Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is al vir 'n geruime tyd 'n roofleser op Jaracal, maar het uiteindelik geregistreer om te gesels. Ek het Kaapstad toe ge-emigreer in 2012 vir werk, en tans bevind ek myself in Bellville. Ek het 2 lang ketties, 'n 1914 Lee-Enfield 303 MKII, en 'n Musgrave 30-06. My kort kettie is altyd by my. Ek is steeds opsoek na 'n lekker "bosveld" jagplaas waar mens nog werk vir jou biltong (Ek het nie 'n probleem met voorsit of bakkie skiet nie, dit is net nie my koppie koffie nie) - Dit lyk my die Oos-Kaap en sekere dele van die Karoo word dit so gedoen.
Ek is 'n beginner met herlaai, en wanneer dit my verjaarsdag is vra ek eerder vir kruit en patrone as sokkies
Jy moet net hard skree dan is die Paarliete en Belville manne by jou. Jy het goeie kennis oor herlaai daar by jou. Praat net en soek 'n mentor wat jou van aangesig tot aangesig kan wys hoe dit gedoen word.