Hi Manne,
Ek het hulp nodig, wil begin self herlaai op my 243 en wil weet wat is die beste vir jag.
Watse koeels/punte/projektiele werk die beste? gr?
Ek wil Somchem S365 gebruik (as ons weer eendag kan kry)
Dankie!
Musgrave .243 Herlaai hulp.
-
KalahariLion
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Fri May 26, 2017 1:38 pm
Re: Musgrave .243 Herlaai hulp.
Middag Meyrtrix
My .243 Musgrave hou vreeslik baie van die 87gr Hornady Vmax met S365.
Sterkte, die .243 is maar `n moelike ou om eers lading te ontwikkel.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Musgrave .243 Herlaai hulp.
Jou Musgrave het heelwaarskynlik 'n 1 in 10 groefdraai en 100gr koeëls met 'n plat gat behoort nog redelik te skiet in hom.
Die koeëls van 90gr en ligter behoort goed te werk.
Ondiere skiet - van 55gr tot 87grVmax sal hievoor werk. Die 75gr Vmax skiet lekker plat vir meeste toepassings van jakkals, rooikat, ape ens. skiet.
Jag - probeer met gewone lood/koper koeëls om by die swaarder koele te bly 90-100gr om sodoende vleisskade te beperk. Die ander opsie is om 80gr Barnes, Frontier, Kriek ens. monometaal koele te gebruik.
Die 243 het sy foefies, maar as jy die stuk hieronder lees kan die manne jou help met QL om by die nodes uit te kom met veilige druk.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312
Lees op oor "doughnuts" en ander probleme soos doppe wat rek by die 243.
Ladings vir S365 is verkrygbaar by Somchemreload.com. Gebruik beginladings synde S365 baie onvoorspelbaar is.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Meyertrix
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Mon Dec 03, 2018 1:30 pm
Re: Musgrave .243 Herlaai hulp.
Dankie vir die terugvoer. Ek lees die ouens praat met lof van die VMax en die Kriek. Ek sal bietjie alles meet en die QL opsie probeer vir n basis om te begin.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2211
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Musgrave .243 Herlaai hulp.
Daar is baie .verskillende faktore om in ag te neem wanneer jy vir n jaggeweer wil herlaai. Hoofsaaklik herlaai n mens weens twee redes: kostes en akkuraatheid.
Die heel belangrikste vir jag is akkuraatheid, anders het jy n kwesnok en n biltonglose jaar.
Dus moet jy die kombinasie soek wat die heel beste in jou geweer werk. Omdat n 243 se dop groot ia in vergelyking met die koeël ("overbore") is hy maklik vol -geite. Maar dis haalbaar.
Bly weg van teiken- en plaagdierkoeëls. Kry iets bekend is dat hulle die werk kan doen en wat boonop jou sak pas. Sierra en Hornady ia n goeie begin.
Jou geweer se groeflengte bepaal die maks gewig wat hy akkuraat behoort te skiet.
Lees baie na. En vra.

Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Musgrave .243 Herlaai hulp.
Wat is jou doel met herlaai? Die Vmax is 'n varmint koeël, met ander woorde hy het geen interne versterking nie en breek dus maklik op. Dis 'n goeie koeël as jy wil jakkalse, dassies ens wil uitdun.
As jy wil jag, kort jy 'n koeël wat beter geskik is vir jou doeleindes. Dan begin jy kyk na bonded koeëls (Nosler Accubond, Swift Scirocco ens) of mono metaal koeëls (Kriek, Barnes etc).
Die Vmax gaan baie vleisskade maak, die bonded en mono's gaan minder skade maak.
Ek het besluit op die Nosler Ballistic Tips 95gr in my 243Win. Ek. Skiet hoofsaaklik op die baan met hom, maar sal nie huiwer om 'n springbok of 'n blesbok aan te vat met hom nie.