Twee vrae

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Twee vrae

Post by Vlakvark »

Vir die manne wat een het ,of al met van hulle te doen gehad het.Ek het nou amper vir 'n jaar nie LR geskiet nie,maar net gejag.Het half belang verloor om heel tyd alleen te moet gaan op stel ,skiet op pak en weer huistoe.Ek skiet op 'n plaas so twaalf kilometer van my huis af.een baan tot so 1000 m die tweede baan is lank :): baie lank.Nou het ek weer 'n skiet maat, vir hom is dit bietjie ver ,hy moet elke keer 170 km ry. So ons skiet tenminste een keer 'n maand .Nou my vraag een.Ek het 'n VX3 8.5-25x50 met 'n Varmint Hunter reticle op my ''Lr setup '' Nou wil ek graag 'n Nuwe teleskoop opsit.Ek het reeds die ''mount vir die teleskoop,34mm Spuhr.
Ek wil nou graag by die manne wat ondervinding met Schmidt Bender PMII 5-25x56 het weet ,watter een.Daar is 'n paar verskillende variasies,ook die 12-50x56.Is hy die moeite werd.Hulle is redelik op ''special'' huidiglik hier by ons.Ek is bietjie bang vir daai 12x minimum vergroting. FFP of SFP (Dit maak dit seker drie vra ) net voor Gawie kla
Aanwending ''prone '' of van die tafel af gonge,en gaan ook LR jag.Het hom al daarvoor gebruik tot op 460m.


Vraag twee Watter ''Ballistic calculator'' is die beste.Ek het al 'n paar van hulle op my foon.Maar ons wil nou 'n besluit maak oor watter, een ons moet gebruik. omdat ek wil hê ons moet die selfde ''calculator '' gebruik.Net om dinge te vergemaklik tussen ons,dan is ons mos op die selfde bladsy as ons met mekaar praat.
Moet 'n ou nie bekommerd wees oor meer as een ''calculator'' nie elke ou op sy eie,of gaan dit help as almal dieselfde het .
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Twee vrae

Post by Eugene »

Gerhard, ek kan jou nie antwoord op die eerste vraag nie, want ek het nie enige kennis oor die S&B PMii nie...

Wat jou tweede vraag betref, het ek maklik 5 verskillende apps al probeer en Strelok Pro werk vir my die beste oor die algemeen en is die mees "gebruikers vriendelikste" van die lot. Dis ook maklik om jou skietmaat se data op te laai, vir as hy sy foon vergeet of sy battery raak pap.
Aim small, miss small
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Twee vrae

Post by Morkel »

Ek gaan nou iets se en dan kom daai man met die hout lepel.
Ek het die ou PM2 5 jaar oud. Ek gebruik hom vir lug geweer en kan verseker se sy parralax stel keer op keer 100% hy het geen shift en werk soos n tank. Sy tracking repeat homself elke jaar. En hell dit is nog steeds die scope wat die gross snipers verkies.
Is die nuwer modelle beter gebou het beter glas ek weet nie. Maar ek weet bemarking het baie tedoen


Sent from my iPhone using Tapatalk
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Twee vrae

Post by Vlakvark »

Blazer watter PM2 het jy en watter ''reticul'' het jy.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Twee vrae

Post by Vlakvark »

Eugenne het jy met Applied Ballistics gewerk.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Twee vrae

Post by PWV »

Vlakvark, dit is nie vrae nie. Vra ander vrae!!


Grappie. Ek stem saam met Eugene, Strelok Pro werk vir my ook uitstekend!
Kan nie help met teleskoop nie. Ek jag lekker met die Leupold VX3i.
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Twee vrae

Post by Morkel »

IMG_7897.jpg
IMG_7896.jpg
IMG_7895.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Twee vrae

Post by Vlakvark »

OK oom Pieter maar ek het net een ander Vraag.Sal my ''.303 Lametford'' beter skiet met die teleskoop tot by 2.4 km. ;)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Twee vrae

Post by Capt. Yoda »

P4L Fine daai van Phillip as ek dit nie mis het nie, moerse scope en ret daai.

Ek gebruik nou shooter maar strelok het ook goed gewerk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Twee vrae

Post by Morkel »

Capt. Oblivious wrote:P4L Fine daai van Phillip as ek dit nie mis het nie, moerse scope en ret daai.

Ek gebruik nou shooter maar strelok het ook goed gewerk
Moeni vergeet nie ek sal grasg wil weet of daai Razor sy naam werd is. ImageImage


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Twee vrae

Post by Kallie Fernhout »

Ek het twee van die teleskope, altwee is die 5-25x56 model met die P4L kruis. Dus n bul van n scope, glas is uitstekend sy paralaks fokus van 10m af en die kruis werk vir my uitstekend.
Sy clicks is crisp helder en positief, hy stel perfek elke keer van n 100m zero tot n 1250m en dan weer terug tot op n 100 zero elke dag heeldag lank.
Ek is nogal lief vir n fyn kruis en moet se hierdie is een van die min teleskope wat natuurlik FFP is wat se kruis se dikte my nie pla op vol vergroting nie. Sterkte met jou keuse.
thumbnail.jpg
As jy praat van "op special" daar by julle wat is die prys nou?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Twee vrae

Post by Vlakvark »

Make: Schmidt & Bender
Model: PMII 12-50x56 FFP P4F
Condition: New
Price: $3490
Advertised: 08/10/2018

En die 12-50x65 is 'n bietjie minder ,dink so $3140.00
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Twee vrae

Post by Geno »

MARCH Tactical 5-40 x 56 FFP
Price: $3950.00
Non-illuminated m-rad with FML-1 or Non-illuminated MOA with FMA-1 and FMA-2

;) ;) ;)
Goed, beter, 6millimeter!
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Twee vrae

Post by Vlakvark »

Geno ek hou van daai'' Non-illuminated'' .Ek hou nie van die elektronika in die teleskope nie,net nog iets wat buite waarborg kan breek.Gaan die March wel in die Spuhr'' mount'' pas. Spuhr SP-4001

Manne wie dra bril kan julle die lyntjies sien sonder jou bril. Ek dra lees bril. So ek gebruik hom nie terwyl ek skiet nie. Dis nou terwyl ek deur die teleskoop kyk en skiet. Ek moet wel my bril opsit om te kan skryf as ek klaar geskiet het.

Op die PM 2 sien ek heelwat af kortings LP/MTC/LT nou ek weet MTC is more tactical clics LT is ''lockable turrets ''. Ek weet nie wat die LP voor staan nie .

Daar is heelwat advertensies wat van mekaar verskil
PM2 LP/MTC/LT
PM2 MTC/LT
Is daar verskillende variasies of los party adverteerders net van die afkortings uit.

Ek wil nie 'n teleskoop koop en dan se iemand, jy moes eerder die een sonder die LT gevat het ,of eerder die een met die LP gevat het. Ek wil klaar koop en ek wil reg koop
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Twee vrae

Post by Geno »

Hy sal pas Oom. Bel vir Stuart en Annie Elliot in Australie en sê ek het Oom verwys. Hulle sal al Oom se vrae beantwoord.

+ses142141149een

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Twee vrae

Post by Eugene »

Vlakvark wrote:Eugenne het jy met Applied Ballistics gewerk.
Ek het al. Dit het vir my aanvaarbaar gewerk, tot daar 'n issue was met iphones. Dit is nou reggestel deur AB, maar ek verkies Strelok. Gee my beter DOPE.
Aim small, miss small
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Twee vrae

Post by Vlakvark »

Hi Geno,ek ken vir Stuart, al 'n paar keer met hom gesels op ''gun shows'' Het hom toe vanoggend gebel en so rukkie gesels ,Ek gaan na die teleskoop kyk ,maar my hart is maar erg op daai PM2.Ek wou hom al lankal gekoop het, dis hoekom ek die mount het ,het hom seker twee jaar of meer terug gekoop.Maar het so bietjie belangstelling verloor en minder begin LR skiet. Na ek op gehou werk het ,het ek met ''Model Engineering ''deurmekaar geraak en die tools gekoop wat ek nog altyd graag wou gehad het,en my tyd daar gespandeer.
Maar nou wil ek weer begin LR skiet.So ek wil graag 'n beter teleskoop op my ou .303 sit as daai Leupold 8.5-25x50 wat op hom is.

Die MARCH Tactical 5-40 x 56 FFP met die fyn kruis haar is ''un illuminated'' omdat die kruis blykbaar te fyn is om verlig te word. Wat se die PM2 manne oor daai P4 L fein hoe maak daai verligte kruis veral op die lae vergrotings.
Post Reply