Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by andre007 »

Hallo julle

Ek het voor die naweek se veldskiet skietbaan toe gegaan en gaan zero bevestig. Ek het gesien dat met n 100m senter zero die geweer op 150m 1'' regs skiet en op 300m 2'' regs skiet my hoogtes (clicks) met behulp van Strelok werk presies uit.

Die geweer is n Musgrave .243 met Thor basisse en ringe op (die tipe wat grubscrews aan die kante het om windage te stel.) Die teleskoop is n Nikon Prostaff 4-12x50.

Ek en Marius het vanoggend die afêre bespreuk, ek het met die gedagte gesit dat die teleskoop dalk skeef monteer is, Marius op die ander kant dink dat dit dalk die teleskoop kan wees.

Ek skiet nie kopskote nie weens bewerasies en daarom het die 2'' my nog nooit regtig in die jagveld gepla nie, maar ek het die naweek gesien as mens moet skiet op n 4'' gongetjie en jy moet onthou dat jy op 300m regs skiet en nog moet 'gee' vir n van links na regs dwarswind moet mens lelik begin kophou.

Wat dink julle, waar begin mens krap?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by tripodmvr »

Dit wat ek nie gevra het nie is of jy ook aan die vergroting gestel het tussen die 2 afstande nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by andre007 »

tripodmvr wrote:Dit wat ek nie gevra het nie is of jy ook aan die vergroting gestel het tussen die 2 afstande nie.
Marius
Op 100m was ek op x8 en 150m & 300m x12. Sal dit so groot verskil maak?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by tripodmvr »

As die lensgroep wat verskuif skeef loop t.o.v. die geweer se as kan dit so verplasing gee. Miskien moet jy kyk op 100m as jy met 4x vergroting en 12x skiet
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3648
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by Fanta300 »

Is jou teleskoop 100% vertikaal monteer?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by ruaanb »

Is teleskoop op grootste vergroting ingeskiet?
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by andre007 »

Dankie vir almal se terugvoering. Gaan krap en laatweet!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by dehacked »

Ek ken nie die teleskoop maar kan dit nie dalk paralaks wees nie?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by Flip Nel »

het iemand anders al geskiet, doen dit die selfde
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by Toxxyc »

Flip nel wrote:het iemand anders al geskiet, doen dit die selfde
Goue vraag.
User avatar
Bigfoot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 256
Joined: Sun Sep 27, 2015 7:06 pm

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by Bigfoot »

Spin drift will move the group a couple of millimetres to right, but not 1 inch between 100 and 300m.
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by Wattlegrove »

EK het in Feb die aand voor 'n gongskiet besef my POI skuif skuins soos jy verduidelik. Na 'n gespook en 'n gespartel het ek besef op een of ander manier het my basisse seergekry en die telesoop was dus skeef gemonteer. Ek het eers gedink dit is die scope wat foutief is maar na n deeglike ondersoek was dit toe nie. Wat ek wil se is gaan maar alles van bo tot onder. Die "setup is baie dieselfde. Lynx basisse, thor ringe(grubscrews) en 'n Nikon Monarch.
Ysterkat
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am

Re: Nikon Prostaff impakskuif van 100 - 300m

Post by Ysterkat »

Waar het die son gesit toe jy geskiet het? As die son aan jou linker kant gesit het, kan dit die oorsaak wees. Ons skietbaan is noord-suid. Dus in die oggend as die son aan jou linker kant is moet jy links in die son in stel. In die middag met jy weer regs in die son in stel
Post Reply