Jag met of sonder 'n TROMP REM
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ja..wonder sommer wie jag met 'n Tromp-rem...
Yip, weet daar is baie wat met KD'S jag en sonder..
Weet ook dat die Tromp-rem baie lawaai....
So julle hoef my nie daaraan te herinner nie..
Yip, weet daar is baie wat met KD'S jag en sonder..
Weet ook dat die Tromp-rem baie lawaai....
So julle hoef my nie daaraan te herinner nie..
Last edited by JohanvB on Mon Nov 05, 2018 4:39 pm, edited 2 times in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jag met of sonder Blitsbreker
Die gids gaan jou daaraan herinner - miskien 'n manier om te verseker die gids is agter jou 
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Jag met of sonder Blitsbreker
Vinnige vraag van my kant: hoekom wil jy met 'n blitsbreker jag?
Ek verstaan 'n demper en 'n tromp-rem, maar 'n blitsbreker!
Ek verstaan 'n demper en 'n tromp-rem, maar 'n blitsbreker!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ok..dankie Gawie..ja 'n Tromprem.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Noem dit sommer 'n "amplifier", dan verstaan almal (hopelik?) wat die probleem is.
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1847
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ek skiet gewoonlik met 'n tromp-rem, maar het hom hierdie jaar afgehaal toe ek Karoo toe is vir Springbokke. Was bang ek maak myself en ander doof. Op die ou end het ek heeltemak alleen gejag, so sou kon regkom met oorpluisies, (maar dis steeds lastig). My geweer skiet ook op 'n ander POI met en sonder rem, so dis ook 'n schlep om twee keer ekstra teleskoop in te stel.
Volgende jaar hou ek die rem op. Dink daardie oorpluisies met die rigiede plastiek verbinding wat so om jou nek kan hang is die oplossing, mens kan dit vining opsit.
Volgende jaar hou ek die rem op. Dink daardie oorpluisies met die rigiede plastiek verbinding wat so om jou nek kan hang is die oplossing, mens kan dit vining opsit.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Dankie
LoopSoosStroop wrote:Ek skiet gewoonlik met 'n tromp-rem, maar het hom hierdie jaar afgehaal toe ek Karoo toe is vir Springbokke. Was bang ek maak myself en ander doof. Op die ou end het ek heeltemak alleen gejag, so sou kon regkom met oorpluisies, (maar dis steeds lastig). My geweer skiet ook op 'n ander POI met en sonder rem, so dis ook 'n schlep om twee keer ekstra teleskoop in te stel.
Volgende jaar hou ek die rem op. Dink daardie oorpluisies met die rigiede plastiek verbinding wat so om jou nek kan hang is die oplossing, mens kan dit vining opsit.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3999
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Skiet jy een bok en dan is jy klaar? SKiet jy vanaf 'n bakkie of walk en stalk jy? EK het al baie gesien hoe die bok agv. kneldemper nie dadelik weet waarvandaan die skoot kom nie en eers stilstaan en soek wat baie keer lei tot jou suksesvolle skoot. Met my .222Rem het ek al drie bokke geskiet voor hulle my kon sien. DIe wind en my agtergrond was ook darem baie goed.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Vraag bly staan, het jy gejag met 'n Tromp-rem?
- tau
- Hero Member

- Posts: 3999
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Nee ek het al saam met kliente gejag met Tromprem en my AR 15 het een op wat vieslike skok-golwe uitgooi.JohanvB wrote:Vraag bly staan, het jy gejag met 'n Tromp-rem?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ek het in 2006 met BSA 3006 en 270 met 'ported' lope in botswana gejag.JohanvB wrote:Vraag bly staan, het jy gejag met 'n Tromp-rem?
My ore fluit nou nog...
Sent from my iPhone using Tapatalk
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
EK het nog nie gejag met een nie, maar wel 'n bok geskiet met 'n pel se 7mm Rem mag met een op, na die skoot was ek toe onder die stof, so sal nie weer met een op 'n bok skiet nie... ek moes seker nie gele het daar nie maar nou ja daarom los ek hom maar.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ek het nog nie met een gajag nie maar ek het my kop langs Rudi se 25-06 met n brake op gehad toe hy een geskiet het. Ek kan ongelukkig nou weer begin hoor met daai oor as my vrou praat. As jy alleen jag kan dit seker werk as jy heeltyd met jou oorgoed op jou kop rond loop maar ek draai eder n KD op my jag roer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Marius@J
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Fri Mar 06, 2015 6:12 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ek het nog nie met een gejag nie, maar jy sal moet mooi onthou om jou gehoorbeskerming op te sit. Met gehoorbeskerming is 'n tromprem effens ongemakik, daarsonder maak hy seer. Selfs al is jy agter hom.
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ek al vir n paar jaar besluit om myne af te haal.
Op beide die skietbaan en in die jagveld maak hy die mense om en saam met jou net moerig.
En die arme gids wie se skouer ek van af skiet sal my vir ewig haat.
Nee wat, los hom by die huis..
Op beide die skietbaan en in die jagveld maak hy die mense om en saam met jou net moerig.
En die arme gids wie se skouer ek van af skiet sal my vir ewig haat.
Nee wat, los hom by die huis..
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Al bitter baie met een suksesvol gejag.
Net seker gemaak ek skiet nooit van die gids se skouer af nie, en hy en wie ook-al per geleentheid saam was, is agter my as ek die skoot vat.
Hang ook seker af watse kaliber, n 222 met n tromprem sal sekerlik minder moerige gidse/vriende veroorsaak as n 375 met een op.
In my ondervinding kry jy die meeste K-alfa-K op die skietbaan met die manne wat langs jou sit. 'N tromprem fk hulle konsetntrasie en (ore) op, en as die skietpunt onder dak is, hel dan raas daai affere eers!
'N tromprem lyk regtig 'cool' imo, maar op die skietbaan en meeste jagvelde waar daar saam gejag word, gaan daai 'cool lyk' nie goed afgaan nie.
Ieg - jy kry ook deesdae al hoe meer jagplaas-eienaars wat verkies dat jy nie met n tromprem op die plase jag nie.
Net seker gemaak ek skiet nooit van die gids se skouer af nie, en hy en wie ook-al per geleentheid saam was, is agter my as ek die skoot vat.
Hang ook seker af watse kaliber, n 222 met n tromprem sal sekerlik minder moerige gidse/vriende veroorsaak as n 375 met een op.
In my ondervinding kry jy die meeste K-alfa-K op die skietbaan met die manne wat langs jou sit. 'N tromprem fk hulle konsetntrasie en (ore) op, en as die skietpunt onder dak is, hel dan raas daai affere eers!
'N tromprem lyk regtig 'cool' imo, maar op die skietbaan en meeste jagvelde waar daar saam gejag word, gaan daai 'cool lyk' nie goed afgaan nie.
Ieg - jy kry ook deesdae al hoe meer jagplaas-eienaars wat verkies dat jy nie met n tromprem op die plase jag nie.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- tau
- Hero Member

- Posts: 3999
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
EK dink die Tromp rem geniet helse sukses omdat soveel state in Amrika nie knaldempers toelaat nie en hulle dan Tromp rem gebruik om recoil te beheer, en om ook net iets op loop te skroef wat "sniper" lyk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Hoe beinvloed dit die wild wat op geskiet word?
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
As die trop lekker naby is gaan 1 dood word en die res doof wordruaanb wrote:Hoe beinvloed dit die wild wat op geskiet word?
Sent from my iPhone using Tapatalk
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ruaan ek het al n paar springbokke / gemsbokke / blesbokke agtermekaar uit die trop geskiet met een op. Ja die bokke hardloop se entjie en gaan staan en kyk terug na die ou wat gesneuwel het, dan klap die volgende een en so aan. Wat ek wel agtergekom het is dat in bergagtige gebied en in duineveld is die bokke deurmekaar en weet nie uit watter rigting die gevaar kom nie, hulle maal rond en kyk in alle rigtings - dis seker die weergalms uit verskillende rigtings wat dit veroorsaak.ruaanb wrote:Hoe beinvloed dit die wild wat op geskiet word?
Dan het ek gevind in bosveld wereld en oop vlakte is dit die teenoorgestelde, die diere besef uit watter rigting die gevaar kom en hulle vat pad in die teenoorgestelde rigting so na die tweede skoot in meeste gevalle met my jagte.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Dankie Francois.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Dankie vir almal se insette. Waardeer..
Admin kan maar die post sluit asb
Admin kan maar die post sluit asb
- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Ons kan maar altyd weer een loop skiet as die gehoor n probleem raak.Capt. Oblivious wrote:Ek het nog nie met een gajag nie maar ek het my kop langs Rudi se 25-06 met n brake op gehad toe hy een geskiet het. Ek kan ongelukkig nou weer begin hoor met daai oor as my vrou praat. As jy alleen jag kan dit seker werk as jy heeltyd met jou oorgoed op jou kop rond loop maar ek draai eder n KD op my jag roer





Rudie.
Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
Rudiejacobs wrote:Ons kan maar altyd weer een loop skiet as die gehoor n probleem raak.Capt. Oblivious wrote:Ek het nog nie met een gajag nie maar ek het my kop langs Rudi se 25-06 met n brake op gehad toe hy een geskiet het. Ek kan ongelukkig nou weer begin hoor met daai oor as my vrou praat. As jy alleen jag kan dit seker werk as jy heeltyd met jou oorgoed op jou kop rond loop maar ek draai eder n KD op my jag roer
Rudie.
Sent from my SM-G800F using Tapatalk
Ons kan ry, ek het klaar gelaai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Jag met of sonder 'n TROMP REM
"Man with muzzle brake has no hunting buddies."

