Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Middag manne,
Wou net gou bietjie raad vra. Ek sien nou van die biltong het bietjie "freezer burn" opgetel soos een of 2 sakkies deur geskuur het in die vrieskas. Kan 'n man die biltong in koerant toedraai en dan in freezer sakkies sit voor jy hom vries? Of wil 'n ou dit nie eintlik in koerant vries nie? (Gesondheid of smaak issues?)
Lekker aand,
Petrie.

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Jagmaar - Klaargdroogte biltong sit ek netso in 'n kussingsloop in die vrieskas en het nog nooit vriesbrand gekry nie. Jy kan dit selfs in 2 kussingslope sit. Moet nou net nie die goed vir 2 jaar daar los nie 
Klaargesnyde, rou biltonge kan jy in plastiek sakkies sit en dan in koerant papier toedraai om die plastiek te beskerm. Nie eers toedraai en dan in die plastiek nie - daai sallie werk nie!!
As jy klein hoeveelhede rou biltong wil vries, werk roomys bakke baie goed vir kleiner biltonge. Hulle pak baie lekker en seel dig.

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Ons het nou 'n eksperiment gedoen. Rou biltong van Aug 2010 gevries nou ontdooi en biltong gemaak. Mens proe steeds daai subtiele geur van die bosbok. Sal dit definitief weer doen.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Moet nie halfdroe biltong vries nie. Proe soos hond se gat. Vries rou biltong netso of selfs met speserye op. Ontdooi en droog dan later vir goed soos nuut biltong.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- erx
- Sr. Member

- Posts: 419
- Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Ag nee manne, eet die goet of stuur aan as teveel is vir julle!
Groete
erx
Groete
erx
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
More more,
Dankie Madako, die biltong wat ek van praat is klaar gedroog en reg. Is dit ok om dit so eers in koerant toe te draai en dan in sakkies (veiligheid en smaak issues?). Nie rou stukke nie..soos genoem, dis maar net om daai "freezer burn" uit te skakel.
Kussingslope gaan my vrou my m*%r oor en daar moet elk geval altyd 'n spaar skoon sloop of 2 wees vir die spaarkamer en bank

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Hi Jagmaar,
In plaas van koerantpapier kan jy bruin papier gebruik wat jy skoolboeke mee oortrek.
Groete
JP
In plaas van koerantpapier kan jy bruin papier gebruik wat jy skoolboeke mee oortrek.
Groete
JP
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
jagmaar
kyk of jy van daai vaal vis en tjips papier iewers kan kry ek draai myne in dit toe en dan in n plastiek sakkie werk soos n bom en daar is geen ink aan nie so die smaak word nie beinvloed nie
sterkte
kyk of jy van daai vaal vis en tjips papier iewers kan kry ek draai myne in dit toe en dan in n plastiek sakkie werk soos n bom en daar is geen ink aan nie so die smaak word nie beinvloed nie
sterkte
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Nee hel maat ! Ek sal defnitief jou woord moet vat op die een - ek gaan nie ook uitvind hoe proe 'n hond se gat nie ...My hond sal my byt as ek dit met hom probeer !tripodmvr wrote: Moet nie halfdroe biltong vries nie. Proe soos hond se gat.
Bly om te sien jy het dit oorleef... wat dink die hond nou van jou na julle onder-onsie ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
-
Hugo Vermaak
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Sun Jul 03, 2011 7:49 am
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Ek het verlede jaar te laat gejag vir biltong maak en het die boude van die rooibok so heel gevries en die jaar ontdooi en biltong gemaak . Dit het heel lekker uitgekom hoor .
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.
Vries die biltonge net so in pakkies van so kilo of 2....ontdooi so week voor jy lus raak/of voor jou ander billies opraak....spice en hang...proe soos gister se jagtrip s'n
Ek doen dieselfde met droe wors
Ek doen dieselfde met droe wors
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)