Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post Reply
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by MEERKAT »

Koos

Wat is die prys van die scopes en waarvoor staan die L en  300 kruishaar?
Mooi loop
MEERKAT
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Louis

Ek dink tog dat ons van dieselfde ding praat.

As die kol(teiken) 100 meter weg staan en die vergroting is op 7 sal die kruishaar nogsteeds 33mm(my teleskoop is 33mm hoog op 100m) hoog wees, my tweede kruis 76 + 33 hoog, my 3de kruis 33 + 76 + 40 (mm), my laaste kruis 33 + 76 + 40 + 50 (mm).

Nou ons kan die afstande en die vergrotings verander, die waarde van die afmikkruise bly dieselfde.

Help my!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

tafjak wrote: .... Nou ons kan die afstande en die vergrotings verander, die waarde van die afmikkruise bly dieselfde ....
Tafjak, dalk is jy doodreg, jy't meer ondervinding met die betrokke kruishaar (4A-300) as ek.  Ek verlaat my maar op Swarovski se balistiese program, maar miskien interpreteer ek dit ook verkeerd.  Hier is hoe ek dit lees met die volgende balistiese data as basis ter illustrasie ingevoer:

85gr koe?l
3450fps
0.331 balistiese ko?ffisi?nt
200m Zero

Nou verteenwoordig die onderste afmikstrepie op 12 X vergroting, 487 tre? (d.w.s. ek sal op 478 tre? in die kol skiet as ek met die onderste strepie mik) by die Z6 2-12 X50, maar op 6 X vergroting verteenwoordig die onderste afmikstrepie 672 tre? as ek met hom afmik.  Verder, as ek nou na die Z6 3-18 X50 teleskoop gaan met die selfde kruishaar lyk dit nou so (selfde balistiese data)  op 12 X vergroting verteenwoordig die onderste afmikstrepie nou 587 tre? en stel ek dit af na 6X vergroting verteenwoordig die onderste afmikstrepie 811 tre? as ek met hom afmik.

Miskien lees ek dit verkeerd?  Help maar reg.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Louis

Die kruishaar wat jy van praat ken ek nie. As dit saam met die vergrotings werk of nie, behoort die waadre nooit te verander nie, maar die rangeing kan verander soos met enige ander kruishaar en vergrotings.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

tafjak wrote: .... Die kruishaar wat jy van praat ken ek nie ....
Taffie, jammer, ek was onder die indruk dat die Swarovski wat jy gebruik wel die 4A-300 kruishaar in het.  Dink steeds ons praat miskien so bietjie by mekaar verby en nie noodwendig van die selfde ding nie.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Louis

Die teleskoop wat ek het, het die 4a 300 kruishaar. Die verskillende zero afstande wat jy van praat is verseker nie die 4a 300 kruishaar nie, maak nie saak op watter vlak hy is nie

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

Dan is dit reg Taffie, ek verstaan seker nie hoe werk Swarovski se balistiese program nie.  Ek het wel 'n fout gemaak en verkeerdelik gepraat van 200m zero in my voorbeeld hieronder, maar ek het egter 200 tre? zero ingevoer in die program.

Dit verander egter nie die beginsel nie en ek sal probeer uitvind waar my fout l?.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Geno »

Oom Leeu,
Hoekom voel dit of ek en oom die selfde kat beet het?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

Geno, my Engels is nie so baie goed nie, miskien kan jy my help om hierdie stukkie uit die Swarovski Manual te verstaan:

Image

Hoop jy kan dit lees.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

Sorry Geno, sien my poging het nie so duidelik uitgekom nie.  Kan jy / Taffie / iemand my dalk help om hierdie te verstaan (ek haal uit die Swarofski Manual aan):

[align=center]"Please note that when changing the magnification you are also changing the corresponding aiming points for the relevant bars!  The central aiming point - the first zero range - remains unaffected by the change of magnification, it always remains the same."[/align]
Ek dink dis wat ek probeer s? het in my vorige klomp posts, maar miskien verstaan ek dit steeds verkeerd.

Groete
Louis
Last edited by Louis102 on Fri Jul 01, 2011 11:02 am, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Geno »

Oom Leeu,

Dis hoe ek dit ook verstaan, dieselfde as Oom!
Goed, beter, 6millimeter!
Adaan
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Adaan »

The reticle can be placed in two different positions in the scope:
First or front focal plane reticle placement is common on European scopes. These scopes have the reticle placed in the objective end, or forward of the erector system. This causes the reticle to be magnified at the same rate as the target. When you increase the magnification the reticle will continue to cover the same amount of the target as it did at low magnification.
One advantage of having the reticle in the first focal plane is with a multi-point mil-type reticle because it stays the same size relative to the target.   
Most American made scopes (including those made for U.S. companies in the Far East), have the reticle placed in the second, or rear focal plane. In this position, the reticle will not be magnified at the same rate as the target. In other words, when you increase the magnification on a rear focal plane scope, the reticle will subtend less of the target than it does at low magnification.  For the majority of hunting applications in the US, positioning the reticle in the 2nd focal plane is desirable.  The biggest drawback to our common second focal plane scopes is that on variables, they are susceptible to POI shift as the power is zoomed.  Careful construction helps eliminate this, but it is not an issue with first focal plane scopes as that part doesn't move when zooming.
Most European scopes have the reticle in the first focal plane and the reticle will remain constant, however quite large on high magnification. For most American hunting applications it is too large. Most European hunting is not done at such long distances. 
Many tactical groups prefer front focal plane designs because common tactical reticles serve a dual purpose: a point of aim and a means of measurement. Reticles such as a mil dot are based on a specific subtension and require exact feature spacing to be accurate; if this type of reticle is used in a rear focal plane design, the scope must be used on a single, specific magnification (typically high power). Placing this type of reticle in a front focal plane design allows the operator to use the scope on any magnification while retaining the exact spacing of the reticle features.

If the reticle cell has shifted, due to time and recoil, it will create excessive parallax, meaning the reticle apparently wanders around the aiming point when you shift your head behind the scope.  Groups tend to string up and down when this happens.  The reticle cell can also come loose.  I have had this happen to the reticle on a cheap Chinese SKS scope which turned the reticle into an ?X? after a minor amount of use.  You can?t hit anything when this happens either! 
Weet nie of dit help nie
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Biker »

Louis
Moenie dat hulle jou deurmekaar maak nie ,want jy verstaan die ding 10000000% reg.
Jou afmikstrepies sal altyd op ander plekke Zero as jou vergrotings verander.
Groete
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

Biker wrote: ... Jou afmikstrepies sal altyd op ander plekke Zero as jou vergrotings verander ...
Biker

Interessant, Taffie kan vir Slingervel op 'n stewige bench neersit en die proef self doen.  Indien jy deur die scope kyk terwyl jy die vergroting stel, skuif die hoof kruishaar nie van teiken af nie.  Al die ander afmik strepies skuif egter van teiken af terwyl jy die vergroting stel - raar maar waar.  (dink toevallig dis hier waar die top teleskopehulle sout werd is - om nie Zero te skuif, al verander jy vergroting nie) 'n Ander toets vir Taffie is om sommer op 'n lekker groot teiken te skiet terwyl hy met die onderste afmik strepie korrel, as hy sy vergroting verander, behoort hy te sien dat hy dan op 'n heel ander plek skiet.

As ek verkeerd is, sal ek vir hom 'n ekstra groot milkshake by Wimpy koop, as ek weer daar in die Oos Kaap kom. 

Mooiloop
Louis

Ns.  Is daar 'n lekker plekkie naby Aliwal waar die vrou en kinders in Oktober sal kan uitspan?  Iets soos 'n kinder vriendelike spa of iets?  Antwoord my maar in 'n PM, ek wil nie graag die onderwerp bederf nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by DSBW »

Louis

Ek het gister die Z62-12 die eerste keer vir 'n "extended" dagjag gevat, met afstande wat gewissel het vanaf 210 tot 340 meter, springbokke, koedoe en gemsbok. Behalwe dat ek kan rapporteer dat hierdie 'n ongelooflike teleskoop is, by v?rre die beste waarmee ek al gejag het, kan ek verseker bevestig dat jy heeltemal korrek is oor die afmik strepies, en Swarofski se handleiding is wragtag ook 100% korrek.

Ek het 'n paar keer op 10 vergroting geskiet, was totaal onakkuraat gewees. Op 12 vergroting was die akkuraatheid in terme van die ballistiese program en my ladings verstommend, om die minste te s?.

Vir een keer in my lewe het ek nie "buyers remorse" oor 'n duur ding wat ek gekoop het nie, uit en uit die moeite werd!

Dawie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

Dawie Blaauw wrote: ... Vir een keer in my lewe het ek nie "buyers remorse" oor 'n duur ding wat ek gekoop het nie, uit en uit die moeite werd! ...
Dawie, ek was nou die aand bevoorreg om deur daardie scope van jou te kyk en ook om 'n paar skote te skiet - nie gedink jy sou ooit spyt kry oor daai kopie nie!  Die ander roere in die kluis word seker maar lekker afgeskeep, n??  Ek neem vannaand 'n 3-18 X 50 Z6 vir 'n jakkalsjag toetslopie, welliswaar op die rooi temperamentele ou bitch van 'n 25-06 monteer, maar ek kan nie wag nie!

Groete van huis tot huis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Louis, Louis !

Jy is reg, ek is die dom ene hier. :D

Mooiloop en geniet die teleskoop.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ... Mooiloop en geniet die teleskoop ...
Thanks Taffie, ek's hoogs be?ndruk met hierdie betrokke teleskoop na 'n suksesvolle jakkalsjag toetslopie.  Ons sal 'n pad kan loop, maar wens ek het 'n roer van die selfde gehalte gehad waarop ek dit kon monteer ....  die gewere, eerder as die teleskope, is waar my moeilikheid l?.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Louis

Baie bly jy geniet die scope en hoop dit bring eeue se plesier.

Los nou julle nosnsens en gr?nde kalibers en maak 'n 243 Ackley(weet dat jy like om anders te wees).  ;) :D

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Beretta »

Taflak
Dit maak sin met wat jy se.Wat prys daardie scopes nou
Beretta
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Beretta

Jong, seker so rondom R23-000, maar kry pryse op die verskillende web sites van die verskaffers soos S&O, Skietwinkel ens.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ... Los nou julle nosnsens en gr?nde kalibers en maak 'n 243 Ackley(weet dat jy like om anders te wees).  ;) :D
Taffie, jy's reg.  Ek hou van anders wees .... eintlik om myself te wees.  Vir die ander nommers op die Z6-scope, kan ek egter nie die krediet vat nie.  'n Sekere Mnr Norton Izaks wil so graag h? ek moet met 'n Swarovski skiet, dat hy my 'n aanbod gemaak het, wat ek moeilik kan weier.  Dit sal nou omtrent sy dag maak as ek s? die Swarovski wat hy my gestuur het, is beter as my Zeiss!!

T.o.v. die 243 Ackley, sal ek na jou goeie raad luister:  Die afnek-kolf wat jy destyds met soveel empatie vir my gelap het word nou vervang, so my 243 is in Windhoek.  Terwyl hy daar is en indien ek 'n reamer in die hande kan kry, dink jy ek moet sommer 'n Ackley-kamer laat sny?  Net om te wys ek is nie anders nie?

Ek luister graag mooi
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by tafjak »

Louis

Lyk my ek en jy is dieselfde bootjie, maar ek sal nooit die 2 scopes(Swarovski en Zeiss) teen mekaar afspeel nie. Elke ou het sy plek en gaan jou sommer nou s?: "Ek bly by dit wat werk en altwee werk uitstekend!". Die Swarovski is eintlik die ene met die kruishaar en soek lankal so iets. Ek sal eintlik moeilik kies tussen die 2, maar die Swarovski sal seker teen die einde van die dag die "nodd" kry. Die Z6'e het die w?reld moeilik gemaak vir ander scopes, veral in my tipe van jag en die ander "Brands" sal moet by kom as moet dink aan iets nuuts.  Intussen hoef ek nie te v?r te soek nie.


So, Z6 in die 2-12x50  bly my eerste keuse.

Ek hou nie daarvan om anders te wees nie, maar ongelukkig is ek anders en sal so bly.

Oor die 243 Ackley gaan ek jou elders antwoord.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by MEERKAT »

Beretta

Sien oor die water verkoop hulle vir so $2000.00.
My Tasco moet Amerika toe vir reperasies wonner of daardie $2000.00 scope in besigheids koffer sal pas, hoe lank is hy nou weer Taffie?

Miskien maar Tasco daar anderkant weggooi as hulle hom nie kan regmaak ;D

Mooi loop
MEERKAT
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar

Post by Freddie101 »

Louis
Jy en Taffie en die ander manne praat nou so lekker oor die Swaro. Dit maak my jaloers.

Taffie, waneer is jy weer in Cradock. Wil graag deur daai scopie loer in die nag. ( dit is net wragtig koud deesdae)Het klaar geskeer en het dalk nou n tydjie.

Groetnis
yol bolsun
Post Reply