7 x 57 Mauser lading

Post Reply
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

7 x 57 Mauser lading

Post by Omnia »

Enigiemand wat kan help met begin lading op die die outjie en waste kruit ? Doen die namens 'n vriend wat ook nou wil begin laai . Hy het nog nie oor 'n punt gewig of maak besluit nie en voel net die water so bietjie .
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 7 x 57 Mauser lading

Post by Johan Nel »

Somchem se S355 is oor die algemeen maar die optimum kruit vir die kaliber, of altans in my geweer. S365 werk, maar is bietjie stadig (ontbranding) vir die kaliber. S335 werk vir die ligter greine koeëls, maar brand te vinnig vir die swaarder grein koeëls. Oor die ander "uitheemse" kruite kan ek my nie uitlaat nie.
As mens weet wat se groefdraai die loop is om te bepaal wat gaan werk, sal dit al baie help. Miskien kan jy van die tegniese inligting van die geweer deurgee?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3963
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 7 x 57 Mauser lading

Post by tau »

Omnia wrote:Enigiemand wat kan help met begin lading op die die outjie en waste kruit ? Doen die namens 'n vriend wat ook nou wil begin laai . Hy het nog nie oor 'n punt gewig of maak besluit nie en voel net die water so bietjie .
Die 7x57 staan soos die skim in die hoekie alaml verander en modify om hom en sukkel met planne etc. TErwyl hy net aanhou om maklik te laai en akkuraat te skiet met minimale recoil. Dit is seker die kaliber wat die minste lof kry of daarvoor vra.

Die ouer europeuse fabrikate in 7x57 hou van Flatbase loodkern koeëls. Loop twist mag dalk net iewers jou geig(koeël lengte) beperk).Sierra 140gr Pro HUnter of Hornady 154gr Interlocks werk mooi met S355 vir lekker veeldoelige rondte. Jy gaan nou nie 800m komp wen nie, maar jy gaan op 0-300m baie lekker jag. Jy kan verseker swaarder ook skiet, maar soos die 9.3 met 286gr is die 7x57 met 154gr dodelik vir jag en vreeslik onderskat.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: 7 x 57 Mauser lading

Post by Omnia »

Sal so oor dra baie dankie , en hoe sal julle se as hy nou beskuit op daai Hornadys 154gr , wat sal die begin lading wees op die S355 want hy is nogal redelik vollop .
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 7 x 57 Mauser lading

Post by Johan Nel »

Gaan loer solank op Somchem se webwerf. Daar is sinvolle inligting daar in terme van beginladings. Ongelukkig is dit maar redelik generies van aard, maar is 'n goeie vertrekpunt.
http://www.somchemreload.com/search?c=8&f=113
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply