Kameelperd Jag

Post Reply
SS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Jan 26, 2011 2:25 pm

Kameelperd Jag

Post by SS »

Dagse manne

Wil biietjie hoor wat is julle gevoel oor kameelperd jag. Wat is die kleinste kaliber wat julle sal aanbeveel vir die jag, JA ek weet mens kan dit met klein kaliber skiet as jou skootplasing 100% is . Eintlik wat ekke moet vra is , vir die van julle wat eie jagplase het wat is die mininum kaliber wat julle sal toelaat om die dier mee te skiet??

Wat kan mens met die vleis / vel doen om die baie beter op die sak te maak om n kameelperd te skiet??

Groete ;D
Stefan Swarts
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Gerhard »

Stefan,

Jy soek n kaliber wat n 225gr behoorlik kan skiet.

30 06 is al klaar bietjie lig vir n kameelperd.

338 win, 9.3 of 375 H&H tipe van kalibers sou my vereiste wees as ek n wildsplaas gehaad het.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Kameelperd Jag

Post by KalahariKlong »

Ek stem met Gerhard. Maak maar droewors en verkoop aan mense wat jy nie ken nie, hulle gaan nie eers weet nie..  ;D
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by tripodmvr »

Gerhard wrote: Stefan,

Jy soek n kaliber wat n 225gr behoorlik kan skiet.

30 06 is al klaar bietjie lig vir n kameelperd.

338 win, 9.3 of 375 H&H tipe van kalibers sou my vereiste wees as ek n wildsplaas gehaad het.
Stem saam met kaliberskeuse - 338 en op. Bene is baie dik en hard.

My een buurman het jare gelede 'n stuk kameelperdnek gebring en ons het biltong gemaak. Die vleis het 'n baie growwe tekstuur, maar maak lekker biltong.


As jy gaan skiet moet jy net sorg dat jy baie vleiswerkers het. Om 600kg vleis te verwerk vat aan 'n man - netso is die afslagproses een waar jy op en af die karkas moet kruip. Die vel is ongelooflik dik en baie swaar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Evert »

Hi SS

Ek dink n 338 of  9.3 moet n minimum wees en soos jy se die skoot plasing moet 100% wees.
Met die vleis is dit jou eie keuse ek weet meestal van die ouens wat kameelperde skiet verkoop die vleis by slaghuise ens, of hul vat net die trofee en die vleis bly op die plaas.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by spekieries »

More SS

Het in April my eerste Kameelperd bul met my 9.3x62 geskiet. Karkas gewig was net oor die 1000KG. Ek het Spartans 286 greiners gebruik. Ek het sy hoogte onderskat en hom bietjie hoog geskiet. Moes hom 'n tweede skoot skiet.

Ek het hom 13.30 geskiet en die vleis het 10.30 in die vleiskamer gehang met 6 jagters wat gehelp het en 3 gidse wat heeltyd geslag het.

Stanley matmesse om deur die vel te sny, en 'n Sthill ketting saag om deur die borsbeen te saag.

Gelukkig was daar 'n "lowbed trailer" en 'n meganiese "winch" waarmee ons hom kon opsleep.
Die Toyota Raider se se sleepstang en 'n kabel het ook handig te pas gekom. 

Kort en lank is dat ek dink 'n man moet bo 250 gr punte skiet om penetrasie te verseker. Die vel en die bene is baie dik en premium punte volgens my is 'n moet.
SS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Jan 26, 2011 2:25 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by SS »

Dankie vir almal se insette!!! ;D

So met ander woorde n 9.3x62 met 286gn Rhino`s of my .375 Ruger met 270gn Barnes TSX sal albei die ding kan doen??

Spekieries, dit klink nogal na n storie op die dier geslag te kry, messe , ketting saag.. nooit geweet n kameelperd se vel so dik nie, intressant!!!

;D
Stefan Swarts
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Gerhard »

SS,

jy gaan sukkel om met 5 groot mans n nat vel van n kameelperd bul op n bakkie te laai.

Jou kaliber keuse is korrek maar onthou skoot plaasing is alles.

Onthou ook kameelperd se enjin kamer sit nie op die selfde plek waar n bok sin sit nie so maak seker met iets soos Perfect Shot se boekies...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by Francois Marais »

SS

Het laasjaar n paar geskiet vir vleis, gewoonlik is Kameelperde nie wild nie, hulle word bitter selde gejag op jagplase, ek het hulle geskiet met 30-06 en 180gr Rhino's, op die ore, gesien hierdie kombinasie skiet sommer maklik deur n Kameelperd bul se kop, dis nou as jy nie jou vleis wil stukkend skiet nie.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by .::Alwyn-U::. »

375H&H sal hom darem lekker laat val!
Biltongjagter

Re: Kameelperd Jag

Post by Biltongjagter »

..... ek het hulle geskiet met 30-06 en 180gr Rhino's, op die ore, gesien hierdie kombinasie skiet sommer maklik deur n Kameelperd bul se kop,
Hier is nog 'n jagter wat met sy 6.5-06 en 110g GSCHV teen 3400vps die kopskoot ding op Kameelperde uitoefen.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Kameelperd Jag

Post by .::Alwyn-U::. »

;D ;D
Post Reply