Tips vir Julie maand
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Tips vir Julie maand
Wiehan
Standaard normale roep manier. Almal nog nie dragtig nie. Vir sekerheid tot so einde Julie.

Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir Julie maand
Wiehan, indien jy Heinrich se E Boek bestudeer (jy het hom mos al aangeskaf, n??) sal jy sien dat jy van middel Julie 'n roepsessie kan begin met iets soos Jakkalshuil. Dit is van 15 Julie af nie noodwendig meer nodig om die standaard roepmetode te gebruik nie, maar ook nie verkeerd om die standaard metode wel te gebruik nie. Jou keuse van die metode van roep, hang af van die tipe jakkals wat jy gaan inroep. As dit nie-dominante jong jakkalse is (verlede jaar se kleintjies) sal Jakkalshuil hulle waarskynlik laat wegkruip of weg hardloop, eerder as inkom. Indien dit 'n hoogs dragtige dominante teef, of een met pasgebore kleintjies is, sal sy waarskynlik aggressief daarop inkom. (dit is nou as jy of iemand anders, tydens vorige roepsessies, nie reeds alles opgeneuk het nie)Wiehan111 wrote: Ekt alweer 'n vraagie hehe.M.a.w wat oom Gerrie se is dat 'n ou die tyd( Einde Julie) eerder 'n suiwer aggresiewe jakkals klank moet gebruik as 'n baklei sou 'n ou nie reaksie kry op die normale sequence nie? Ek is bietjie onseker en soos ons ook gepraat het kan 'n ou oor roep wat tot baie probleme kan lei.
Dit is ook hoekom die korrekte inligting rondom die die jakkalse wat geteiken word op hierdie stadium so uiters belangrik mag wees ten einde suksesvol te wees.
My opinie, luister maar na die manne wat regtig weet ook.
Voorspoed
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Tips vir Julie maand
Louis Wiehan111
Ek wil asb nie slim klink nie ook nie iemand se siening of mening aanvat nie. In die vrystaat (en ek noem dit spesifiek omdat dit mag verskil van dag en datum bv van duitswes en omdat ek meeste van my jakkalse hier geskiet het )
sal ek die moeilike tyd resep gebruik tot in die begin van Augustus . Augustus aand sal ek steeds skugter wees met die agresiewer klanke, maar dit tog probeer maar nie op staanbplek nommer een nie... So oom Leeu jou raad is gepas en wat ek byvoeg is rek liewer jou moeilike tyd met 14 dae veral op jou dalk 1eerste en tweede roepplek vitr die aand.
Dit beteken eintlik ek stem saam met louis en bevestig op heinrich se raad, maar met so stukkie by as kom ons noem dit vrystaat ondervinding en dit het niks met rugby te doen nie..
Groete
Jacques

Shoot straight and tell the truth!
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Tips vir Julie maand
JBJACQUES BOTHA wrote: sal ek die moeilike tyd resep gebruik tot in die begin van Augustus . Augustus aand sal ek steeds skugter wees met die agresiewer klanke, maar dit tog probeer maar nie op staanbplek nommer een nie... So oom Leeu jou raad is gepas en wat ek byvoeg is rek liewer jou moeilike tyd met 14 dae veral op jou dalk 1eerste en tweede roepplek vitr die aand.
Groete
Jacques
Ek is mos nie goed met woorde nie dankie vir die verduideliking.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Tips vir Julie maand
Sien hier word nou so mooi oor staanplek gepraat. Was nou onlangs daar by die groot tennis baan tussen Britstown en Prieska. Manne, ek haal my hoed af vir diegene wat daar jakkalse jag. As jy hoog genoeg in jou stoel opstaan so uur na sononder, sien jy al hoe kom die son aan na die ooste toe so plat is dit. Al wat ek daar kon regkry was om na waterpunte en effense bosserrige plekkies te gaan om te roep. Lang ure in die -6 grade gesit vir 3 nagte en kon net hier en daar reg kom. Ten minste hier in my omgewing kan ek by 'n nuwe plaas min of meer bepaal waar gaan hulle wees, maar julle daar bo in die vlaktes het nou regtig my respek. Mooi so manne.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Tips vir Julie maand
Ek het verlede Donderdag aand gaan jakkalse roep daar op die plaas waar ons gejag het naby Roedtan, en geen sukses gehad met kos klanke nie. Ek het toe maar so teen 23h30 opgepak en gaan slaap. 03h30 skreeu 2 jakkalse amper in die tent, en ek besluit om hulle pak te gee omdat hulle my so onbeskof wakkermaak. Ek roep toe so bietjie sommer daar van waar my Landie staan langs die tent, maar niks.
Ek skuif toe na n oop deel van die plaas en roep haas klank. 10min later skiet ek n teef wat maar huiwerig inkom. Ek roep nog n halfuur en niks kom in. Skuif na 2 de roepplek en roep selfde haas, maar na halfuur nog niks niks. Ek besluit om katjak baklei te probeer aangesien ek dit nog nooit gebruik het, en binne 2min skiet ek weer n teef. Nog n halfuur se roep lewer niks op. Ek skuif toe weer na n 3de roepplek en sien dat ek sowat 30min het voor sonop. Ek roep sommer dadelik met katjak baklei en skiet n 3de teef na sowat 5min. Ek roep tot ligdag, en net voor dit behoorlik lig is kom n 4de jakkals onverwags amper langs die Landie uit die digte bosse, ek maak die "kiss of death" geluid om hom te probeer stop, maar hy het my klaar gesien en maak hom uit die voete voor ek n skoot kon inkry.
Hoe weet ek waar die kern gebied is van jakkalse, veral op n vreemde plaas?

Last edited by Piet Breedt on Mon Jul 04, 2011 9:30 pm, edited 1 time in total.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir Julie maand
Piet
Lees Heinrich se E Boek, maar ek sal gou uit my kop so paar idees gee:
Gesels met eienaar en vind uit of hy sy werkers betaal vir jakkalse wat hulle doodmaak. Indien nie, kan jy hulle uitvra, indien wel, kan jy hulle ook uitvra, maar wees bedag om nie op 'n dwaalspoor geplaas te word nie. Vra beide die werkers en die eienaar soveel uit as moontlik. Ook waar hulle in die verlede baie jakkalse doodgemaak het - nuwe jakkalse volg maar die oues se patroon, meestal.
1. Daar waar jakkalse vroeg oggend en laat namidag op die lyf gesien is, is 'n goeie begin.
2. Daar waar hulle vroegaand en vroeg oggend skreeu/ gesels.
3. Daar waar die spore heen en weer gaan daagliks.
4. Indien hulle bykans daagliks iets vang (eenmaal elke week of twee is nie noodwendig hul kerngebied nie)
5. Terwyl jy roep merk die jakkalse wat antwoord noukeurig op GPS. Indien hulle meermale uit selfde omgewing antwoord , is dit waarskynlik waar hulle kern gebied is. Onthou, die GPS kan historiese data ook gee, so as jy volgende keer weer na die selfde plaas kom, het jy klaar 'n paar plekke vanwaar hulle geskreeu het.
6. Kyk na die topografie. Plot die waters in droe? areas (waar nie baie oop waters is nie) Kyk nou waar lekker ooptes met 'n plat randjie en 'n paar droe? lope bymekaarkom, verkieslik reg in die middel tussen drie standhoudende waters, dan's jy heelwaarskynlik in die kol.
Daar's nog maniere, hierdie net om jou 'n paar idees te gee.

Dankie Louis, dit maak baie sin.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Tips vir Julie maand
Oom leeu
Daai is sommer n paar tips wat ons aaam met die standaar roep metode kan opsit.
Net nog iets eintlik vir die nie heeltydse jagter en foute wat ek gemaak het aan die begin.
Ek vertel dit ook in die inleiding kursus..
As jy op die plaas kom is jy al klaar angstig en wil begin jag.
Maar saam met Oom Leeu se tips..
As jy op die plaas kom moet nie soos ek eerste vra waar vang hulle en laat waai nie..
As jy nie n gps het wat die plase op het nie, Neem n notaboek saam. Skryf jou kern vrae sommer voor in dan vergeet jy nie ..
Vra waar is die naaste water aan die vangplek..(as jy nie die plaas ken nie)
Vra die boer om kamp te teken of kampe waar jy gaan jag.
Vra waar is daar erosie slote en bosagtige gedeeltes , riviere slote ens.
As jakkals in die lammer lande vang: Vra of hy weet van watter kant hulle kom.
Wanneer laas het hulle gejag..Jagters en honde ens.
Vra of hy spore kry soos oom leeu verduidelik.
Vra ook asb waar het hulle laas die jakkalse geskiet of gekry ef gesien...
As julle dan uitgaan verduidelik die stilbly vir die boer of voorman of die man wat jou vergesel.
As jy aleen gaan en voel heeltemal verlore---begin in die hoeke van die kamp naaste aan waar hulle laas gevang het. indien die terrein dit toelaat.
groete
JAcques

Jakes
T.o.v. jou se kommentaar: As ek geen idee het waar die jakkalse is na voorgaande nie, sou ek eerder sover windaf moontlik begin roep en dan teen die wind, kruis en dwars opwerk, om so hopelik reaksie te kry. Wind is DIE belangrikste faktor by keuse van 'n staanplek, nie waar die naaste hoek van die kamp is nie. Die plek waar gevang is, is nie die belangrikste "clue" by die keuse van 'n staanplek nie (in my boek, natuurlik, s? nie dat dit vir jou mag werk nie)
Mooiroep

Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Tips vir Julie maand
Mac
Ja daardie w?reld raak kwaai plat daar. Die -6 grade het my al baie huistoe gestuur, veral as ek net jakkalse soek en nie definitef weet dat hul daar is nie. Ek roep op ons plaas so 40km uit Britstown uit, maar moet dam s? daar is dam so bietjie randte en nie so heeltemal plat met plat karoobosse nie. Lyk my daar is n paar manne met wie ek al gepraat het wat maar inelkgeval sukkel om die jakkies nou te laat val. Hierdie tyd van die jaar is dit nie geduld alleen wat help nie maar uithouvermoe? teen die koue die meeste
.
Sterkte vir die manne in die koue aande, hoop jul sukses met die jakkies maak dit die moeite werd!
Groete
Danie

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Tips vir Julie maand
MEERKAT wrote: Maters
Eerste twee vir Julie maand
Het goeie idee waar hulle kerngebied is.
Stilte 15 minute
Kosklanke vir 20 minute met 3-4 minute tussen poses. (ore 5 , steenbok combo, dg2 , ore3)
Mooihuil , goete antwoord mooi. Stilte 15 minute , weer kos op selfde manier.
Eers kom teef links oor pad , maak haar dood . Lang stilte tel reun oe op regs van pad maak hom dood.
Baie mooi broeipaar 3jr plus , beide leeg , was seker maar hongerig.
Dit was geensins my idee van hoe ek vir hulle klanke gaan speel die aand nie. Praat net voor donker met Taffles en siedaar. Taffie as ek dit reg kan onthou het jy dit so uitgespel of altans ek het dit so gespeel,verander tog die volgorde indien dit verkeerd is voor ek my naam gat maak.
Vir julle daar buite luister maar as die baas van klanke met julle praat.
Mooi loop
MEERKAT
ek het nie doe ore klanke in soos in hierdie voorbeeld nie. waarmee kan ek hulle vervang?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Tips vir Julie maand
OOM LEEU
YIP JY HET MY GEVANG EK MOES DIT UIT DIE STAANSPOOR BYGESIT HET . DANKIE VIR DIE REGHELP EN BEVESTIG DAT KAMP WAAR HULLE VANG NIE DIE BELANGRIKSTE IS NIE ,MAAR N AANDUIDING WAARTEEN JY NIE ALTYD MOET BLINDSTAAR NIE . MAAR AS HULLE ELKE AAND VANG KAN DIT HELP EN DIE SKULDIGES IS GENEIG OM OP TE DAAG DAAR IN BAIE GEVALLE NIE ALLLE GEVALLE NIE, GEBRUK DIT OOK AS AANWYSINGS OF JY IN HUL KERN GEBIED IS AL DAN NIE..
GROETNIS
JB

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Tips vir Julie maand
Nou toe....
OTA V het gister aand af geskop!!!!
Kom manne sit bietjie tips op vir vol maan roep vir OTA.
Soos altyd eerste reel....
SKIET RAAK !!!!

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Tips vir Julie maand
Help Manne
Werkers hoor jakkie naby hul huise al twee keer die laaste week. Het al twee lammers gekry wat gevang is in laaste week. Redelike plat veld met effense bulte (tussen Vosburg Britstown en Prieska). Moet ek aanvaar tewe is dragtig of moet ek maaar eers met moeilike tyd se sequence begin. Het nog nooit in daardie area op die plaas neste gekry van jakkie nie. Maan is vol ek moet iets probeer. 'n Raadjie of twee sal help, al te veel nonsens aangejaag, of dink julle ek moet wag tot donkermaan.
Asseblief
Kleinpiet

NS. Die ooie lam dan nou so mooi.

Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Tips vir Julie maand
Hallo Kleinpiet
Jy sal nooit n fout maak om te begin met die moeilike tyd roepmetode nie. Veral as jy nie seker is dat dit n dominante paar is wat daar bedrywig is nie EN nie weet waar hul kern gebied is nie. Ek sou met die moeilike tyd metode begin en indien jy geen reaksie kry nie dan na so 40 min n agresiewe jakroep probeer( Jak huil, vlekkie 1 ens). Indien jy dan antwoord kry wag geduldig, stilte en lig normaal. Volmaan is maar n moelike een. Ek waag dit nie eers nie. Maar jy alleen sal weet of jy kan of nie.
Mooi bly
Doepie
Jy sal nooit n fout maak om te begin met die moeilike tyd roepmetode nie. Veral as jy nie seker is dat dit n dominante paar is wat daar bedrywig is nie EN nie weet waar hul kern gebied is nie. Ek sou met die moeilike tyd metode begin en indien jy geen reaksie kry nie dan na so 40 min n agresiewe jakroep probeer( Jak huil, vlekkie 1 ens). Indien jy dan antwoord kry wag geduldig, stilte en lig normaal. Volmaan is maar n moelike een. Ek waag dit nie eers nie. Maar jy alleen sal weet of jy kan of nie.
Mooi bly
Doepie
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Tips vir Julie maand
Doepie
Dankie. My veld is bietjie plat en daar is min roeplekke wat ek die bakkie kan wegsteek. Ek wil nie onnodige kanse vat nie, maar jy weet ek het hierdie week 'n paar ou lammers gelaai en my gemiddeld was R900.00 en ek hoor die pryse gaan nog op. So elke lammetjie is amper goud werd. Sal maar kyk na maan se opkoms af dit nie gou later raak nie.
Kleinpiet
Dankie. My veld is bietjie plat en daar is min roeplekke wat ek die bakkie kan wegsteek. Ek wil nie onnodige kanse vat nie, maar jy weet ek het hierdie week 'n paar ou lammers gelaai en my gemiddeld was R900.00 en ek hoor die pryse gaan nog op. So elke lammetjie is amper goud werd. Sal maar kyk na maan se opkoms af dit nie gou later raak nie.
Kleinpiet
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Tips vir Julie maand
Klein Piet,
Hier is n link vir n lekke maan kalender
http://www.kwathabeng.co.za/travel/sout ... endar.html
Het jy n dimmer op jou skiet lig?
Ek het baie jakkalse geskiet in op die transvaal se ho?veld in die vol maan...
Die bakkie steek maar moeilik weg op die gras vlaktes.
Maak dan eers seker dat daar nie dooie grond is waar jy staan nie
Sit jou caller ten minste in 100m wind op van die bakkie af.
Moenie te veel dim met jou lig as jy eers die ogies op tel nie.
Skiet raak...
Hier is n link vir n lekke maan kalender
http://www.kwathabeng.co.za/travel/sout ... endar.html
Het jy n dimmer op jou skiet lig?
Ek het baie jakkalse geskiet in op die transvaal se ho?veld in die vol maan...
Die bakkie steek maar moeilik weg op die gras vlaktes.
Maak dan eers seker dat daar nie dooie grond is waar jy staan nie
Sit jou caller ten minste in 100m wind op van die bakkie af.
Moenie te veel dim met jou lig as jy eers die ogies op tel nie.
Skiet raak...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir Julie maand
Kleinpiet, Dinsdagaand is perfek as jy die basiese beginsels van roep onder die knie het. Woensdag is daar 'n koue front, as ek vir Jan Harm van ontbytsake kan glo.
Vroegaand - sterk, sterk skemer moet jy op die beste staanplek (lang definisie) 600-800m windaf van waar hulle skreeu wees. Wag 20 minute en skop af met Jakkals Alleen. Bly 15 minute stil terwyl jy baie mooi luister of hulle antwoord en elke 45 sekondes lig en soek deur die hele proses wat ek beskryf. As hulle bokant jou wind antwoord of glad nie antwoord nie, kom daai stil periode na. Nou kan jy bietjies bietjies van jou gunsteling kossie roep (as die jakkalse dit nog nie ken nie) - so aan af vir 15 minute. Dan jakkals baklei 4 (redelik sag) en/of katjak baklei of bakoor/jakkals baklei, 1 X. Wag 10 minute. Jakkalshuil. Wag 20 minute soek en luister. Gee 'n so paar kreune van 'n springboklam met stiltes en sluit af met Mooihuil, 40 minute na Jakkalshuil, maar dan sal die ou jakkalsies dalk al plat wees.
Skiet raak, neem foto's, kyk of teef dragtig is en pos details van die sukses op OTA V.
Indien hulle onder jou wind antwoord, stilte en soek vir so 10-15 miute met die lig. Skuif 600-800m onder die wind van waar hulle geantwoord het en begin met 'n kossie en nuuskierigheid.
Indien jy nie seker is vanwaar die werkers hulle hoor skreeu in die nag nie. Begin in die windafkant van die kamp en werk windop. Ingnoreer die lammer wat gevang is, as staanplek - dis nie noodwendig waar hulle bly nie. Hulle blyplek, kerngebied is wat jy wil opspoor. Tot en met Dinsdag kan jy goed probeer spoorsny en jou toerusting voorberei.
Die platheid van die kamp is 'n voordeel (nie nadeel) omdat jy kan sien as jy roep. Indien jakkalse inkom hou die lig gedim op hulle, hulle sal jou nie kan sien nie.
Ek raai jou jakkalse se blyplek (as dit in daardie plat kamp is) is naby aan die hoogste plek in daardie plat kamp , so half aan die noord-ooste kant. Kyk ook of daar 'n lekker paar dieperige of bebosde slote is wat hulle as dekking op hulle roetes kan gebruik - net daar rond. Roep altyd windaf van daardie plekke.
Voorspoed
Louis
(ns. Hierdie hierbo, is net my opinie oor hoe ek dit sou doen, dis nie te s? dis die alfa en omega nie - daar's baie maniere om sukses te behaal)

Kleinpiet, jammer, net ter verduideliking:
Jy gebruik net Jakkalshuil as hulle jou op Jakkals Alleen geantwoord het en jy hoor dis twee ('n stel) As dit net enetjie antwoord, hou baie langer aan met kos en nuuskierigheid en vermy Jakkalshuil.
Sterkte!
Jy gebruik net Jakkalshuil as hulle jou op Jakkals Alleen geantwoord het en jy hoor dis twee ('n stel) As dit net enetjie antwoord, hou baie langer aan met kos en nuuskierigheid en vermy Jakkalshuil.
Sterkte!
Goeie dade oortref goeie woorde.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Tips vir Julie maand
Kleinpiet
Ek dink aan die noordweste-kant van die pad(pad vanaf Altus na jou) moet jy maar gaan soek. Daar teen die rante sal die wetters bly en hulle behoort al dragtig te wees. Sal self eers so teen dins- of woensdagaand hulle gaan opdons en dit behoort so 3km van die lammers af te wees(mag gelukkig wees met roep tussen die lammers, maar dan moet jy kosklanke gebruik vir die aanvanklike roep).
Jy kan met Maklike roepmetode wegspring as jy nie naby lammers is nie en opsoek is na hulle in die rante. Onthou om met Mooihuil en Vlekkie E/3a af te sluit. Ek dink jy het 'n idee waar die jonges in die verlede was en sal ek eers daar gaan soek.

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir Julie maand
Kleinpiet, nee man, ek skryf myself moeg, maar intussen sit jy met die meester jakjagter daar by jou.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Tips vir Julie maand
Dankie almal

EK het al so baie nonsens aangejaag. Ek kan lees almal het baie ondervinding en ek jag net by myself en wil net doodseker maak. Ek het gewonder of ou Tafman my sal herken, my lyf het dit seker wegegee. Ek is kort op die forum en weet nie van die rekordhouding ding van julle, moet my bietjie verduidelik.
Taffie volgens werkers skree hulle saans so 2km noord van waar ons in die pad was. Lammers is dan nog verder aan NW daarvandaan gevang. Ek sal my regkry vir Dinsdagaand.
Ek waardeur julle manne se reaksie.

Jammer Louis man wou maar ook net bietjie op tjek of die ou darem rerig vir ons die waarheid vertel.Louis102 wrote:
Kleinpiet, nee man, ek skryf myself moeg, maar intussen sit jy met die meester jakjagter daar by jou.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Tips vir Julie maand
Met laas week se roep sessie in die Ermelo distrik was dit nogal interesant.
Ek het die moeilike tyd roep metode steeds gebruik as my standaard roep metode maar nou baie meer jakkals roepe in gesit.
Vlekkie e en Locator het my redelik sukses gegee met dat die jakkalse my terug antwoord en as hulle nie in my gebied is nie kon ek redelik nader skuif behalwe by grens drade.
Ek het 6 jakkalse om gedop maar slegs een was n dragtige teef gewees.
Ek weet van twee stelle waar ek die reun gekap het maar die teef bly weg en staan en vloek op n afstand...
Wat stel julle voor om die teef in te bring?