Lynx Multi Max ringe

Post Reply
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Lynx Multi Max ringe

Post by Neels Louw »

Goeiemiddag almal.

Ek wil net hoor of iemand al die Lynx Multi Max teleskoop ringe gebruik het. Ek stel belang in die met die 20 MOA inserts om n bietjie meer "elevation" te kry. Ek het Thor basisse op my aksie en verneem dat die Lynx ringe sal werk.
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Henna308 »

Middag Neels

Ek het van hulle op 'n Sabatti 6.5x47 gehad. Kan nie sê daar is fout met hulle nie. Kon nogal ver geskiet kry met 'n Vortex Viper teleskoop sonder dat ek uit clicks uit gehardloop het.

Groete
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by wlm »

Neels
Ek het van die ringe op 3 gewere. Dit is seker nie so in die mode soos 'n "rail" nie, maar werk uitstekend. Jou Thor basisse is reg, maak net seker dat jy, tydens montering, die belyning van jou teleskoop met jou loop perfek doen.
Pm my as jy verder daaroor wil praat.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by wlm »

Ek sal die "belyning" verduidelik hoe ek dit verstaan en doen. Sit 'n silinder wat "true" is m.a.w. presies die regte dikte en presies reguit in jou teleskoopringe. Deur van horisontale loodlyne deur die silinder se koppe gebruik te maak stel jy nou die ringe sodat die silinder en die loop presies parallel is. Vervang dan net die silinder met jou teleskoop in die ring.
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Neels Louw »

Wim, het joune die 20MOA inserts? Gaan hulle nie die scope n bietjie aan die agterkant lig nie. So hy gaan nie parallel met loop le nie. Of verstaan ek die inserts verkeerd?
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by wlm »

Jy verstaan reg. Enige ringe of "rail" wat jy aanbring met die doel om verder te kan skiet gaan noodwendig beteken dat teleskoop skuins gaan sit m.b.t die loop.Jou teleskoop gaan dus of agter lig of voor laer wees.

Jy kan dit mos nou maklik reg kry deur 'n "shim onder die agterste montering. Die probleem is dan dat jou ringe dan nie meer sak oplyn nie. Jy sal dus die teleskoop se buis buig met die ringe se vasbraai.

Die inserts lig dus die teleskoop se agterkant (of laat sak die voorkant of doen albei) en belyn teselfdertyd die teleskoop binne-in die ringe.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by wlm »

Die teleskoop moet nog steeds op 'n horisontale vlak so na aan parallel met die loop wees as moontlik.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Hercules Louw »

Hallo Neels

Die ringe werk uitstekend en gee jou baie opsies. Die ontwerp maak dat dit ook uitstekend werk in gevalle waar die basisse nie perfek belyn is nie soos bv. met die ou Mauser aksies. Die ringe kan 25mm of 30mm inserts neem. Dan kom die inserts in 0 moa, +-10 moa en +-20 moa vir beide 25mm en 30mm. Deur die regte kombinasie van inserts kan jy dus jou scope met enige van die volgende waardes belyn - 0moa, 10moa, 20moa, 30moa of 40moa.

Toets net eers jou scope met die hudige montering en kyk hoeveel moa jy dit kan afstel voor dit stop. As jy 25 of meer moa kan afstel, koop dan een stel inserts (een boonste en een onderste helfte) in +-20moa, en die ander stel in 0moa. Indien jy minder as 25moa kan afstel, koop dan een stel in +-10moa en die ander in 0moa.

Die doel van die ringe is juis om die scope teen 'n hoek ten opsigte van die loop (vanaf die kant gesien) te monteer sodat jy die scope se volle vertikale verstellings kan benut. Wat somtyds kan gebeur is dat 'n persoon 2 stelle 20moa koop wat dan in efffek 40moa hoek gee, en dit kan veroorsaak dat die scope nie op 100m kan zero nie. Moet nie spacers onder die ringe of basisse sit nie.

Die beste praktyk is ook om die scope se horisontale verstelling so na as moontlik in die middel te kry deur eers met die ringe se skroefies die belyning te doen en daarna die scope net met 'n paar klieks in te stel.

Ek sou ook aanbeveel dat jy Lynx basisse gebruik, die huidige kwaliteit is baie goed en dan is jy seker dat die studs presies reg sal pas in die ringe.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by wlm »

Neels
Daar praat die "groot hond" nou. Dankie Hercules, jy verduidelik beter as ek. Die manne by Lynx is baie gewillig en en behukpsaam as jy hulle kontak.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Dries101 »

Werk great op my 300WSM se RSA aksie- hulle is berug vir nie mooi plat en haks wees nie en die multimax sorteer daai issue mooi uit. Ek gebruik die 10 moa ringe en sal wanneer ek eendag uit clicks uithardloop dalk die 20moa koop. Ek is piekfyn tot op 1k gonge en het al suksesvol gejag to op 650m.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Neels Louw »

Baie dankie vir almal se insette sover. Ek is bietjie dom om te bepaal watter inserts ek gaan nodig he, so ek gee my setup as julle my asb daarmee ook kan help.

Ek het n Nikon Monarch 3, 6-24x50 met n 1" buis op Thor basisse gemonteer. Die teleskoop het 1/8" verstelling en net 30 MOA interne verstelling. My elevasie stel uit op so 270m. Ek wil darem so by 600m probeer uitkom. Sover lyk die Multi Max ringe vir my as die mees koste effektiewe oplossing sonder om nou n Picatteny rail en nuwe ringe te gaan opsit of om n nuwe teleskoop te koop. Ek waardeer julle hulp en terugvoer.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Dries101 »

Vat die 20moa
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Hercules Louw »

Een stel 0moa inserts, en een stel +-20moa inserts behoort die ding te doen.
Toets net eers jou scope met die huidige montering en kyk hoeveel moa jy dit kan afstel van jou 100 zero voor dit stop. As jy 25 of meer moa kan afstel, koop dan een stel inserts (een boonste en een onderste helfte) in +-20moa, en die ander stel in 0moa. Indien jy minder as 25moa kan afstel, koop dan een stel in +-10moa en die ander in 0moa.
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Neels Louw »

Hercules, as ek beide ringe 20MOA vat, sal ek gevaar loop om nie op 100m te kan zero nie?
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Hercules Louw »

Net so.
Jou scope het net 30moa in totaal om te verstel. As jy voor en agter +-20moa inserts gebruik dan het jy 40moa verandering gemaak en sal jy waarskynlik nie jou scope nader as 400m kan zero nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Alwin »

Neels Louw wrote:Hercules, as ek beide ringe 20MOA vat, sal ek gevaar loop om nie op 100m te kan zero nie?
Die "inserts" is redelik goedkoop, dus kan jy maklik ekstra koop indien nodig. Miskien sal die handelaar dit ook omruil?

As jy bv. 2 stelle met 10 MOA offset kan vat, dan jy kan jy die een stel omdraai en 20 MOA kry, of beide in die selfde rigting draai en 0 MOA kry. Daar is baie verskillende moontlike kombinasies en permutasies.
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Neels Louw »

Ek verstaan die konsep en gelukkig is die inserts nie baie duur. Ek sal gaan vir die 0 en 20 MOA inserts. Dankie vir almal se terugvoer. Ek glo my probleem is opgelos. Nou net om n handelaar in die Kaap te kry?
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Dries101 »

[quote="Neels Louw"]Ek verstaan die konsep en gelukkig is die inserts nie baie duur. Ek sal gaan vir die 0 en 20 MOA inserts. Dankie vir almal se terugvoer. Ek glo my probleem is opgelos. Nou net om n handelaar in die Kaap te kry?[/quote

Kontak die verspreider hulle sal vir jou se wie het vooraad. Dit is wat ek gedoen het
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Neels Louw »

Hallo manne

Ek volg net op aangaande my post van Februarie. Ek het toe n stel Multi max ringe gekry met n stel 0 taper inserts asook n stel +-10 MOA en n stel +-20 MOA.
Ek wil die 10 en 20 MOA gebruik om te kyk hoeveel elevasie ek kan kry maar is onseker hoe ek die inserts moet insit. Die supplier by wie ek gekoop het die volgende aanbeveel.
Agterste ring: +20MOA insert onder en 'n -10MOA insert bo
Voorste ring : -20MOA insert onder en 'n +10MOA insert bo

Die setup se doel is om n maksimum van 30MOA elevasie by te kry. Kan julle my help en se of die setup reg is vir wat ek wil behaal en indien nie, wat is die regte setup dan?
As iemand my ook net kan help met die torque settings op die skroewe. Dit sal wees die skroewe van die basisse, die grub screw wat ring op basis vasskroef en dan die van die ringe. Elke ring het 4 skroewe.

Ek waardeer julle terugvoer en jammer vir die Engelse terme tussenin.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13639
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Capt. Yoda »

Het iemand dalk n foto van die ringe en dalk hoe hulle op die basies vas kom? Ek soek vir 2 CZ's en n Musgrave die tiepe ringe, roere het klaar Lynx basis en ringe op maar ek soek met inserts
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Neels Louw »

Hallo Captain

Die ringe pas presies dieselfde as standaard ringe (die stud tipe), maar die ring self verskil omdat dit gemaak is om die inserts te vat. Ek is nog nie so lekker op standaard om fotos te laai nie maar as jy vir my jou sel nommer kan stuur dan WhattsApp ek met graagte n paar fotos. Die ringe is net klaar op my geweer maar ek het n stel los inserts.

Ek hoop dit help so n bietjie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13639
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lynx Multi Max ringe

Post by Capt. Yoda »

Neels, baie dankie dit is al wat ek wou weet, ek sal n paar van hulle soek voor ek die gewere om n bakkie se hak buig
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply