Red dot/Reflex sight vir 9.3x62

Post Reply
User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Red dot/Reflex sight vir 9.3x62

Post by Schalk van Wyk »

Ek het altyd n teleskoop op my 9.3 gehaat maar sy kolf is nie ideaal vir een nie. Die kam val baie na die agterkant toe so hy is eintlik gemaak vir oopvisier skiet.

Het nou n picatinny laat opsit en is opsoek na n lae profiel red dot/reflex sight om op te sit.

Kort bietjie advies waarna om te kyk.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Red dot/Reflex sight vir 9.3x62

Post by DWB »

Aimpoint Micro H1 is ñ bul!

Het al oor 700 skote met myne op 404.

Het al van 2m tot 170m skote geskiet sonder drama.

Moenie groter as 2MOA gaan nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Red dot/Reflex sight vir 9.3x62

Post by DWB »

Jy kan natuurlik na Trijcon RMR en Docter sights ook kyk.

Die lekker van die Aimpoint is dat jy die kolletjie se helderheid kan verstel, en dit gee die illusie dat hy kleiner of groter vertoon.

Daar is nou 'n Aimpoint op Gunafrica met 'n Blaser mount, die agente behoort jou met 'n Weaver mount te kan voorsien.

https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 11534.html

Ek het juis vir 'n Aimpoint gegaan op my 404 oor my kolf ook meer geskik is vir oop visier skiet.

So waar ook al jou oog daai kolletjie optel daar skiet jy. Cheek weld is nie 'n probleem nie.

Van 21 diere in die laaste jaar is slegs 1 nie met my 404 en die Aimpoint geskiet nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Re: Red dot/Reflex sight vir 9.3x62

Post by Schalk van Wyk »

DWB wrote:Jy kan natuurlik na Trijcon RMR en Docter sights ook kyk.

Die lekker van die Aimpoint is dat jy die kolletjie se helderheid kan verstel, en dit gee die illusie dat hy kleiner of groter vertoon.

Daar is nou 'n Aimpoint op Gunafrica met 'n Blaser mount, die agente behoort jou met 'n Weaver mount te kan voorsien.

https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 11534.html

Ek het juis vir 'n Aimpoint gegaan op my 404 oor my kolf ook meer geskik is vir oop visier skiet.

So waar ook al jou oog daai kolletjie optel daar skiet jy. Cheek weld is nie 'n probleem nie.

Van 21 diere in die laaste jaar is slegs 1 nie met my 404 en die Aimpoint geskiet nie.
Dankie DWB. Sien jy kry n H1 en n H2. Is dit die moeite werd om na die H2 te kyk?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Red dot/Reflex sight vir 9.3x62

Post by DWB »

Ek het ongelukkig nie ondervinding met die H2 nie, maar as hy ñ verbetering op die H1 is moet hy deksels goed wees!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Red dot/Reflex sight vir 9.3x62

Post by Frederik »

Schalk, as jou 9.3 nou aan die gang is dan kom jy eendag saam met Deon en kom skiet BASA dan sal jy mooi sien hoe werk die Aimpoint vir jou.
Post Reply