Tikka T3 20 duim s/s duk loop in 243

Post Reply
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Tikka T3 20 duim s/s duk loop in 243

Post by Stefan Fourie »

Het enige lede dalk ondervinding van hierdie geweer?
Ek soek 'n geweer waarmee ek in die nag kan skiet en waar ek nie vreeslik hoef te kompenseer vir trajek nie. Dit sal wees tot omtrent 200 meter, daar waar die gemiddelde jaglig nog effektief is om 'n oog te id. Dit sal wees vir ongediertes tot springbok. Wat my aanstaan van hierdie geweer was dat hy saam met 'n kd net 'n klein bietjie langer as 'n 24" geweer is en sy balans reg is, dit voel nie of hy heeltyd wil vorentoe val nie.
Ek het redelik my mind opgemaak op 'n 22250, totdat ek hierdie geweer gesien het.
Wat boet ek in, gaan dit regtig 'n verskil maak of watter alternatief is daar.
Ek het 'n 270 waarmee ek alles skiet, maar in die nag werk die afstand skattery nie, op 100 meter skiet hy bv 4" hoog om op 200 te zero, daardie het my al 'n paar keer gekos.

Dankie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka T3 20 duim s/s duk loop in 243

Post by Arnold »

Ek sal moet kyk wat n 22-250 Ackley doen maar ek dink hy sal stout wees in n 20" kombinasie

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Tikka T3 20 duim s/s duk loop in 243

Post by Danie01 »

Vir jou doel sal ek eerder die 22-250 gaan, dalk met n 22 duim loop.

Die 22-250 gaan jy met n 22 duim loop dieselfde nodes met die 50 tot 55gr en self swaarder koele skiet as met n 24 of langer duim loop.

In n 243 is dit nie altyd die geval dat jy met n korter as 22 duim loop dieselfde node gaan slaan as met n 24 of langer loop nie.

Ek het my 22-250 herloop, dit het nou n 25 duim loop, maar ek is spyt ek het dit nie korter as 24 duim gemaak nie want ek wen geen spoed met die langer loop nie, skiet slegs teen laer druk en n korter loop sou makliker hanteer het.

Ek het albei hierdie kalibers en tussen my pa, my broer en ek het ons 2 x243 en 2 x 22-250’s en ek kan sonder om te twyfel se dat ek lekkerder met die 22-250’s in die nag skiet. Dis nou van die bakkie / skietrak af wanneer ons springbokke jag.

Maar die 243 kaliber bly maar die beter alleounder tussen die twee, veral as jy groter wild wil jag en of oor langer afstande wil skiet.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Tikka T3 20 duim s/s duk loop in 243

Post by Alwin »

Stefan Fourie wrote:Het enige lede dalk ondervinding van hierdie geweer?
Ek soek 'n geweer waarmee ek in die nag kan skiet en waar ek nie vreeslik hoef te kompenseer vir trajek nie. Dit sal wees tot omtrent 200 meter, daar waar die gemiddelde jaglig nog effektief is om 'n oog te id. Dit sal wees vir ongediertes tot springbok. Wat my aanstaan van hierdie geweer was dat hy saam met 'n kd net 'n klein bietjie langer as 'n 24" geweer is en sy balans reg is, dit voel nie of hy heeltyd wil vorentoe val nie.
Ek het redelik my mind opgemaak op 'n 22250, totdat ek hierdie geweer gesien het.
Wat boet ek in, gaan dit regtig 'n verskil maak of watter alternatief is daar.
Ek het 'n 270 waarmee ek alles skiet, maar in die nag werk die afstand skattery nie, op 100 meter skiet hy bv 4" hoog om op 200 te zero, daardie het my al 'n paar keer gekos.

Dankie
My eerste impuls is om 'n 223 aan te beveel. Die kaliber se kostes per skoot (loopslytasie ingesluit) maak hom besonders bekostigbaar. Met 'n vinniger groefdraai (1:8") kan jy swaarder koeëls ook skiet, tot ongeveer 77gn. Tot op 200m is dit waarskynlik voldoende. Verder as 200 begin die 22-250 sy voordele wes.

Jou 270 met 130gn koeëls, of dalk selfs 110gn, kan maklik ingestel word op 200m, met 'n 2" trajek op 100m, Selfde as meeste ander platskiet-kalibers. Die ekstra-vinniges kan dalk 0,5" laer tref op 100m, wat vir my nie noemenswaardig is vanaf normale skietposisies nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Tikka T3 20 duim s/s duk loop in 243

Post by tripodmvr »

Stefan Fourie wrote:Het enige lede dalk ondervinding van hierdie geweer?
Ek soek 'n geweer waarmee ek in die nag kan skiet en waar ek nie vreeslik hoef te kompenseer vir trajek nie. Dit sal wees tot omtrent 200 meter, daar waar die gemiddelde jaglig nog effektief is om 'n oog te id. Dit sal wees vir ongediertes tot springbok. Wat my aanstaan van hierdie geweer was dat hy saam met 'n kd net 'n klein bietjie langer as 'n 24" geweer is en sy balans reg is, dit voel nie of hy heeltyd wil vorentoe val nie. Jakkals skiet en voorsit vereis nie goeie balans van jou geweer nie synde jy uit 'n statiese posisie skiet. Ronddra is ook nie 'n faktor nie. 'n 243 gaan effens beter wees met voorsit met die swaarder koeëls wat jy kan gebruik.
Ek het redelik my mind opgemaak op 'n 22250, totdat ek hierdie geweer gesien het.
Wat boet ek in, gaan dit regtig 'n verskil maak of watter alternatief is daar. Jy verloor ongeveer 100 vps teenoor 'n 24 duim loop met die gewone 75-90gr koeëls. Dan skiet jy selfs stadiger met die 90gr koeëls as wat jou 270 met 130gr doen
Ek het 'n 270 waarmee ek alles skiet, maar in die nag werk die afstand skattery nie, op 100 meter skiet hy bv 4" hoog om op 200 te zero, daardie het my al 'n paar keer gekos.

Dankie
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Tikka T3 20 duim s/s duk loop in 243

Post by Stefan Fourie »

Dankie vir almal wat 'n bydrae gelewer het, waardeer dit
Post Reply