243 of 270

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 243 of 270

Post by Arnold »

As ek moes kies sou dit 'n 270Win wees, hierdie is 'n excellent kaliber.

Die 7X64 is goed en kan beslis meer as die 270Win doen, maar vir 'n eerste geweer sonder dat jy self herlaai sou ek die 270 aanbeveel.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 243 of 270

Post by .::Alwyn-U::. »

Dit is jou eerste geweer soos ek verstaan (jou eie een). so ek glo nie julle herlaai nie, dan is die 270 die antwoord.

Lat weet ons wat jy gekies het.

Groete
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: 243 of 270

Post by Fanie Nel »

2.1 ek stem saam met raven koop vir jou die tikka vamint in die 270 die geweer het lekker swaar loop

groete
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 243 of 270

Post by .::Alwyn-U::. »

Feite, die varmint het mos 'n 20mm loop of iets..
2.1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Tue Jul 05, 2011 12:49 pm

Re: 243 of 270

Post by 2.1 »

Dankie vi almal se bydrae sover. Sal biekie die tikka 270s deur kyk. Wil die naweek gan shopping doen, n paar gewere optel en voel watter een pas by my.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 243 of 270

Post by WillemS »

2.1

My eerste geweer vas ook 'n 243 wat ek by my Pa gekry het, en hy was lank al geweer want ek het net springbok geskiet! Toe ek meer begin jag as op skool en daar ander wild soorte as springbok op die lys begin kom het en vir my 'n 300 gekoop!

Die 243 is uitstekende geweer, maar dit kan nie die enigste kaliber in jou kluis wees nie, want hy gaan jou baie geld kos as jy groter wild wil skiet in snaakse jag omstandighede! 'n Koedoe of Gemsbok laat nie altyd 'n kopskoot toe nie!

Koop eerder vir jou die groter kaliber en skiet als en later 'n spesialis platskiet kaliber waarvoor jy ordentlik gespaar het!

Klink  my dis maar dieselfde as wat almal sou doen!

Willem 
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: 243 of 270

Post by PITSMIT »

2.1

vat die 270 jy gaan nooit spytwees nie iemand hier het gese die 270 kan doen wat die 243 kan maar nie andersom nie en hy is heeltemal reg.

ek skiet self 270 en 308 en het al n paar maal gesien hoe ouns met n243 se springbokke gesoek en gedood moes word omdat sy slaankrag op n ver afstan nie genoeg is vir daai ligte puntjie nie.

hier is my ge weer se specs

140gr sst
52.1gr s365
tpl 82mm
2920v/sek
trajek  37m zero        +30mm 0p 100-125m  val 228mm op 300m

ek dink dis voldoende om jouself mooi te kan help tot op daai afstand met enige bok tot by kudu

sterkte met jou keuse

pitsmit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: 243 of 270

Post by sakkievanheerden »

2.1
Ek het 243 sako en 270,gebruik 243 amper net om jakkalse te skiet deesdae.Ek het al n kudu met my 243 geskiet, maar was gelukkig n nekskoot net onder die kop en was so op 200m.Ek dink mens vat n KANS om kudu op ver afstand met 243 te skiet,en gekweste kudu kan vir jou n paar plase laat plat loop.As die grootste n kudu is wat jy gaan skiet sal ek 270 vat lag lag,ek skiet baie lekker met myne springbokke tot kudu.Ek is baie lief vir al 2 my gewere,maar kudu skiet verseker 270 sal ek se.Dis nie sommer elke janrap en sy maat wat op 300m met 243 kudu vir kudu gaan plat skiet nie(dit sal op daai afstand elke keer n kopskoot moet wees).Ons het ook kudu ek weet,hulle kan soms taai wees as jy hom nie mooi skiet nie.As dit ek was wat die keuse moes maak sou ek 270 vat en maar n paar rand afknuip en die SAKO vat.
Sterkte
Sakkie van Heerden
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 243 of 270

Post by Jagtersdok »

;D ;D ;D ;D ;D

ek lag altyd so as die manne s?" Jou skootplasing moet net reg wees"

Boys boys boys dit is met enige geweer so, tot met G6 kanon.
Die vraag wat jy jouself moet vra is wat wil ek met die geweer doen?

Ek skiet al2 die kalibers en nog 300, 375 en paar ander goeters ook en ek sal lag lag s? my 270 is nr 1 finnish en klaar.

Ek het al als met hom geskiet, Duiker, springbok, blesbok, rooibok, waterbok, gemsbok, BWB, koedoe, eland koei deur die knoppe. Nog nooit iets gemis of gekwes met my eie 270 nie. Als 1 skoot doodskote, afstande tussen 50meter en 480meter.

As jy laai dan kan jy daai lekker ligte monometaal jobbies van oom Gerhard stoot hoor ek teen so 3500ft/sec en die 150 of 140gr koele teen so omtrent 3000ft/sec.

Wat alrounder betref sal die 270 altyd goeie keuse wees. Jy kan sy trajek platter maak as 243 met 100gr koele en met 150gr kan jy maar lekker in die bos gaan speel ek sien daar is nou 160gr koeel ook uit vir hom.

Gaan Safari Outdoor toe
Koop die Tika 270 en Sit Zeiss Duralyte 3-12x50 Scope op en dan kom jy by die Sako se prys. Jy sal vir altyd met daai geweer skiet
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: 243 of 270

Post by PITSMIT »

+1 dok
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 243 of 270

Post by .::Alwyn-U::. »

Jagtersdok wrote: Gaan Safari Outdoor toe
Koop die Tika 270 en Sit Zeiss Duralyte 3-12x50 Scope op en dan kom jy by die Sako se prys. Jy sal vir altyd met daai geweer skiet
Goeie idee dok maar S&O is bietjie duur vmy smaak MET GEWERE... dink julle nie so nie?

Groete
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 243 of 270

Post by Jagtersdok »

Ek dink nie, hulle pryse lyk vir my beter as die ander manne met wie ek al vergelyk het,
Ek is ook seker as jy 'n kwotasie het van 'n prys en gaan praat met die manne kan hulle vir jou plan probeer maak
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 243 of 270

Post by .::Alwyn-U::. »

Daarmee kan ek nie stry nie! Hulle is baie hulpvaardig en kan altyd plan maak vir 'n man.

S&O is nog cheap teen oor 'n plek in PE (ek gaan nie name noem nie). Hulle vra R32K vir 'n sako 85... waar hulle in S&O gan vir omtrent R24K of so iets..
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: 243 of 270

Post by pietjacobs »

Dok jy kon dit nie beter stel nie. Ek se mos, daai .220 Swift kom maar min uit die kluis maar die .270 is amper nooit in die kluis  ;D
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 of 270

Post by tripodmvr »

Julle wil maar nie terugkeer na jul Europese voorsate nie. Die 7x64 het die 270 met 'n hele paar jaar voorafgegaan en is 'n madoda. Die Amerikaners maak wel beter vuurwapens as motorkarre - dis al wat ekan s?. As dit by teleskope kom sien ek dat die neiging na Europa tog daar is
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: 243 of 270

Post by BLOUVALKIE »

oom tripod

ons sukkel nie om ordentlike doppe en patrone vir ons 270 te kry nie maar 'n skewe x 64 ai ai ai .........

dalk kan oom ook eendag geld he vir 'n goeie geweer soos 'n 270 dalk  ;D ;D
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 243 of 270

Post by Jagtersdok »

Valkie

Oom Dok kan ook net nie vat kry in daai Skewe by 64 Brekerig nie ;D ;D ;D
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: 243 of 270

Post by BLOUVALKIE »

hahaha oom Dok goeie een dis 270 of los dit ;D
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 of 270

Post by tripodmvr »

Ek sien julle maak nie graag melding van die 270 se vleismeul eienskappe nie. Kies die verkeerde koe?l en en skiet bladskoot en jou karkas is bebloed van neuspunt tot kwaspunt.

Die skewe mm is soos 'n skalpel. Los dit vir die slaghuis om die werk te doen van vleisvoorbereiding.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 243 of 270

Post by Armand Steenkamp »

Ek dink persoonlik nie dat daar veel verskil aan vleis skade gan wees as jy altwee met 150gr punte laai nie.
Die 2 kalibers is balistiese tweelinge van mekaar.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: 243 of 270

Post by Dewie »

Hallo oom

Ons het nie 1 van die gewere nie maar ek dink die 270 sal die antw wees

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 243 of 270

Post by fanie17 »

2.1
Jy wil duidelik n goeie geweer koop wat in die toekoms in n reeks kan in pas.Ek sou dan eerder na n 30.06 kyk as n eerste geweer.Asjy na sy balisties kyk kan jy werklik baie meer doen.Daarna kan jy dan n 223, 243, 300wm, 375 koop en almal maak sin.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: 243 of 270

Post by PITSMIT »

tripod

ons 270 manne skiet met n ware 7mm julle manne skiet met n 7.2mm as ek reg onthou ??? ;D
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 243 of 270

Post by Jagtersdok »

Ja Pitsmit jy is tegnies in die kol hehehe.

30 06 is glad nie slegte keuse nie, behalwe dat elke 2e poephol een het ;D en hy nie so great kaliber is as wat almal hom afmaak nie. maar as allrounder werk hy ook baie goed, op fie verskote raak sy asem ook maar bietjie op want die manne skiet gewoonlik die swaarder koele met hom. As jy bly by die 165gr werk hy mooi
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 of 270

Post by tripodmvr »

Dankie vir die lekker stry. My siening is dat vanaf 270 tot 303, met al die 30 kalibers tussenin, is veilige kalibers om in te bel? en hulle sal al die boksoorte in SA huis toe bring. (Skiet net goeie skoot). Ons kan dus s? dat al die mediumkalibers is veelsydig.

Ek is baie lief vir my 243 en hy skiet bo sy papiervermo?, maar ek is lugtig om hom in die bos te gebruik. Op die vlakte moet die bokke wyd staan. Daar kry jy makliker 'n kwesbok.

Die 8mm en op is by uitstek lekker in die bos. Nuwe koe?l tegnologie maak hulle egter al hoe meer veelsydig. Vriend van my is baie be?ndruk met sy nuwe springbokgeweer - 375 met 200gr Impalas.

Geniet julle skietgoed.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply