Dag almal
Ons het Saterdag by my paar gemsbokke en springbokke geskiet. Ek probeer toe tussen die koeie nie dragtige bokke en swak kondisie bokke uitsoek omdat ek nie regtig meer bulle kan skiet nie, want die getalle van die bulle raak min.
Skiet toe die koei, met pens uithaal kom ons agter sy is dragtig, maar die uier wys amper glad nie. Maak die sak oop en kry toe die bokkie wat geen agter- of voorbene het nie en ook 'n lang bo-kaak (of kort onderkaak).
Dit is die eerste keer dat ek so iets gesien het en die vraag is nou: is daar besig om inteling plaas te vind, of is dit net 'n mutasie wat normaal in uitsonderlike gevalle voorkom? Oor die afgelope 5 jaar het ons 4 nuwe bulle bygebring om die bloedlyne te verander.
Is daar dalk al iemand wat ook so iets gesien het?
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_2766.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_2767.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_2768.jpg[/img]
Ek luister wat julle se.
Kalahari
Gebreklike gemsbok kalf
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Gebreklike gemsbok kalf
Kalahari
Is al die ou bulle uitgeskiet wat daar aan die begin was, en nou slegs die 4 nuwe tussen die trop, behalwe vir hul bul kallers as daar al is?
Hoekom sit jy nie n paar nuwe koeie ook in nie?
Ek vra maar net.
Groetnis

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Gebreklike gemsbok kalf
SJ
Nee, die ou bulle is nie almal uitgeskiet nie en die bulkalwers is ook nog daar. So, in daardie opsig kan inteling dalk nog moontlik wees.
Nog nie so daaroor gedink nie, maar die nuwe koeie kan man ook aan dink. Dit is net so bietjie moeilik om die vangers en die bokke hier te kry, kos man baie geld maar dit kan seker (moet seker) vorentoe gedoen word.
Kalahari
Nee, die ou bulle is nie almal uitgeskiet nie en die bulkalwers is ook nog daar. So, in daardie opsig kan inteling dalk nog moontlik wees.
Nog nie so daaroor gedink nie, maar die nuwe koeie kan man ook aan dink. Dit is net so bietjie moeilik om die vangers en die bokke hier te kry, kos man baie geld maar dit kan seker (moet seker) vorentoe gedoen word.
Kalahari
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Gebreklike gemsbok kalf
Ek is nie n expert op die gebied nie, maar dit kan dalk wel begin. Ek sal dink dat mens koeie ook moet vervang en nie net bulle, die koeie dra ook mos by tot die nuwe gene poel en so doende kan jy dalk jou trop se grote, liggaamlik, groter maak.
Of sit ek die pot mis?
Groetnis
Of sit ek die pot mis?
Groetnis
-
Ambessa
Re: Gebreklike gemsbok kalf
Hallo Kalahari
Dit mag 'n blote mutasie wees en die kalf sou in elk geval ook vroeg afgegooi en opgevreet word sonder dat iemand daarvan sou weet.
Verwyder alle manlike diere - klits die groot bulle en vang die kleineres - bring dan nuwe totaal onverwante bulle in. Dit verwyder alle inteling in die volgende generasie nageslag.

Last edited by Ambessa on Sun Jul 03, 2011 6:47 pm, edited 1 time in total.
- Dewie
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm
Re: Gebreklike gemsbok kalf
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Gebreklike gemsbok kalf
SJ , Oom Am
Julle is reg, alles wat jul se maak sin, dit is maar net die uitvoerbaarheid wat nie altyd maklik is nie, maar dit kan gedoen word.
Dewie
Jammer man, maar ek voel ook nie veel beter as wat jy voel nie. Al troos is soos oom Am se, die bokkie sou nie gelewe het nie en ek het darem ook nie enige koei geskiet nie en tyd gevat om een uit te soek wat nie dragtig gelyk het nie. Soms gebeur dit egter en mens probeer daarmee saamlewe.