Uithaal van binnegoed?
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Uithaal van binnegoed?
Manne ek het so vragie rondom die uithaal van binne goed terwyl jy nog in die veld is.
Ek weet van die tegniek on dit te doen as die bok hang in die kamp maar het nog nooit gesien hoe dit gedoen word terwyl jy in die veld is nie.
Ek weet dit sal beter wees om dit te sien maar kan iemand my dalk net so gou vertel hoe dit gedoen word terwyl die dier op die grond l??
Wanneer sal julle aanbeveel om dit in die veld te doen en wanneer kan ek wag tot by die kamp?
Dankie
Peet

Work to live, don"t live to work
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Dis inteendeel baie maklik en kan vinnig gedoen word agv die pens wat nog nie opgeblaas het nie, sny van die geslagdeel oop tot by die bord been, trek die pens uit en sny die vliese wat die ingeswande/penss vas hou af en trek die pens uit, sny die dik derm waar hy na die anus toe gan af naby as moontlik aan die anus, trek dit ook kant toe en uit, pasop net die blaas asb, as hy skeur is da probleme, sny dan die sluk derm so ver moontlik na aan die hart long area af en jys gewax, jou bok verloor ook dan sommer 15-20% van sy geswig en is makliker om te laai en vervoer. Let we'll, die mag onsettend baie vliee lok en die bok moet vinnig by koelkamer kom.
Dalk doen ek dit verkeerd, iemand het dalk beter manier.
Dalk doen ek dit verkeerd, iemand het dalk beter manier.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
- BLOUVALKIE
- Sr. Member

- Posts: 267
- Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
oom hugo
ons doen dit dieselfde manier en het nog nooit probleme gehad nie
party boere hou nie daarvan in die veld nie dan moet ons dit maar by die skuur of slagkamer doen
my pa s? as mens te lank wag dan kan jou vleis na pens mis ruik
groete
BLOUVALKIE

HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
As die pens nie stukkend geskiet is nie, sny die buikvel oop vanaf die bors tot agter by die bene. Nou kan die pens uitbult na buite as dit opblaas en die gas besoedel minder van die buikholte. As dit jou erns is maak soos hierbo en haal die binnegoed uit. Met radiokontak en vinnige afhaal van die wild werk die eerste metode baie goed. (Minder as uur vanaf dood na geslag)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Hugo nes jy daar se - ek wysig net effensHugo wrote: Dis inteendeel baie maklik en kan vinnig gedoen word agv die pens wat nog nie opgeblaas het nie, sny van die geslagdeel oop tot by die bord been, trek die pens uit en sny die vliese wat die ingeswande/penss vas hou af en trek die pens uit, sny die dik derm waar hy na die anus toe gan af naby as moontlik aan die anus, trek dit ook kant toe en uit, pasop net die blaas asb, as hy skeur is da probleme, sny dan die sluk derm so ver moontlik na aan die hart long area af en jys gewax, jou bok verloor ook dan sommer 15-20% van sy geswig en is makliker om te laai en vervoer. Let we'll, die mag onsettend baie vliee lok en die bok moet vinnig by koelkamer kom.
Dalk doen ek dit verkeerd, iemand het dalk beter manier.
Breinskoot - kom so vinnig as moontlik by bok en sny nek slagare af - die hart klop nog gewoonlik en bloei dan pragtig uit
Laat die bok altyd op sy regtersy le - haal om een of ander rede makliker uit. haal derms en pens uit met hand. Ek sny niks nie, te bang ek kry ongewensde sappe in karkas - ryg met hand sover as moontlik die laaste drolletjies terug in derm en trek met hand af. Sny die keel af en trek die slukderm sover as moontlik ook uit deur die derm te vat aan bokant van maag en vaskop en trek... Werk baie maklik met klein bokkies maar kudu moet maar vasvat. Dit help baie dat geen maagsappe in karkas kom nie. As nie uitgebloei is nie sny ek die are teen die rugstring oop (oppas net vir die fillets!)
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Uithaal van binnegoed?
mjk
ek stem goeie metode daai het ook al daai ding vd regtersy gesien werk goed om een of ander rede.
kan ook byvoeg die manne moet maar versigtig wees vir die galblaas ook hy kan ook groot sports maak as jy hom dalk breek of raaksny ons haal hom sommer net daar in die veld versigtig af
2c
pitsmit

Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Ons haal altyd die binne goed in die veld uit en begrawe dit.
Ons vat sommer 'n paar vleis hakke saam wat ons aan die bakkie se tralies haak om die bok op te hang.
Dan staan jy op die grond en haal die binnegoed uit of jy kan hom in 'n boom hang.
Jy moet net die klap toe maak anders is die bak agter ook vol bloed.
Die bok bly sommer so hang en net sy kop en voorlyf word vasgemaak vir die rondswaai aksie as ons ry.

Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
-
Ambessa
Re: Uithaal van binnegoed?
Hallo MJK
Ambessa
Die retikilum (ruitjiespens), rumen (grootpens), omasum (blaarpens) en abomasum (melkpens) van bokke (herkouers) l? almal effens meer aan die linkerkant van die abdomen (buikholte). Die derms (dunderm en dikderm) l? weer maar nader aan die regtersy. Daarom is dit makliker om die pense (groot-, ruitjies-, blaar- en melkpens) te verwyder as die bok op regtersy l?.MJK wrote:...Laat die bok altyd op sy regtersy le - haal om een of ander rede makliker uit. haal derms en pens uit met hand.
Ambessa
- BLOUVALKIE
- Sr. Member

- Posts: 267
- Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
jinne oom ambessa watse taal het oom nou gepraat

ons haal sommer net die bok se gewone pense uit hehehe
ons haal sommer net die bok se gewone pense uit hehehe
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
-
Ambessa
Re: Uithaal van binnegoed?
Hallo Blouvalkie

Ambessa
...'n man moet maar die tale gooi as hy kan sou ek s?...BLOUVALKIE wrote:...watse taal het oom nou gepraat![]()
![]()
... ...ons haal sommer net die bok se gewone pense uit
Ambessa
- BLOUVALKIE
- Sr. Member

- Posts: 267
- Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
ek grap net oom watse werk doen oom is oom dalk 'n dokter
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Dankie almal, dit het makliker gegaan as wat ek gedink het.
Ek wil net 1 ding uitklaar, ek het sevra van die pens en derms, so is ek ook geantwoord. Nou ek neem aan die hart en longe sal dan nog steeds in die dier wees en dan eers by die kamp verwyder word??
Peet
Ek wil net 1 ding uitklaar, ek het sevra van die pens en derms, so is ek ook geantwoord. Nou ek neem aan die hart en longe sal dan nog steeds in die dier wees en dan eers by die kamp verwyder word??
Peet
Work to live, don"t live to work
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Uithaal van binnegoed?
peet
heeltemal korrek. die harslag soos hulle die voorste groceries noem maak niks aan die bok nie. dis maar net die pens wat moet uit sodat hy nie die vleis bederf met n reuk nie. die harslag is dan ook gewoonlik die slagters volk se ete en beloning vd slag en hulp hulle hou erg baie van die goed
heeltemal korrek. die harslag soos hulle die voorste groceries noem maak niks aan die bok nie. dis maar net die pens wat moet uit sodat hy nie die vleis bederf met n reuk nie. die harslag is dan ook gewoonlik die slagters volk se ete en beloning vd slag en hulp hulle hou erg baie van die goed
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Dankie Pitsmit, so leer ons stap vir stap, amper soos die leeu loop

Peet
Peet
Work to live, don"t live to work
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Soos die meeste manne, haal ek ook net die binnegoed in die veld uit. Moet net nie daai vetdermpie heel afsny nie! Ryg sy inhoud na die pens se kant en sny dan daar af. Dis mos nou die pofaddertjie wat jy met lewer in gaan braai! Met voorsitjag, moet jy maar daai karkas onder bos insleep sodat hy nie in die son l? totdat dit opteltyd is nie. Bietjie peper in die oopgesnyde pens help om die brommers weg te hou. Het julle al agtergekom hoe vinning daai goed versamel asof uit n?rens?? Hulle moet bleddie goed kan ruik!
Met 'n hart/longskoot sny ek ook die diafragma sodat al die bloed wat in die borsholte l? ook kan uit.
Met 'n hart/longskoot sny ek ook die diafragma sodat al die bloed wat in die borsholte l? ook kan uit.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Maskas Ambessa!
Thanks! Nou weet ek ook. Sal egter nog steeds nie kan onderskei nie! Virrie brommers - vat maar swart sak saam en dres die bok daarmee - geen probleem dan verder nie?? Waar gewoonlik jag is te koud met nie daardie probleme nie

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Menere
My ondervinding is dat jy nie die pens te groot moet oopsny nie en nie die anus in die veld moet oopsny nie. Dit maak net meer plek wat jou vleis kan vuilmaak.
Ek haal ook nie sommer die harslag( longe hart ens ) uit in die veld nie behalwe as daar rede is soos gaan lank in die veld bly of daar het pensmis ingekom.Die pens en derms moet uit so gou moontlik.
Ek het eendag n koedoe gekry wat gevrek het in n draad terwyl dit sneeu. So dit was vrek koud. Sy het nie opgeblaas sooos n gewone dier nie ( koue?)Teen die oggend toe ons haar kry was sy reeds koud en toe ons haar oopsny kon jy ruik als is nie soos dit moet wees nie. Dit is asof die pensreuk deur alles trek.
Ek hou ook nie daarvan om die keel af te sny nie. Ek sny die slagaar af binne by die fillets. Pas op dat jy die die fillets stukkend sny nie.My keel bly heel. Iets wat ek by die trofee jagters geleer het.
Dit is nuttig om n "guthook" mes te he.
Die verklaring vir die regter sy maak sin en dit werk regtig makliker.
Vleis wat nie behoorlik uitgebloei het nie raak makliker vrot en het n ander kleur en smaak.
Frikkie

Cradock
- Vaalboer
- Full Member

- Posts: 168
- Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Ons haal ook die pensgoed uit in die veld en sny die rugare aan die binnekant. Dit maak definitief 'n verskil aan die kwaliteit van die vleis.
Maar 'n ander ding... het julle gesien hoe werk daai derms nog as die spulletjie uitgeslag is en langs die bok l?? Nou weer gesien met die gemsbokke uit die Kalahari...
Maar 'n ander ding... het julle gesien hoe werk daai derms nog as die spulletjie uitgeslag is en langs die bok l?? Nou weer gesien met die gemsbokke uit die Kalahari...
Happiness is... a warm gun!
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Uithaal van binnegoed?
Yup! Ambessa jy het dalk verduideliking?Vaalboer wrote: Maar 'n ander ding... het julle gesien hoe werk daai derms nog as die spulletjie uitgeslag is en langs die bok l?? Nou weer gesien met die gemsbokke uit die Kalahari...
Peristaltiese bewegings soos hierdie ouditeur dit verstaan
Groete