groei
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by Gerhard »

Ek was die laaste 4 nagte in die Ermelo distrik.

Het die volgende gesien:

Tierbos katte x 5

Otter

Musseljaatkat

Muishond

Duikers

Steenbokke

Draaijakkals of Kaapse Vos

Vlakhaase

Was regtig lekker om die verskydenheid klein wild te sien
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by HUNTER »

Afgesien van groot droogtes wat kleinwild se getalle laat afneem is daar 2 dinge wat kleinwild uitroei en die getalle drasties laat afneem, nl. jagters met honde en dan kan jy maar jou drade en suipplekke fynkam vir strikke en slagysters. Dit neem net een so stroper om jou kleinwild getalle vinnig te laat afneem. Indien jy so stroper uitvang moet dit nie ongestraf laat verby gaan  nie, dit is heeltemal onaanvaarbaar en verdien eintlik die doodstraf vir die pyn en lyding wat hul veroorsaak.

Hunter
JF. SCHOEVERS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Tue Jul 12, 2011 1:16 pm

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by JF. SCHOEVERS »

Goeie naand

Een van die plase waar ek die meeste skiet het ek agter gekom dat kleinwild getalle weer toe neem vandat die jakkals getalle af neem....
Ons skiet maar die rondloper honde voor die voet en die werkers mag ook nie met hul honde in die veld nie...

Groete Schoevers 
6mm Dasher,
.30-06 Vektor,

As jy nie tyd het om dit nou reg te doen nie waneer gaan jy tyd he om dit oor te doen.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by Armand Steenkamp »

Snaakste vir my is in ons omgewing is nie jakkals nie,nogtans neem die kleinwild getalle af.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
langloop

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by langloop »

Het aan die begin van die jaar op 'n sekere plaas geroep - sonder sukses.  Die boer (hoofsaaklik beeste en sonneblom) het verlede jaar gif gebruik om van ongediertes ontslae te raak.  Dit het 'n ongelooflike negatiewe uitwerking op die natuur gehad.  Ek het 3 keer daar geroep, en kon nie eers 'n tarentaal sien nie, wat nog te se wan klein bokkies.

Toe ek 2 weke gelede daar geroep het, het ons hordes eende, tarentale, wildemakoue, hase en ook hier en daar 'n bokkie gesien.

Gelukkig probeer die natuur probeer altyd om homself te herstel.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Getalle van kleinwild - toename of afname?

Post by Armand Steenkamp »

Ek dink hier in die boesmanland het die natuur maar moed op gegee!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Post Reply