Koos.Barnard nuwe profiel
-
Koos.Barnard
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Fri Feb 01, 2019 8:01 am
Koos.Barnard nuwe profiel
Dagsê
Toe ek vanoggend op Jaracal inskakel vind ek uit dat ek glad nie kan in log nie. Probeer op die normale manier maar niks werk nie. Stuur 'n e-pos aan Jaracal en die password wat hulle aanstuur wil glad nie werk nie. Iewers doen ek seker iets verkeerd. So toe begin ek maar 'n nuwe profiel. My username het nou net 'n punt tussen my naam en van. Ek is steeds Koos van SA Jagter-tydskrif.
Mooi loop

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Omskakeling van http na https?
O, en welkom terug Koos
O, en welkom terug Koos
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Ja, Koos, vandat geldwassery en aliasse en adresveraderinge deur die Zondo-kommissie blootgele is, is dit seker beter om ontslae te raak van 'n mens se ou profiel! 
-
Koos.Barnard
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Fri Feb 01, 2019 8:01 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Ja nee PW ek duck en dive nou maar!!! Hê-hê
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Stel jou asb opnuut voor, Koos met 'n punt. O-ja, en dui jou ligging aan in jou profiel.

-
Koos.Barnard
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Fri Feb 01, 2019 8:01 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Goed .270. My naam is Koos en ek is deesdae 'n .270 fan. Dis die enigste goeie kaliber wat ooit bekend gestel is. My ou .30-06 wat my jare lank getrou gedien het is drek... hoe sê hulle nou weer: "Elke tweede p..l, ek bedoel swaap het een."
Mooi loop
Mooi loop
-
Koos.Barnard
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Fri Feb 01, 2019 8:01 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Ek duck en dive dan nou juis onder 'n skuilnaam... dan kan ek mos nie my ligging bekend maak nie.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Koos met 'n punt, ek het jou onlangse artikel gelees oor die .270 en hoe jy uiteindelik na soveel jare bieg dat hy net so doodskiet soos ander "meer gewilde" kalibers. Bly jy het gehelp om die kritici stil(ler) te maak. 
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
tripodmvr wrote:Omskakeling van http na https?
:
Ek dink Marius het dalk n punt beet
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
terven
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Fri Jul 06, 2012 9:52 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
270 in die volksmond is n BIETJIES-BIETJIES geweer......
BIETJIES te groot vir voels en
BIETJIES te klein vir bokke......
BIETJIES te groot vir voels en
BIETJIES te klein vir bokke......
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13646
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
hahaha net reg vir honde
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Charles7x57
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
"30-06 wat my jare lank getrou gedien het is drek... hoe sê hulle nou weer: "Elke tweede p..l, ek bedoel swaap het een."
Ek het meer van die ou oom Koos gehou toe 30-06 nog goed was.
My profile het presies dieselfde gedoen.
Groete.
Ek het meer van die ou oom Koos gehou toe 30-06 nog goed was.
My profile het presies dieselfde gedoen.
Groete.
-
Koos.Barnard
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Fri Feb 01, 2019 8:01 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Dag Charles
Daardie stukkie dat die .30-06 drek is, was sommer maar net tong in die kies gesê. My .30-06 is nog steeds in gebruik en ek sal hom nooit ruil nie. Ek gaan trouens in Febr weer met die .30-06 jag. Die .270, het ek gevind is nie beter of slegter as my 7x57 of .308 of .30-06 vir die tipe wild en vir die afstande waaroor ek jag nie... en die tipe ladings wat ek gebruik nie. Al wat 'n bok vra is dat jy hom op sy doodmaakplek skiet. Mense is baie lief om te probeer kwalifiseer en worst case scenarios in te bring soos: "maar sê nou maar net die bok staan so of so, of op só 'n afstand."
Natuurlik is sommige van die "sê nou maar net" scenarios geldig. Jy gaan tog sekerlik nie probeer om 'n groot elandbul, wat skuins weg van jou af hardloop, met 'n 130gr PMP-bruinbokskoeël uit 'n .270 plat te trek nie. Dit sal mos ook net dom wees as 'n jakkalsjagter 'n .308, gelaai met 165gr-koeëls, in die nag probeer gebruik in plaas van 'n .243 Ackley met 55, 70 of selfs 87 greiners wat amper laserstraal-plat skiet tot op 350m. Sekere kalibers werk beter onder sekere toestande. Almal weet mos nou al jy kry nie die ideale all-rounder nie. Daar is egter baie mense wat die meeste van hul wild op afstande van 75 tot 250m skiet en vir hulle sal enige van die 6.5-kalibers tot .300 Magnums doen.
My filosofie is eenvoudig: As ek met 'n vinnige kaliber jag en die bok staan naby probeer ek vir die kop of nek skiet om vleis te spaar. As ek te bewerig is, skiet ek hom op sy blad en ek leef met die vleisskade saam. Gebruik ek 'n sogenaamde marginale kaliber en ek wil 'n groot bok skiet, kies ek my skote baie versigtig. Staan hy nie reg vir 'n lyfskoot nie laat ek hom gaan of indien moontlik skiet ek vir sy kop of nek as ek die regte tipe koeëls het. Ek dink nie mense besef hoeveel skote ek al oor die afgelope 21 gelos het omdat ek gevoel het die bok staan nie reg nie of ek getwyfel het oor die vermoë van die kaliber op 'n sekere afstand. Omdat ek gereeld vir die tydskrif vir artikels jag, is ek erg paranoïes daaroor om foute te maak. Mense oordeel bitter gou. Ek onthou een spesifieke geval waar 'n klomp van ons na 'n skietkompetisie na ghongs gestaan en skiet het. Daar was 'n ou van Suidwes wat ook ons tydskrif lees. Ek het my .223 gebruik en ons het na ghongs op 300 en 350m geskiet (daar was gelukkig net 'n ligte briesie wind). Toe ek klaar geskiet het sê die man: "Nóú sal ek glo wat jy skryf." Soms plaas dit groot druk op jou as jy skote los wat baie ander mense wel sou geneem het, want dit het al gebeur dat die laaste dag van die jag aanbreek en ek dan nog nie die verlangde bok geskiet het nie. Ek het al vele kere gesweet oor hoe ek die onsuksesvolle jag aan my baas by Magnum of by Media24 moet gaan verduidelik (dis hulle wat die brandstof betaal en ander onkostes wat opduik).
Ek verstaan heeltemal dat mense persoonlike keuses het, maar ek dink ons kibbel en stry te veel oor verskillende kalibers se vermoëns en die tipe koeëls wat ons skiet (alhoewel ek 'n baie sagte plek vir premiums het soos Barnes-X byvoorbeeld en Nosler Accubonds). Ek sukkel 'n bietjie om sommige mense te verstaan wat elke ander kaliber afskiet behalwe die een of twee wat hulle gebruik (ek praat nie van die tong in die kies gespot wat ons onder mekaar het nie). Al neem ek nie gereeld aan die tegniese gesprekke hier op Jaracal deel nie verstaan ek darem ook so 'n klein ietsie van wat die manne somtyds hier sê. Al die teoretiese voordele wat sommige van die nuutste kalibers of selfs sekere goue oues besit kan jy nie oor stry nie, maar sommige van daardie voordele is werklik bloot teoreties.
Maar ja, as ons nie kan redeneer en die voor- en nadele van kalibers, gewere en scopes ens uitpluis nie sal die wêreld maar vervelig wees vir sommiges. So gaan voort... spot, redeneer, baklei oor en verdedig jou gunsteling-kaliber. Dit maak skiet en jag interessant.

- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Mooi gestel Oom!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Met daardie mondvol het jy seker jou bekendstelling onder jou nuwe profiel gestand gedoen.
Stem oor die kalibers vir algemene jag in SA. Ek los gewoonlik die magnums uit synde 'n beginner homself gewoonlik uit 'n jag uit skiet as hy die terugslag ervaar.
Stem oor die kalibers vir algemene jag in SA. Ek los gewoonlik die magnums uit synde 'n beginner homself gewoonlik uit 'n jag uit skiet as hy die terugslag ervaar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Ek ontvang toe vanoggend toevallig die vlg WhatsApp boodskap . . .
As jy 'n 243 het en met hom jag het jou pa hom vir jou gekoop toe jy 5 jaar oud was en jy wil hom ook graag vir jou seun gee as erf stuk wanneer hy 5 is...
As jy 'n .260 het is jy 'n boer in die Noord-wes. Jy kom nie op baie plekke nie, maar was eendag by 'n lekker braai waar 'n dronk pel jou vertel het van die beste geweer nog... Toe koop jy 'n .260 en skiet nou papier teikens op 800m en dink jy is 'n sniper. Jou jag vermoë is maar ...
As jy 'n .270 het en met hom jag is jy meeste van die tyd tussen 1989 tot 1995 gebore! Jy kan Kudu's op 300m met 'n stok ou weever scope in die kop skiet. Jy is oppad in die regte ringtig, maar kort nog biekie hulp.
As jy 'n 7x57 besit en met hom jag en vir al die manne sê dis omdat hy baie meer akkuraat is as ander kalibers dan spandeer jy meer tyd op die internet as op die skietbaan en skietveld (en jy cross dress gewoonlik op naweke).
As jy 'n 30-06 besit en met hom jag is dit omdat jou oupa vir jou pa gesê het en jou pa vir jou gesê het "'n man skiet met 'n 30-06" wat helemal waar is. As die groepering nie goed is nie is dit jy... As die recoil teveel is trek uit jou hakskoene en probeer weer. Soos Alwyn Botha sê 30-0-SukSes...
As jy 'n 300 win mag besit en met hom jag pla jou geld jou en jy jag "10 teen 1" op 50 tot 100m en skiet bokke met 150gr punte teen 3500fps en brag oor die hoeveelheid vleis skade of jy is nie rerig goed bedeeld nie...
As jy 'n .338 besit is jy waarskynlik 'n Dokter of 'n Ingenieur... want slim mense maak goeie keuses! Indien nie, is jy 'n brandewyn drinker, dit is wetenskaplik bewys dat brandewyn jou goeie idees gee!
As jy 'n .375 besit en skiet is jy either 'n P.H of oud of jy het een ge-erf of baie belangrik jy het kort mannetjie sindroom. Die kans is goed dat jy eers 'n .375 gekoop het met 'n boksie 250gr of 300gr en dat daai heel eerste boksie nog nie eers op geskiet is nie en dat jy byna direk daarna vir jou 'n 30-06 gaan koop het. Nou vertel jy vir almal jy het die .375 gekoop net om hom te hê of dat jy eendag 'n P.H wil wees...
As jy met 'n 303 jag, is jy stil, nederig en nie grootpraterig nie, want jy kan nog nie skiet nie! Jy sukkel BAIE met lading ontwikkeling en wanneer mense hulp vra oor watter gr punte die beste werk 150gr, 160gr of 180gr is die algemene antwoord... Wil jy hê die punt moet een, twee of drie keer hop voordat jy die bok tref...
As jy 'n 308 besit is al jou probleme opgelos, want jou pa of oupa het jou die regte dinge in die lewe geleer, en jy het nie nodig om aan enige iemand iets te bewys nie.
Geniet die jaar se jagseisoen!!

- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Dagsê Newby.

30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Jacques, die newbies op hierdie draad is nogal uitgesproke! 
-
Koos.Barnard
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Fri Feb 01, 2019 8:01 am
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Askies tog oom PW
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Koos.Barnard wrote:Askies tog oom PW
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Koos.Barnard nuwe profiel
Koos jou ou profiel is terug, ek het vir jou 'n epos gestuur.
Ek sluit die topic en sal later jou nuwe profiel verwyder.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter