Goeie naand

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Viking.jnr
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Fri Mar 22, 2019 4:08 pm

Goeie naand

Post by Viking.jnr »

Goeie naand aan alle geweer liefhebbers.

My naam is Dirk en ek bly nou al vir die afgelope 7 jaar in Durban.

Ek hou van nonsens gesels en braai en stel geensins belang in lang aand staptoggies op die strand nie.

Ek het begin skiet toe ek 16 was en het my eerste jag geweer gekry op 18. Dis nou al so 17 jaar terug wat ek my eerste vars bokbal geeët het met so ‘n lekker bloedsousie.

Ek was vir ‘n tyd lank rustig maar nou wat ek weer moet begin engels praat moet ek maar die meeste oefening kry wat ek kan om te kan probeer inpas in Durban. Ek is oorspronklik van die Paarl af waar ek aan ‘n jag groep saam met my pa behoort het. Ek mis die lekker tye daar en is opsoek na dieselfde tipe gesprekke in Durban.

Hoop om ‘n goeie bydrae tot die gemeenskap te kan by las.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Goeie naand

Post by tripodmvr »

Bekruip ons toe laataand sien ek. Welkom. Kom gesels saam.

Ek is 'n gebore Durbaniet, maar die jagvelde was grootliks in die Transvaal toe ek begin jag het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Goeie naand

Post by Viking »

Ja laataand bekruip is Viking styl!

Jy sal die forum geniet en baie leer by kundige manne en vroue.

Hoop die Durban manne kom gou met jou in kontak dat jy goeie skietpelle kan maak.

Hou ons naam hoog daar in KZN!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Viking.jnr
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Fri Mar 22, 2019 4:08 pm

Re: Goeie naand

Post by Viking.jnr »

Baie dankie.

Kan nogals lekker raak om met ‘n paar Durban manne in kontak te kom.

Alleen skiet is nie altyd lekker nie en dis mos maar altyd goed om iemand local te ken wat kan uithelp met raad.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Goeie naand

Post by Jacquesb »

Welkom
Geniet ons forum.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Goeie naand

Post by PWV »

Welkom, Viking jr. Bly 'n klipgooi van jou pa af!
Post Reply