243 Winchester Ackley Improved

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

243 Winchester Ackley Improved

Post by Francois Marais »

Manne

Besig om die herlaai data afdeling bietjie skoon te maak, maar gaan die gesprekke wat rondom die 243 AI gevoer was, maar nie herlaai data bevat nie, hierheen skuif.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Foxhound »

Hallo Francois

Ek sal bikki vir Terminator inlig van die toppic, glo hy sal lekker saam julle kan gesels

Groete
Foxie
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Francois Marais »

Jakes

Sal 'n man sy 243 met 6mm Ackley reamer kan sny om langer nekke te kry en dan 6.5x53 doppe gebruik?

Taffie

7,65x53 Argentine doppe Taffie.

Taffie
Die 6mm se nek is 4.5mm langer as die .243 se nek ,so die 7.65 sal ook te kort wees gebruik 7x57 doppe of 6.5x57 doppe ek het nog 'n paar 6.5x57PMC doppe kom haal maar.Volgens SAMI specs is altwee se nek deursnee 7.01mm.
Begin met dieselfde lading vir 341 as wat jy nou gebruik vir 355 en werk op na so 47.5gr.NB werk op nie van 47.5 af nie
Groete

Hello ai manne

Ek kan nie my fireform groepe klop met die ai doppe nie,..... no s*&^ he.  Cheesy
Onlangs 87gr v-maxe probeer ook, en hulle vaar relatief goed.
Jump was al in die lands, en uit, maar ek kry nie 'n objektiewe aanduiding nie.
Wat sou julle s? is die beste keuses kruit vir 80-90gr punte? Ek het nog altyd by s365 gehou, en om verskeie redes nog nooit ander kruit probeer nie.
Watter kruit kan ek nog probeer? 341 en 335?
Hou in gedagte ek is maar 'n pyn in die gat as dit kom by akkuraatheid, en eintlik behoort ek nie te kla nie.. Ek kom nie onder 'n duim op 200m nie, waar ek met
die vuurvorm resep al 13mm gekry het (in die landings).
Het ek die plafon geslaan??

Ja3


J3
EK WEET DIE MANNE GEBRUIK 355 MET SUKSES IN DIE UGLIES...
EK SAL LADINGS PROBEER KRY, MAAR DIE BESTE METODE WAT EK VAN WEET OM JOU GEWEER SE LADING TE KRY IS DIE ODETTE METODE. EK COPY EN PASTE GOU SO STUKKIE OM TE LEES...DIS NIE DIE ALFA EN OMEGA NIE, MAAR RIGLYN WAT JY SEKER OOK KEN..MAAR DIT LEES DAREM NOG LEKKER  VIR MY....
1. Die geweer sal nie op sy beste presteer totdat ek vir hom ?n behoorlike kolf opsit en deeglik ?bed?.
2. Ek moet nie die geweer meet aan die sukses van my vorige .243 nie, daar is maar min gewere wat so skiet.
3. Ek gaan nie die loop opskiet om ?n lading te kry nie.
4. Ek gebruik die geweer vir Jaggeweerskiet en nie vir ?Benchrest? nie

Ek het besluit om die ?sweetspot? metode te volg. Ek heg vir julle ?n hele artikel hierby aan wat dit volledig verduidelik vir diegene wat meer wil weet oor hoekom dit werk. Wat vir my aantreklik is van die metode is dat dit vinnig is, maar ook dat dit die lading kry wat die minste sensitief is vir variasies. Lees maar die hele dokument voor jy dit doen maar in kort werk dit so:
1. Besluit wat is jou maksimum lading. (gebruik veilige doelwitte)
2. Laai 1 rondte met hierdie maksimum lading en skryf met ?n merkpen 20 op hom.
3. Laai nou die volgende 19 rondtes elk met 0.2 gr. kruit minder as die vorige en merk elkeen in volgorde (m.a.w. 19, 18 ens.). In my geval het ek dus soos volg gewerk. My maks. lading (met ?n 70gr punt) is 49gr. S365. Ek het dus een gelaai met 49gr. en om gemerk 20, een met 48,8gr. en hom gemerk 19, een met 48,6gr. en hom gemerk 18. So het gelaai totdat ek die laaste een gelaai het met 45,2gr. en het hom gemerk 1.
4. Skiet nou elke skoot na dieselfde teiken op 300 meter. Moet nie jou tyd mors as jy nie ?n 300m baan het nie. Begin by nommer een en skiet in volgorde. Dit is goed as jy ?n chronograaf het. Kyk vir tekens van druk. Dit is belangrik om te weet watter skoot op jou teiken is watter nommer. Vir hierdie doel het ek ?n videokamera langs die teiken gesit en al die skote opgeneem. By die huis gekom het ek die skote op die teiken gemerk.
5. Gaan huis toe en trek horisontale strepe deur elke koe?lgat na een kant van die teiken. Skryf die skoot nommer langs die streep. Sien die aangehegte prent van my teiken.
6. Soek nou die plek waar die strepe die naaste aan mekaar is, en waar die skoot nommers opmekaar volg. Met ander woorde as skote 13,14,15,16 naby aan mekaar is, is dit betekenisvol maar is skote 2,11,18 en 7 naby aan mekaar is beteken dit niks nie.
7. Neem nou die middel van die hoogste en laagste lading van die skote wat op mekaar volg, dit is die ?sweetspot?. Laai nou ?n paar rondtes op daardie lading met verskillende ?seatingdepths? en sien watter gee die beste groep, as jy tevrede is met wat jy sien is jy klaar.


Freddie

Ek het ook al so lading uitgewerk, op 200m gaan die variasies te min wees en gaan jy te veel skote kry wat naby mekaar is, maar wees gewaarsku, kies n mooi WINDSTIL oggen om te skiet, as die wind bietjie waai, waai hy al jou data deurmekaar en maak jy later nie kop of stert uit van die gaatjies nie. As jy nie video kamera het nie, sit maar n geskoolde (STD 3 is goed genoeg) kneggie met n "permanent marker" da by die skyf en laat hy merk (nommer) soos jy skiet.

My sweetspot was in die twee roere wat ek geskiet het altwee heelwat laer as wat ek laai, wou ma net kyk hoeveel waarheid in die ding steek, as jy kan 400 m skiet is dit nog beter, kry net n groot genoeg teiken, die skote oor die hele spread varieer nogal baie.

Mooi loop

Francois


Taffy en ander 243 Ackley fans.......

Dalk n site om na te kyk......

http://www.angelfire.com/nd/243ackleyimproved/

Mooi loop
Francois


Freddie

Ek het vandag die eerste keer die spoed gemeet. Skiet al die nuwe loop so 200skote. Wat my verbaas het, was die feit dat ek met 45gr 355 'n spoed van 3650fs gehad het. Ek raak toe so bietjie waaghalsig en gooi sommer 46gr 355, sien die spoed klim 3860fs en kom so .3gr af vir 3800 fs. Dit het ek gedoen omdat ek darie spoed verstaan en lank daarmee geskiet in die ou loop. Die drastiese verhoging is spoed met 1 gr s? ook in die stilte vir my dat ons nog so bietjie kan speel. Alles met 24 duim lopie. Wil nie weet wat 28 duim gaan doen nie.

Wat my die meeste beindruk is dat daar geen druk is nie. Ek het met 1 in 12 twist loop voorheen geskiet, en elke keer as ek naby 3850 fs gedraai het, het die groepe ook so bietjie daaronder gely. Die eerste skoot na 'n goeie skoonmaak is sommer in die groep. Ek het baie gehoor van 1 in 14 twist lope, maar nooit gedink dit is so lekker om een te skiet nie. Jy kan die hond windgee. Ek is sommer weer lus om die resieskar se limits te soek. Soos 'n groot maat my vertel, as jy 'n resiesperd het, gebruik jy nie stange en teuels nie.

Taffie

Jakes

Ek dink net dat 6mm 1 in 14 twist loop net gouer van die druk ontslae raak as 6mm 1 in 10. Hoe langer die druk in die loop bly hoe meer druk deurwerk na doppe en aksie toe.

Wetie of ek reg dink nie. As jy 65gr koe?l in 1 in 10 twist te vinnig(s? maar dieselfde spoed as in 1 in 14) skiet kan die jacket los kom van die core. Dit gee swakker akkuraatheid en dan later sal die koe?l disintegreer(soos mis verdwyn).

Dit is wat ekself vir myself kan uit figure. So dit bly my eie mening en is nie noodwendig korrek nie.


Jacques

Die 10mm groepe is nie wensdenkery nie, ek gebruik nogsteeds die #8 recticle en soos jy weet is dit 20mm missing van die teiken op 100m. Ek sal as die kans aanklop, 'n target kruishaar opsit en dan die regte groepe lees. 'n Maat skiet 7mm groepe met dieselfde fabrikaat loop en twist(28duim)loop in die inbreek-proses. Sy 70greiners draf teen 4000fs.

OK, manne, het die klompie post van die herlaai data blad geskuif hiernatoe. Al hoe ek dit kon regkry was "copy en paste" Manne kan nu ma voortgaan om oor die 243 AI te gesels.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

Louis

In ons landjies is 243 doppe oral beskikbaar en nogal groot verkeidenheid daarvan. Dit het my aan die begin laat dink(met hulp van Raynie, Hendrik, Heinrich en nog 'n klomp ouens) aan die kaliber(wat noem jy dit?) en omdat ek nooit tevore enige noemenswaardige herlaai kennis gehad nie.

Gelukkig kon ek 'n 1in12 loop in die hande kry en het sommer die geleentheid gebruik om my herlaai tegnieke en kennis te bou. Moet noem dat die 243 nie die maklikste kalant is nie, maar ook nie moeilikste nie. Verder het ek reamer bestel vir spesifiek 70grein (NoslerBT was my aanbeveling aan Dave Kiff) koe?ls en met min of geen "free bore". Dit het meegebring dat my koe?ls lekker diep in die dop sit en genoeg "seating" diepte gehad het om mee te speel. Dit is volgens my die geheim van ligter koe?ls in 'n kaliber gebruik waarvoor 85gr+ die norme is. Wanneer die free bore te lank is brand die loop vinniger en moet nuwe kamer gesny word om akkuraatheid te waarborg. My spesifieke kamer/reamer gaan nie lekker werk in swaarder koe?ls en stywer twist nie. Maar nou ja, die kort leade werk net beter op ligter koe?ls(veral die 55 tot 75grein koe?ls).

Jy sal seker akkurater kalibers kry, maar nie so lank soos in die 243 AI nie. Onthou dat in Br's en ander snaakse goed die akkuraatheid nagejaag is, sonder om die spoed op goeie vlakke te kry(gee my tog gas hieroor). Ongelukkig werk platskiet kalibers net beter in die jag van jakkalse en kan kanse vat met akkuraatheid wat gou-gou versleg in lope nie. Jy sal maklik 1800+ skote(akkurate skote) uit 243AI kry as die druk nie oorskry word nie. Ek weet dat my geweer met genoeg "care" gereeld 5mm groepe kan skiet en natuurlik met die hulp van goeie scopes en kruishare. Gelukkig besit jy genoeg van die tipe scopes.

Maar al wat ek wou noem. Daar moet seker beter wees, maar nog nooit gesien nie.

Mooiloop

Ps. Kies jou reamer en gunsmith goed!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Louis102 »

Taffie, ek's nie heeltemal by met hierdie vraag nie:
tafjak wrote: .... aan die kaliber(wat noem jy dit?) ....
Dink ek noem dit die selfde as jy hieronder:
tafjak wrote: ... Los nou julle nosnsens en gr?nde kalibers en maak 'n 243 Ackley ...
Ek praat van om my .243 Win wat jy ken, te verander in 'n .243 Winchester Ackley Improved (is daar spelfoute?)  As ek luister na wat jy s?, sal so 'n AI-metamorfose dalk nie my 243'tjie se se 1 in 10 draai loop pas nie, gegewe dat ek hou van die +- 70greiners nie?  Of verstaan ek nou verkeerd?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

Louis

Die kaliber is mos 6mm en ek weet nie regtig of 243 en 243AI 2 verskillende kalibers is nie en weet ook nie wat die ander woord daarvoor is nie.

Jou 1in10 gaan ook goed werk op 70gr Blitzkings, maar die kort throat reamer gaan miskien nie(ek weet nie) so goed daarin werk nie. Miskien sal 'n langer throat gebruik moet word om van die aanvanklike erge druk ontslae te word. Miskien is ek te tegnies en kan my denke geheel en al weggelaat word.

Dit is maar al wat ek wou s?. Moenie dat ek jou ompraat of van plan laat verander nie.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by DSBW »

Taffie

Wat is die "specs" van jou "reamer"? 'n 0.050 "throat" is kort genoeg vir enige iets van 50 tot 80 grein, weet nie wat jou "throat" is nie, anders kan Louis hom mos gebruik?

Dawie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

Dawie

My reamer het omtrent geen free bore nie(0,01). O ja, jou reamer sal goed werk, ek hou net nie van langer (TPL) patrone in die korter(ligte) koe?ls nie. Die plek vir uit-"seat" is te min wanneer verstellings gemaak moet word wanneer kamer so bietjie te lank word teen die einde. Ek bou m.a.w. net 'n veiligheidmaatre?l in my kamer om wanneer die loop klaar raak, so bietjie langer te seat om meer akkurate skote te kry. Dit is al rede. Wanneer die lands wegbrand, ontsnap van die gas om die koe?l(koe?l float) en brand dit nog vinniger.

Ek reken jou reamer gaan beter werk op 1in10 lope as myne.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ... Moenie dat ek jou ompraat of van plan laat verander nie ...
Nee Taffie, jy verstaan wat ek probeer bedoel verkeerd.  Jy s? ek wil altyd anders wees, maar ek gaan nou jou raad noukeurig volg (solank ek dit kan bekostig, natuurlik.)  Jy's nou my AI-ROER GURU en het al die huiswerk mos klaar gedoen.  Glo jy sal toesien dat ek die veranderinge met min beslommernis en so koste effektief moontlik agter die rug kry.  Wat is die is die volgende stap met my 243 Win wat in Windhoek l??  Sal ek hom verander in 'n 243 AI?  Moet ek 'n nuwe kamer op die ou loop sny?  Moet ek iewers 'n reamer bestel en koop?  Watter Gunsmit sal jou goedkeuring wegdra, gegewe my ligging?  Moet ek die ou loop afhaal en 'n nuwe een opsit wat 1 op 12 groefdraai het?  S? my, dan maak ek so.

Ek luister mooi
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Louis102 »

O ja, Taffie, ek het vir "ONS" projek 'n Terminator-knaldemper gewen tydens OTA IV.  Dink jy ons moet hom op die nuwe 243 AI sit?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

Louis

Ek wil nie h? dat jy deur my in 'n blik gedruk word nie.

Ek sal die ou loop hou, lyk nie of hy enige noemenswaardige skote het nie en kan as leermeester gesien word. Lekker dikkerig en meer as lank genoeg. Ek sal dit slegs laat sny, maar sal nie lang "free bore" aanbeveel/like nie. As die TPL met die 70grein Blitzkings in die omgewing van 67mm(.4mm weerskante toe) is dit kort genoeg en jy sal sien dat die hele skag van die koe?l in die nek sit saam met die boat tail. Genoeg spasie vir seat en sulke lekker verstellings.

Ek sal ook persoonlik hou daarvan dat jy jou eie reamer bestel(vra dit aan waarvoor jy dit gaan gebruik, Dave Kiff my man) en sorg dat die spesifikasies is vir soos: 70grein Blitzking/65grein Vmax/68gr Berger Match of so iets. Gewoonlik sal die verskaffer vir jou 'n drawing stuur en dan moet jy net die nodd gee. Maklik is ook om dan die kortse free bore moontlik aan te vra as jy net ligte goed gaan skiet.

Darie 1in10loop gaan 75gr Vmaxe soos bomme skiet en met jou nuwe scope lag-lag onder die 7mm groepe. Gebruik die beste(geld praat nie hier nie, maar die werk) gunsmith wat jy ken en van weet. As jy sukkel in die verband:
                                                                                      Kom kuier 4dae in die Karoo en ek sal jou na 'n man toe vat wat dit kan doen en ek het 'n reamer vir jou. Nommerpas vir die 70grein Blitzkings en  ook nommerpas vir alle Vmaxe in die 6mm. Ek weet van 7 Ackley's wat gesny is en nie een oor 10mm groepe nie. 'n Paar gooi driekwart duim op 300m. Ek gaan nie name noem nie, want dan is al die Smitte wie ek nog nie gebruik het nie, weer kwaad vir my. Dawie kan jou ook help met die name.

Voorspoed.

Ps. Ietsie om na op te let as die man die kamer sny:
1. Sorg dat hy die hele ou kamer afsny, dit bring mee dat hy van vooraf die "true band" kan maak agterop die loop/knox.

2. Sorg ook dat "true band"(dit verseker dat die boor en die buitekant van die loop/profiel reg is, die boor/gat moenie eenkant toe wees nie) voorop die kroon gesit word en dit sorg dat die hele loop in die bank 100% opgelyn is voordat enige snywerk begin word. Hierdie proses neem gewoonlik langer as die snywerk.

3. Smit behoort kamer te sny(skerp reamer) sonder om dit na die tyd te "flat/smooth" met skuurpapier en sulke nonsens. Die snywerk moet die kamer afrond en nie ander goete nie.

4. Inspekteer die kamer met "bore scope"!!!!!! Veral waar die reamer sy werk gedoen het en of al die "lands" skoon is.

5. Kroon!!!!!!!!!!! Miskien 'n vinnige werk, maar o tog so belangrik.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

Louis102 wrote:
O ja, Taffie, ek het vir "ONS" projek 'n Terminator-knaldemper gewen tydens OTA IV.  Dink jy ons moet hom op die nuwe 243 AI sit?

................O ja!  :D
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

Louis

Nog ietsie van belang in my boek:

Ek laat die dop(splinternuut) wat ek gaan laai in die toekoms as die "go and no-go gauge" gebruik. Wanneer die kamer klaar is, moet di dop in dit die slot net-net laat toeknyp. Dit veroorsaak dat "mis fires" nie sal gebeur met die fire forming nie. Te lekker om Vlekkie dood te "Fire form".
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ... Ek wil nie h? dat jy deur my in 'n blik gedruk word nie ...
Taffie

Ek word nie sommer onwillig in 'n blik gedruk nie, dis nie my geaardheid nie.  Jy het tereg ges? ek hou daarvan om my eie kop te volg.  My mind was voor hierdie gesprek reeds opgemaak, want ek het reeds 50% aandeel gekoop in 'n 243 AI - reamer wat oppad is Nambi? toe, maar as daardie reamer nie die regte een is nie, moet ek mos nie my kamer met hom laat sny nie?  Daarom gaan ek jou raad nou volg, want ek weet te min. 

Sal maar hoor as Mr. Marais klaar gejag het, wat die speks op die reamer is, my versoek was 'n reamer vir 70gr Blitskings / Nosler BT's.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

Louis
Sal maar hoor as Mr. Marais klaar gejag het, wat die speks op die reamer is, my versoek was 'n reamer vir 70gr Blitskings / Nosler BT's.
......nogal die ou vir Sannie.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

Louis

Nog so ietsie vir nadenke: Wees tog asb. other wise en maak 'n akkurate 243AI! :D

Moes al van kleintyd af hoor by die oumense, jy's altyd: "Other wise".
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by JACQUES BOTHA »

Manne
Uit onkunde het ek were n paar woordjies gehoor wat ek verkalring vooor doek..
Soos n bekende bekroonde begaafde skrywer dit noem dis alles 6mm's  maar watter een is dan die beste ( behalwe die een wat jy reeds het?)
243 LR
6mm XT
6mm XL
6mm Dasher
6mm rem ugly
6mm BR
243 ugly
6mm 25 ugly kan ek seker bygooi
6mm ppc en nog nklomp wat ek nog nie van gehoor het nie
kan al die roere die maagdelike 3500 tot 3600+ kerf haal.
watter een doen wat waar die beste?
Is die 243 sdt en ugly steeds die beste pad om te loop? Ek wonner ma net.
Groete
Jacques
 
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Louis102 »

Jakes

Alles is nou vreedsaam, moenie nou weer 'n ding begin nie!  Kort voor lank is die 308's en die 22 250"s ook weer in die mix en die emosies in die rooi!

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by WillemS »

243AI Manne

Terwyl die onderwerp weer onder bespreking is! Watse kruit gebruik julle in die Ackleys saam met 70gr koeels? S365 of S355?
Ek weet baie manne skiet in die standaard 243 S355 saam met die 70greiners, maar sal 'n ou dit in die ackley ook gebruik as ek 'n 28 duim loop het?

Willem
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by DSBW »

Persoonlik dink ek 'n goed geboude, goed ge-oliede .308 skop enige ugly se agterend op 'n jakkalsjag. Vra vir Louis, hy het sommer lelik opdraande gekry oor hy s? mens moenie .308 vir jakkies gebruik nie!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by tafjak »

WillemS

S355 in die 27- en korter lope. Ek self skiet nie sommer lope langer as 26duim nie.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by WillemS »

Dankie Oom Taffie!

Willem
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by JACQUES BOTHA »

FM
"Sal 'n man sy 243 met 6mm Ackley reamer kan sny om langer nekke te kry en dan 6.5x53 doppe gebruik?"
Daar is nou so baie 6mm in omgang en hoor gereeld van nuwe een.
Begin daai een en dan noem ons hom n "6MM JARACAL AI"
WAG OM TE HOOR VAN JOU KANT AF..
Sal darem lekekr windgat klink as jky se jy skiet met n "6MM JARACAL AI"
HOES DAAI?
gROETNIS
JACQUES
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Francois Marais »

JB

Daai ding sit al lank in my agterkop, gee my net kans om by die huis te kom, dan kan ek bietjie krap en kyk, ons sal ietsie moet bysit, die 6mm Rem AI is kla daar, wat van n 257 something, met 7x57 dop en AI mondering????? Weet jy like ook die 25's......75gr of 87gr teen 4000ft/sec

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 243 Winchester Ackley Improved

Post by Raven »

Francois Marais wrote: wat van n 257 something, met 7x57 dop en AI mondering????? Weet jy like ook die 25's......75gr of 87gr teen 4000ft/sec
Mooi loop
Francois
.... Dan wil ek ook een h?  ;). Jy beter nou maak en terugkom dat ons die wiel aan die rol kry.  :police:

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Post Reply