Lynx lx3 2.5-15x50 vraag
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Lynx lx3 2.5-15x50 vraag
Naand almal, hoop oom Hercules lees dié. Is daar n verskil tussen die 2 modelle se erector stelsel(verskoon die engels) Dis nou die 1 met sa jagter kruis en capped turrets en die tactical model met target turrets. Ek weet hul stel nie dieselfde eenhede nie maar wil weet of die meganika binne dieselfde is asb, asook of hul dieselfde lense het. Groete
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Lynx lx3 2.5-15x50 vraag
Hallo Lamtjop
Die twee modelle is identies wat lense ens. betref. Die "erector tube" is ook dieselfde, so jy kan die twee modelle se reticles omruil. SA Jagter model stel in 1/4 MOA klieks en die Tactical model in 0.1mil klieks. Jy kan egter nie as jy die SA Jagters model het eksterne zero-stop turrets laat opsit nie, ook nie anders om nie. As jy dus die SA Jagters model met eksterne turrets wil hê, dan moet jy die Tactical model bestel en versoek dat die tactical kruisdraad met 'n SA Jagters kruisdraad vervang word, dit sal seker so 10% eksta kos. Verstellings sal dan 0.1mil klieks wees.
Hoop dit antwoord jou vraag.

Dankie oom Hercules, oom het al my vrae beantwoord. Ek wil eintlik die sa jagter scope hê met capped turrets en dan net die 3 of 4 keer per jaar die knoppe draai vir die vêr gonge, wou net weet dat die meganika in die sa jagter scope dieselfde is as die in die tactical model. Dankie