Dryfmiddels tydens n huisbrand
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Dryfmiddels tydens n huisbrand
Na aanleiding van n goeie topic: viewtopic.php?f=94&t=71041&hilit=berging , wat deur Knipmes begin is, het ek n vraag, en wou nie sy onderwerp skaak nie.
In die afgelope twee weke het n vriend van my se huis afgebrand. Hy is ook n herlaaier. Ek is in die proses om my herlaai kamer te skuif na my huis. Ek wou n ''man cave'' gebou het, met al my gereedskap en herlaai toerusting bymekaar. Tans is my herlaaikamer in n buitekamer 10m van my huis af. Ek was self by toe die huis afbrand, en het dadelik getwyfel of ek my herlaaikamer met al die kruit, in my huis in moet skuif.
Wat is julle manne se opinie wat gebeur met kruit tydens n brand? Ontplof dit of ontbrand dit? Verskil dit as dit binne in n kluis is vs n ander vorm van berging? Terloops, ek berg nooit my ontstekers(primers) en my kruit saam nie.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Ek is nie 'n deskundige nie, maar synde opinies gevra word sal ek myne verskaf.
Ek glo sodra dit warm genoeg word om te ontvlam gaan die blik bars. Dit op sigself gaan vlambare materiaal die hele wêreld vol skiet. Ek wil dus nie daar wees nie.
Indien dit in 'n soliede kluis is, gaan die druk opbou totdat die kluis se wande dit nie meer binne kan hou nie. Wanneer die kluis meegee sal die naburige muur of mure dalk self in die slag bly en daar sal waarskynlik lelike skrapnel wees.
'n Toesluitkas wat kan meegee indien so situasie ontvou maak dus sin. My voorstel sou wees om dalk alles na jou "man cave" te skuif maar bring die kruit net in wanneer jy herlaai.

- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
As die wettige hoeveelhei dryfmiddel in n kluis ontbrand twyfel ek of dit BOOM sal gaan. As mens nou vergelyk dryfmiddel hoevelheid teenoor dopvolume en die digte seel in dop en kamer dink ek n kluis se volume is te groot en die seel nie genoeg om n ontploffing te veroorsaak nie. Tensy mens 98% Kluisvulling het.
Ek veronderstel dat as die huis sodanig brand dat die hitte die dryfmiddel in die kluis laat ontbrand dat die ontbranding daarvan nie rerig groot invloed sal hê op die skade wat die brand reeds aangerig het nie.
Dis maarnet my opinie.

The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Weet jy, ek hoor wat jy se, maar het jy al gesien wat gebeur as jy 'n klein klapper in 'n lee Coke-blikkie gooi en hom seel? Ek sou eers wou 'n toets sien voordat ek tevrede is dat ek sou veilig wees in daardie geval.airhunter wrote:As die wettige hoeveelhei dryfmiddel in n kluis ontbrand twyfel ek of dit BOOM sal gaan. As mens nou vergelyk dryfmiddel hoevelheid teenoor dopvolume en die digte seel in dop en kamer dink ek n kluis se volume is te groot en die seel nie genoeg om n ontploffing te veroorsaak nie. Tensy mens 98% Kluisvulling het.![]()
Ek veronderstel dat as die huis sodanig brand dat die hitte die dryfmiddel in die kluis laat ontbrand dat die ontbranding daarvan nie rerig groot invloed sal hê op die skade wat die brand reeds aangerig het nie.
Dis maarnet my opinie.
Of so iets
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
n Klapper in homself word uit die aard van sy konstruksie onder hoë druk geplaas en dit is dus n "bom" in n coke blikkie.Harambe wrote:Weet jy, ek hoor wat jy se, maar het jy al gesien wat gebeur as jy 'n klein klapper in 'n lee Coke-blikkie gooi en hom seel? Ek sou eers wou 'n toets sien voordat ek tevrede is dat ek sou veilig wees in daardie geval.airhunter wrote:As die wettige hoeveelhei dryfmiddel in n kluis ontbrand twyfel ek of dit BOOM sal gaan. As mens nou vergelyk dryfmiddel hoevelheid teenoor dopvolume en die digte seel in dop en kamer dink ek n kluis se volume is te groot en die seel nie genoeg om n ontploffing te veroorsaak nie. Tensy mens 98% Kluisvulling het.![]()
Ek veronderstel dat as die huis sodanig brand dat die hitte die dryfmiddel in die kluis laat ontbrand dat die ontbranding daarvan nie rerig groot invloed sal hê op die skade wat die brand reeds aangerig het nie.
Dis maarnet my opinie.
Hier praat ons dus van n klapper sonder die omhulsel wat sy dryfmiddel (lw. DRYFMIDDEL nie KRUIT) onder lae druk plaas.
Swartkruit en dryfmiddel. Twee totaal verskillende diere. Volgens my as jy die klapper se inhoud (swartkruit) vervang met dryfmiddel (MP200?) sal jy n groot afname in effek sien.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
In terms of the Regulations of the Explosives Act, 1956, Act 26 of 1956 (as amended), and as published in Government Notice R1604 (dd 1985-10-25), the following is stipulated in Regulation 8.23.1 and 8.23.2 re propellant a firearm licence holder may have in his/her possession for purposes of reloading of own ammunition:
8.23.1 Notwithstanding anything to the contrary contained in these regulations, persons who are in possession of one or more valid firearm licences issued in terms of the Arms and Ammunition Act, 1969 (Act 75 of 1969)*, may in respect of each such licence keep on their premises 600 grams of nitrocellulose propellants for the private reloading of cartridges of small arms only and not for sale or other trade: Provided that the total amount of nitrocellulose propellants so kept shall not at any time exceed 2 400 grams in mass.
8.23.2 The nitrocellulose propellants shall be kept locked up in a sturdy cupboard (however, SAPS have recently indicated that they prefer propellant to be kept in a safe)."

knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
- Jaco V
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
nou nie 2.4kg in die kluis nie, maar na ek die gesien het oorweeg ek om 'n "locker" erens ver ver van my huis te huur
https://youtu.be/ZbvNIaC3gKM
https://youtu.be/ZbvNIaC3gKM
Groete
Jaco
CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
Jaco
CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Ons praat hier van dryfmiddel, hy brand bloot met lang warm vlam, swartkruit ontplof egter, die blikke is baie dun so hulle gn met min skade oopbars en lang vlam brand, kluis het darm redelike volume so ek verwag een groot warm vlam maar kans op ontploffing dink ek is skraal. Ek sal meer oor gasbottels bekommerd wees....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Nou wat van so paar pakkies primers saam daai kruit
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
'n Kluis kan gewoonlik nie dig seël nie, dus is die kans dat die druk hoog genoeg kan opbou om 'n ontploffing of bars te veroorsaak redelik beperk. Tensy jy natuurlik 'n beter kwaliteit kluis het wat nie rondom gapings het nie.
Dit is waarskynlik altyd beter om dryfmiddel nie in 'n houer te stoor wat in 'n huisbrand in 'n massiewe pypbom kan verander nie. Volgens die springstofwet (sien aanhaling hierbo) kan 'n toesluitbare houtkas of bliktrommel ook gebruik word.
Ek het eendag 'n toesluitbare staalkas, van 3mm plaat gemaak, in die hande gekry. Dit het genoeg plek vir die wettige hoeveelheid dryfmiddel, maar het gapings waar die deurtjie toemaak. Dit werk vir my.

Albert84
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Ek dink hierdie moet getoets word...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Heng Albert, dit is groothartig van jou om jou huis aan te bied.Albert84 wrote:Ek dink hierdie moet getoets word...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek bring die kruit! Indien iemand 'n ou kluis het wat hy kan afstaan moet Albert net sy adres verskaf en laat weet watter naweek hom pas.
Ek vertrou hy sal sy vrou en kinders wegstuur vir die naweek. Waar hul na die naweek gaan bly is is 'n ope vraag.
Grappie op 'n stokkie.
Ek stem saam met die meeste van julle; eerder 'n groot "Whooosh!" as 'n "Booom!"
Ek vermoed dat daar 'n direkte vlam met die kruit in aanraking moet kom voordat dit ontbrand. Hitte alleen gaan nie die ding doen nie.
Indien die hitte wel so intens is dat die blik sou "smelt" en die kruit ontbrand, reken ek dat die huis in elk geval nie gered kan word nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Ek stem nogals saam met Gawie. Teen die tyd wat jou kruit bottels/blikke smelt, is jou huis al klaar tot niet. Jy kan dan net sowel terugstaan en die fireworks show geniet.
Neem net ‘n video sodat ons saam kan geniet; sharing is caring.
Neem net ‘n video sodat ons saam kan geniet; sharing is caring.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Ek weet julle sal sê dit is net semantiek.
Feit bly staan. As jy praat van Buskruit, swartkruit, gun powder ens dan is dit KRUIT.
As jy praat van moderne S335, S121 N150, noem dit dan is dit DRYFMIDDEL.
Twee TOTAAL verskillende goed.
So as Gawie Kruit bring is die kans Baie goed dat julle die kluis gaan opblaas.
Sou hy egter Dryfmiddel bring gaan julle nie so goed vaar nie.
Albert. Vir jou part hoop ek hy bring dryfmiddel.
Miskien kan iemand met n infrarooi termometer bietjie dryfmiddel in sy vrou se gunsteling pan warmmaak en kyk by watter temperatuur dit ontbrand?
Kom Gawie, jy weet jy wil
Feit bly staan. As jy praat van Buskruit, swartkruit, gun powder ens dan is dit KRUIT.
As jy praat van moderne S335, S121 N150, noem dit dan is dit DRYFMIDDEL.
Twee TOTAAL verskillende goed.
So as Gawie Kruit bring is die kans Baie goed dat julle die kluis gaan opblaas.
Sou hy egter Dryfmiddel bring gaan julle nie so goed vaar nie.
Albert. Vir jou part hoop ek hy bring dryfmiddel.
Miskien kan iemand met n infrarooi termometer bietjie dryfmiddel in sy vrou se gunsteling pan warmmaak en kyk by watter temperatuur dit ontbrand?
Kom Gawie, jy weet jy wil
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Ek wil net al my ou selfone se batterye laai en sorg dat hul mooi video's kan neem, dan sal ek van die dryfmiddel van onder warm maak op 'n staalplaat en kyk wat gebeur.
Tweedens sit ek met 'n kwart blik S341 wat se gat ek ook sal warm maak. Ek moet net 'n houer vir my gasbrander prakseer.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Kannie wag vir daardie video's nie!!!!Gawie(13mm) wrote:Ek wil graag, maar dit sal redelik ver van my huis en my vrou wees.
Ek wil net al my ou selfone se batterye laai en sorg dat hul mooi video's kan neem, dan sal ek van die dryfmiddel van onder warm maak op 'n staalplaat en kyk wat gebeur.
Tweedens sit ek met 'n kwart blik S341 wat se gat ek ook sal warm maak. Ek moet net 'n houer vir my gasbrander prakseer.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
https://youtu.be/aO1pnmMbi_Q
Kyk so van 8 minute af. Volgens die eksperiment sal dryfmiddel op 390 grade Fahrenheit (198 grade Celsius) begin brand
Kyk so van 8 minute af. Volgens die eksperiment sal dryfmiddel op 390 grade Fahrenheit (198 grade Celsius) begin brand
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Gawie(13mm) wrote:Ek wil graag, maar dit sal redelik ver van my huis en my vrou wees.
Ek wil net al my ou selfone se batterye laai en sorg dat hul mooi video's kan neem, dan sal ek van die dryfmiddel van onder warm maak op 'n staalplaat en kyk wat gebeur.
Tweedens sit ek met 'n kwart blik S341 wat se gat ek ook sal warm maak. Ek moet net 'n houer vir my gasbrander prakseer.
Ek sal gou vanaand die pan toets doen.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Stop met al hierdie eksperimente!
Moenie mors nie.
Lyk my dryfmiddel gaan skaars en peperduur wees binnekort.
Ons gaan dalk nog eksperts raak op duplex loads soos ons al die bietjies sal moet bymekaar gooi om n paar rondtes te skiet.
Sal darem nou n ding wees as plaaslike dryfmiddels net so duur raak soos imports agv tekort.
Moenie mors nie.
Lyk my dryfmiddel gaan skaars en peperduur wees binnekort.
Ons gaan dalk nog eksperts raak op duplex loads soos ons al die bietjies sal moet bymekaar gooi om n paar rondtes te skiet.
Sal darem nou n ding wees as plaaslike dryfmiddels net so duur raak soos imports agv tekort.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
Albert84
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Ja Gawie, dit is soos een van daai “hou vas my dop en kyk die 11.1.11” planne!! Dit maak daai stout laaitie in ons almal wakker

Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Albert84 wrote:Ja Gawie, dit is soos een van daai “hou vas my dop en kyk die 11.1.11” planne!! Dit maak daai stout laaitie in ons almal wakker
Sent from my iPhone using Tapatalk
'n Bietjie poeier op 'n bakplaat is vir Ingelsmanne wat bang is vir hul boyfriends. Hier aan die suid-punt van donker Afrika bang ons niks. Ons smeek net na die tyd om vergifnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
-
Albert84
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Ek dink n ook n ou kluis en 2.4kg kruit met n groot vuur om dit gepak sal n goeie toets wees.
Het iemand n ou kluis wat hulle wil skenk/verkoop?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Het iemand n ou kluis wat hulle wil skenk/verkoop?
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Dryfmiddels tydens n huisbrand
Manne, in die 70s of 80s het 'n man 'n bom gemaak van 'n blik dryfmiddel (MS200 as ek reg onthou) en dit in die hyserskag van 'n winkelsentrum in die Kaap laat afgaan. Bleikbaar redelik verwoestend in die klein spasie van die hyserskaggewees. Ek verstaan dit was een van die redes hoekom registers van dryfmiddel verkope begin is,om te sien wie gaar op.