More almal
Ek het vir CMH belowe ek sal iets kom skryf oor die Tier One tactical bipod(carbon weergawe).
Om meet te begin is dit n produk wat baie mooi afgewerk is en stewig is. Ek het die eerste keer een onder oë gehad net toe hulle by Herme & Johan aangekom het. My woorde aan Johan was dat dit n baie stewige en goed afgeronde produk is.
So 3 weke terug vra ek hulle vir een van die demo modelle om hom te toets waar ek hom gaan gebruik en omdat ek my 2 Harris bipods in die mark wil sit(watch this space). Bipod het hier aangekom en ek het n Swivel na Picatinny adaptor by Multech gekry(dankie Callie) om hom aan die geweer te sit.
2 naweke terug is ek Wolmaransstad toe om my swaer te gaan help bokke uitskiet en om n paar ongediertes te laat om dop. Die eerste Springbok was van die bakkie se dak af geskiet(ja ek is n bakkie jagter en ek hou van dit) en ek het dadelik gemaklik gevoel met die bipod. Die tweede een het ek uit n le posisie geskiet vanag n delwers hoop. Weereens het ek geen probleem met hom gehad nie.
Saterdag laat middag kon daar n varkie val van die bakkie se bonnet af en die ander vark was toe weer van die dak af.
Ek het hom deeglik getoets en ek moet vir julle se dit is n baie goeie produk. Julle kan gerus met CMH gesels oor pryse en dan natuurlik met Callie praat van Multech oor die adaptors.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Tier One Tactical Bipod
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Tier One Tactical Bipod
Jankraay dit klink na n netjiese produk. Ek sit en wik en weeg nou self. Ekt n Harris brm-s. Skiet hoofsaaklik van bench af. Kyk na die Atlas Cal g2 of moontlik die Tier One Tactical Carbon. Hy vergelyk eintlik meer met die Atlas PSR, omdat hy kan "pan".

