Koeël gewig vir blouwildebees
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Koeël gewig vir blouwildebees
Goeie middag,
Ek skiet huidig met 6.5x55 die 123gr Hornady SST in goeie groepering.
Vraag:
Is die punt te lig vir bwb?
Sal 140gr SST gemoedsrus koop agter die blad, of moet ek swaarder gaan? (Ek dink aan 156gr Norma punt)
Is die 125gr Nosler Partition voldoende of nie?
Die vraag is bedoel vir vêr skoot, daarom agter die blad. 0-200 sal ek gaan vir brein.
Baie dankie
Sent from my iPad using Tapatalk

- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Basie,
Hoe ver is ver ?
Vir my is skoot plasing meer belangrik, maar ek sal ook eerder gaan vir nosler partition tipe punt.
My 2c
Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Hierdie is my persoonlik opinie, en jy hoef nie noodwendig met my saam te stem nie.
Ek persoonlik sal nie aan 'n SST koeël raak vir jag doeleindes nie, en veral nie op BWB nie. Dis 'n baie sagte koeël en as jy been slaan, gaan die koeël in duisend stukkies bars met swak penetrasie. Jy gaan 10@1 'n kwesbok hê. BWB is 'n taai bok, en skootplasing sal altyd 'n noodsaaklikheid wees. Ek sou beslis die Norma Oryxe oorweeg. Hulle is uitstekend en tot 200m sal 'n goeie skoot als omdop. Vir verder skote behoort jy 'n gebonde loodkern koeël te oorweeg wat 'n beter BC het as die Oryxe. Iets soos Accubond in 140gr.
Ekself gebruik egter op dieselfde kaliber 120gr Hornady GMX'e en hulle gee uitstekende resultate. Ek het al als daarmee gejag - van Eland tot Springbok. Skootafstande het gewissel van ongeveer 200m tot oor 400m. Hulle is super akkuraat, en my 6.5x55 groepeer hulle kleiner as 'n R5 op 300m.
Hoop die inligting help.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- Jakkie07
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
my 2c
Ek dink 140gr is dalk n beter roep as n 123gr, ek het n Blou wildebees met my 6.5x55 140gr SGK geskiet, en sy het nie ver gegaan nie, skoot was 200m op die blad, ek het die koel teen die vel aan die ander kant uitgehaal, mooi omgeklink.
Na my swart wildebees met n SST raak ek nie weer aan daai goed nie. Ek het net n stukkie kopper velletjie gekry.

- tau
- Hero Member

- Posts: 3964
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Ek wil nie met Jean verskil oor ek aspris is nie. Sy informasie hou baie waarde in.
Ek het al honderde SST's en 129gr Interlocks uit my 6.5x 57 en voor dit 120gr Sierra Pro hunters wat maar dieselfde tipe koeel is.
Ek het nog nie baie NABY BOSJAG SKOTE MET HULLE GESKIET NIE Sub 50meter.
Met my 6.5x57 en 129gr interlocks het ek al Kudu, Blouwildebees, Rooibokke en Springbokke op 100m plus afstande geskiet. Een Kudu was nader. Ek dink hulle breek op, maar nie teveel soos 'n Vmax nie. Penetrasie was goed genoeg om die organe te bereik. Over penetration is nie probleem nie en hulle sit die energie binne in die bok.
EK het 600 x 129gr Interlocks vir my 6.5x57gekoop aangesien hulle 10mm groepe gee op 100m en goed werk vir my. BWB kort nie nog lood nie, lood maak hom gesond
.
As jy wel spesifiek Bosgeweer jag gaan toepas en van voor met ladings begin sou ek na die Norma Oryx kyk. EK dink die swaar loodkern koeels en 6.5 x55 /57 is 'n lekker bos lading.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
400gr Rhinos...
Al is dit nie die vraag nie

Al is dit nie die vraag nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Basie2, hier is my opinie:
In my 7 x 57 gebruik ek die 139 gr SST vir papierbokke en die 139 gr Interbond vir jag.
45 gr S 355 gee +/- 2 800 vt./ sek. met beide koeels in my 7 x 57, met 1 MOA groep op 100 m.
Ek stem saam met Jean: die SST gaan opbreek as jy 'n blouwildebees se skouerbeen gaan tref.
Bogenoemde het gebeur toe ek jare terug 'n swartwildebees koei geskiet het met 'n 130 gr PMP uit my 7 x 57.
Afstand was seker so 200 m, koei se skouerbeen af maar geen penetrasie in borskas.
Was in die Vrystaat, so opvolgskoot het die koei genadiglik neergesit.
So terloops DWB, ek het maar altyd na 'n swaarder kaliber gegaan vir blouwildebees.
Die laaste een wat ek geskiet het was met 'n oop visier 10,75 x 68 A-tipe Oberndorf Mauser.
70 gr S 335 agter 'n 350 gr Woodleigh vir 2400 vt./sek. op 50 m op die blad het goed gewerk.
Nodeloos om te se, die koeel is nie herwin nie.
Groete,
Joe
Net nog 'n ding voordat iemand 'n eier wil le: Bogenoemde ladings is maksimum ladings wat ek ontwikkel het vir my 7 x 57 en 10.75 x 68.
Die primers was nog gerond en die slotte het maklik oopgemaak, selfs op warm dae.
Moet dit nie net laai vir jou geweer nie.
Die 350 gr Woodleigh is eintlik vir die 10.75 x 73 (.404 Jeffrey), met die "crimping groove" baie nader aan die basis van die koeel.
Gevolglik was daar ekstra spasie in die dop vir meer S 335.

- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Na ek die SST punte in aksie gesien het op ‘n .308 op ‘n BW het ek hulle herdoop na :”Super Soft Tip” Baie swak penetrasie gehad, moes bok weer opvolg en in kop skiet. My 6.5 doen goed met Oryx punte nie te ver nie,of probeer dalk enige beter bonded punt in 140gr klas. JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
168gr SST uit my 308 op 60m (bladskoot) het veroorsaak dat ek die oorblyfsels van die voorkwart weggegooi het.
Ek weet van n paar jagters wat baie lief is vir hulle en nog nooit probleme gehad het nie.
Hulle is nou in my oefenpatrone.

JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Hmmm..6.5 op 'n BWB..sou dit nie doen nie, praat nie eens van daai brein skoot nie...bly eerder op die blad, is maar die veiligste, en minder stap....
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Basie2 wrote:Goeie middag,
Ek skiet huidig met 6.5x55 die 123gr Hornady SST in goeie groepering.
Vraag:
Is die punt te lig vir bwb?
Sal 140gr SST gemoedsrus koop agter die blad, of moet ek swaarder gaan? (Ek dink aan 156gr Norma punt)
Is die 125gr Nosler Partition voldoende of nie?
Die vraag is bedoel vir vêr skoot, daarom agter die blad. 0-200 sal ek gaan vir brein.
Baie dankie
Jy het my so beindruk met "huidig" (ipv huidiglik), maar toe breek jy my hart met "punt"
Sent from my iPad using Tapatalk
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Mid ‘70 in matriek, afrikaanse onnie was redelik befoeterd en ek lees graag, deesdae baie engels, maar ons het nie op skool die “punt” argument gehad nie470rigby wrote:Basie2 wrote:Goeie middag,
Ek skiet huidig met 6.5x55 die 123gr Hornady SST in goeie groepering.
Vraag:
Is die punt te lig vir bwb?
Sal 140gr SST gemoedsrus koop agter die blad, of moet ek swaarder gaan? (Ek dink aan 156gr Norma punt)
Is die 125gr Nosler Partition voldoende of nie?
Die vraag is bedoel vir vêr skoot, daarom agter die blad. 0-200 sal ek gaan vir brein.
Baie dankie
Jy het my so beindruk met "huidig" (ipv huidiglik), maar toe breek jy my hart met "punt"
Sent from my iPad using Tapatalk

Sent from my iPad using Tapatalk
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Baie dankie vir almal se insette.
Ek oorweeg nou die 156gr norma, dis ook ‘n bonded koeël, maar behoort mos dodelik te wees al is die afstand tussen 200-250m.
Die 125gr partition is ook op die lys.
Ek hou nie van ‘n bladskoot nie, my “spookbok” is ‘n gemsbok in ‘94 in Namibië, wat ek te vêr terug geskiet het met 190gr Hornady uit 3006. Afstand was +250m.
My ‘go to gun’ is 22/250 met van 40gr tot 60gr, net brein skote.

- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Ek skiet 130 grein Impala punte in die .308 en het al baie BWB met bladskoot laat val. Nog nooit n BWB verloor net daai kombinasie nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Boesman10, daardie impala mushroom mos nie, is dit nie dieselfde as fmj nie?
Persoonlik vertrou ek nie die mono’s nie. Impala maak mooi gat op papier!
Sent from my iPad using Tapatalk
Persoonlik vertrou ek nie die mono’s nie. Impala maak mooi gat op papier!
Sent from my iPad using Tapatalk
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Sluit aan hie 180gr 30 06.DWB wrote:400gr Rhinos...
Al is dit nie die vraag nie![]()
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Ek het begin met 125gr Nosler Partitions in my 260. Baie akkuraat en presteer soos geadverteer MAAR ek hou nie van die stukkie lood in my vleis nie. Het een keer te veel 'n tand gebreek daarop.
Het toe oorgeskakel na Barnes TSX. Eers 120gr TSX teen 2800ft/s en toe 130gr TSX teen 2840ft/s. Al rede vir die oorskakeling na 130gr was dat ek nie 120gr kon kry nie.
Skiet alles van haas tot eland met die kombinasie en het nog nie een bok verloor die laaste drie jaar wat ek dit gebruik nie. Laas week het 'n Voortrekkerdogter tydens 'n Voortrekkerkamp 'n blesbok op 70m geskiet en vleisskade was aanvaarbaar.
Net my 2c

Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
156gr Norma Oryx sal my antwoord wees. Ek weet egter nie hoe groepeer hulle op 200m+ afstande nie.
BWB kan jou maklik verras en homself wys op 40 tree en dan dink ek nie 'n sagter koeël teen hoë spoed is 'n goeie idee nie.
'n 140 Gameking doen ook die werk. Selfs 'n 140gr S&Bellot. Ek sou persoonlik wegbly van ligter punte af want ek skiet nie sommer 'n kopskoot nie. Ek kan nie kommentaar lewer oor goed soos Barnes tipe punte nie.

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Albertdwk
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Het 155gr Lapua Mega fac ammo uit my Howa geskiet. Groepeer sub moa op 200m.
Baie goeie punt, taai menere die, breek nie op nie maar met goeie controlled expansion. Het altyd op 150m gezero, trajek so dat jy tot op 200 nie rerig hoef te compensate nie.
Baie goeie punt, taai menere die, breek nie op nie maar met goeie controlled expansion. Het altyd op 150m gezero, trajek so dat jy tot op 200 nie rerig hoef te compensate nie.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3964
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Hoek van skoot en waar het jy die bok getref? EK besef penetrasie kan swak wees, maar dan is daar gewoonlik massiewe skade. EK het 150gr SST's uit my .308Win geskiet en StefL het 'n redlike groot Kudu met hom omgedop. Ek strei nie volle penetrasie is nie hulle job nie, Maar dan is daar gewoonlik massiewe skade tot daar waar die patroon so gemushroom het dat net sy gat stuk koper en jacket oorbly.JJV wrote:Na ek die SST punte in aksie gesien het op ‘n .308 op ‘n BW het ek hulle herdoop na :”Super Soft Tip” Baie swak penetrasie gehad, moes bok weer opvolg en in kop skiet. My 6.5 doen goed met Oryx punte nie te ver nie,of probeer dalk enige beter bonded punt in 140gr klas. JJV
Jip as jy groot been met enige loodkern koeel in die klas gaan slaan op so kort afstand gaan daar helse "bloedswam skade wees" jy gaan wel die bok optel.Ds J wrote:168gr SST uit my 308 op 60m (bladskoot) het veroorsaak dat ek die oorblyfsels van die voorkwart weggegooi het.
Ek weet van n paar jagters wat baie lief is vir hulle en nog nooit probleme gehad het nie.
Hulle is nou in my oefenpatrone.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Dink dit was so 150-200meter bladskoot, bok moes opvolgskoot kry in kop.tau wrote:Hoek van skoot en waar het jy die bok getref? EK besef penetrasie kan swak wees, maar dan is daar gewoonlik massiewe skade. EK het 150gr SST's uit my .308Win geskiet en StefL het 'n redlike groot Kudu met hom omgedop. Ek strei nie volle penetrasie is nie hulle job nie, Maar dan is daar gewoonlik massiewe skade tot daar waar die patroon so gemushroom het dat net sy gat stuk koper en jacket oorbly.JJV wrote:Na ek die SST punte in aksie gesien het op ‘n .308 op ‘n BW het ek hulle herdoop na :”Super Soft Tip” Baie swak penetrasie gehad, moes bok weer opvolg en in kop skiet. My 6.5 doen goed met Oryx punte nie te ver nie,of probeer dalk enige beter bonded punt in 140gr klas. JJV
Jip as jy groot been met enige loodkern koeel in die klas gaan slaan op so kort afstand gaan daar helse "bloedswam skade wees" jy gaan wel die bok optel.Ds J wrote:168gr SST uit my 308 op 60m (bladskoot) het veroorsaak dat ek die oorblyfsels van die voorkwart weggegooi het.
Ek weet van n paar jagters wat baie lief is vir hulle en nog nooit probleme gehad het nie.
Hulle is nou in my oefenpatrone.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
NicovanderMerwe
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Ai, ek lees net so stuk-stuk. Ek het 'n "vuurdoop" gehad op 'n slag met 'n BWB. Hom op 200m dood gevat op die blad, 180gr SST uit 'n .300Win Mag. Mooi ingegaan en die longe het maag toe gebloei. 3 ure later toe kry ek hom terwyl hy nog staan. Wou graag 'n mooi opstop gehad het, dit is hoekom ek skiet op die enjin kamer. Volgende 3 skote was soos 'n groepering op sy nek, in die middel. Deur die scope gelyk soos 'n agterplaas kraan wat oopgedraai word. Na die 4 skote. het ek eers kans gegee laat hy verder uitbloei. My skote was goed geplaas, maar die 180gr teen 2600ft/s + uit die 300Win Mag was te vinnig en te sag. Volgende keer, skiet ek hom met 'n 220gr punt met 'n meer 'bonded core, solid" of so iets. Hy is hard en taai! As jou skootplasing met 'n 123gr punt net bietjie uit is, mag jy dalk sukkel, veral in die bosveld. Dit is nog maklik hier in die Karoo, ons sien hom ver.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Ek moet sê ek deel nie julle swak ervaring met die SST’s nie.
My pa jag seker al 10 jaar met 180gr Sst in sy 30-06 teen omtrent 2680fps.
Baie wildebeeste waterbokke en koedoes geskiet en geen pyne.
Het ook al n paar beeste met 300H&H met 180Sst @omtrent 2900fps geskiet in die kop en nog altyd sukses gehad.
In my 308 het ek 165gr SST teen 2580fps gegooi en n dik koedoebul omgedop.
In al die gevalle was die vleisskade baie dieselfde as PMp ProAmm fabrieks ammo.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
My pa jag seker al 10 jaar met 180gr Sst in sy 30-06 teen omtrent 2680fps.
Baie wildebeeste waterbokke en koedoes geskiet en geen pyne.
Het ook al n paar beeste met 300H&H met 180Sst @omtrent 2900fps geskiet in die kop en nog altyd sukses gehad.
In my 308 het ek 165gr SST teen 2580fps gegooi en n dik koedoebul omgedop.
In al die gevalle was die vleisskade baie dieselfde as PMp ProAmm fabrieks ammo.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Die vraag het nie gegaan oor of 'n 30-06 met 'n SST koeël van watter gewig ook al sal werk nie, maar vir 'n 123gr 6.5 kaliber koeël. Hoekom sal jy wil waag met so 'n sagte koeël op so 'n taai bok. Daar is beslis beter koeëls as SST's beskikbaar. My advies - maak eerder van hulle gebruik en haal die waag uit die skoot.Apie wrote:Ek moet sê ek deel nie julle swak ervaring met die SST’s nie.
My pa jag seker al 10 jaar met 180gr Sst in sy 30-06 teen omtrent 2680fps.
Baie wildebeeste waterbokke en koedoes geskiet en geen pyne.
Het ook al n paar beeste met 300H&H met 180Sst @omtrent 2900fps geskiet in die kop en nog altyd sukses gehad.
In my 308 het ek 165gr SST teen 2580fps gegooi en n dik koedoebul omgedop.
In al die gevalle was die vleisskade baie dieselfde as PMp ProAmm fabrieks ammo.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Koeël gewig vir blouwildebees
Sst is nie nie sleg in terme van akkuraatheid nie en as jy gaan kopskote skiet sal dit goed werk. Waaneer bladskote die aangewese skote is sal ek liewer na n sterker punt kyk. Met die prys van wild soos dit nou is, is die verskil in prys tussen n sst en n bonded koel net te klein om die sst eers te oorweeg.