Ek het vandag gou my 303 se POI gaan bevestig en instel by Sahara binnehuise baan hier in Pretoria nadat ek van PMP koe?ls na Hornagy oorgestap het
Dit wil my voorkom as jy eers 'n geweer het wat mooi saamwerk gee hy nie om wat jy hom voer nie.
Ek het begin in Feb. met PMP 174SP koe?ls gelaai voor S335, Verander toe na S341 en beide skiet onder 1" op 100m.teen 2350vt/s
Koop toe Hornady 174 RN .312" koe?ls. Laai hulle weer voor S341 met 1gr minder as PMP 174 SP net om seker te maak drukke pla nie. Wel daar skiet ek weer onder 1" op 100m. met die lading teen 2300ft/s
Haal laaste 19 nuwe doppe uit wat gelaai is met 160gr loodkoe?ls .311" met GC's op sodat ek kan fire form. Jaag hulle deur die loop met 11gr. S221 uit die Uniflow en pistool primer. Skiet hulle so 10" laer as die Hornady's maar kry weer 'n groep van net onder 2" op 100m.
Lyk my as jy 'n geweer het wat lekker skiet kan jy maar enige iets in sy keel druk en die gaan mooi groeppe gee. Ek het gedog dat dit ek is wat mooi herlaai maar dit lyk my ek is maar net BAIE gelukkig om so lekker geweer te kon koop.
Peet


