Het so bietjie n juk in my gat wat ek baie graag wil krap en hiers nie n doring tak naby nie.
Meeste van ons het n paar kalibers wat vir verskillende aplikasies bedoel is. Bv. Ekt n 223 Ackley vir die ongedierstes, uitskiet en kleiner wild, dan alhoewel die 7x64 baie veelsydig is laai ek 154gr Interbonds vir vlaktes dan het ek die 8mm-06 wat swaarder punte stadiger skiet net vir die bos.
Die die afstande wat ons gewoonlik in die bos skiet wissel van 20m tot n baie selde 200m op die lang plaas. Meeste van die jagters deesdae het n teleskoop op hulle bos gewere, ek ingesluit, maar ek het so bietjie gaan dink...waarvoor soek ons n teleskoop op n bosgeweer?
Kom ons kyk na n paar voordele en nadele van teleskoop en oop visier as ek n paar mis las asb by
Teleskoop voordele
Jy kan fyner mik
Jy kan in swak lig nog n skoot vat
Mense met swak sig kan n kruishaar kry wat hulle pas asook die doipter stel volgens hulle oë
Teleskoop nadele
Baie duur
Kan dalk uitgestel word as gestamp word
Kan nie so gou op teiken kom nie
Gewig, as n man in die bos stap wil jy so lig as moontlik dra
Oop visier voordele
Kom gewoonlik saam die geweer so geen adisionele kostes
Word nie maklik uitgestamp nie.
Geweer is ligter, minder goed om aan digte bos vas te haak.
Kan baie vinnig op teiken kom. As mens genoeg oop visier skiet dan is dit outomaties as jy die geweer optel dat jou korrel en visier opgelyn is. Dit maak opvolg skote op jou tjommie se kwesbok baie maklikker
O amper vergeet ek....geen halfmoon klub nie
Oop visier nadele
Kan nie so fyn mik soos met n skoop nie
Moeilikker om korrel en vissier in swak lig te sien
Geen verstelling vir mense met swak oë nie
Lyk nie so cool nie
Vir n geweer wat net vir bos jag bedoel is, het die oop visier baie meer voordele as die skoop, mits jy gaan oefen en vertroud raak met jou geweer.
Ek dink dat ek die seisoen die skoop van my pragtige volkolf Brno gaan afhaal en hom skiet soos ons geleer het.
Wie skiet huidiglik so?


