Briewe vanaf plaaseienaars

Post Reply
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Briewe vanaf plaaseienaars

Post by Christo Els »

Deel van die proeses van my motiveering is om briewe van die plaaseienaars waar ek al gaan jag het te kry.
Dit dien as bewys dat ek al jag ondervinding het en dat gereeld jag.

My vraag is dan wat moet in die brief staan en kan ek een op my rekennaar maak en dan vul die boer net sy
besonderhede in en teken die brief. Verder by die toestemmings brief moet daar een vir elke jaar se jag wees of een vir al dit jare.

Hier is my voorbeelde (laat weet wat ek moet verander ASB)

Brief van die Boer
Hiermee gee ek(______________________,IDno __________________________) te kenne dat  Mnr _________________________, IDno ________________________ vir die afgelope tyd onder my streng toesig en leiding op my plaas (___________________) kom jag het. Waar ek vir hom die nodige opleiding en raad verskaf het om sy jagtogte by my en in die toekoms sal kan verbeter.
Die tydperk wat hy by my kom jag het was vanaf 2001 tot op hede. Hy het jaarliks so 2 tot 3 springbokke by my kom jag.



Hiermee bevestig ek dat alle bogenoemde inligting korrek is.




___________________________________

Mnr ______________________________

Die toestemmings brief
Hiermee gee ek_____________________, IDno  _________________ (die Plaaseienaar) vir Mnr ________________________,IDno _____________________ die nodige toestemming om op my plaas met die naam van _________________________ te jag. Die toestemming is slegs geldig vanaf  ________________ tot _______________ en slegs onder my persoonlike toesig.


____________________________________
Handteken van Bogenoemde Plaas Eiennaar
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Briewe vanaf plaaseienaars

Post by baboonstalker »

Christo, CFR het niks met jou vlak van ervaring te oen nie en ek dink jy kan daardie gedeelte maar uitlaat.
Die manne mag dalk oor wegskram om so 'n brief te teken wat lyk of dit hom verantwoordelik kan hou vir jou dade.

Jou gedeelte oor toestemming is voldoende. Hou ook die jaglisensies wat jy elke jaar uitneem, asook jou brief om vleis te mag vervoer.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Briewe vanaf plaaseienaars

Post by Yalair »

Plaas naam, distrik hoe gereeld jy kom jag is meer as genoeg bv vanaf 1998 tot hede ens

Groete
Ben
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Briewe vanaf plaaseienaars

Post by Christo Els »

Baie dankie Baboonstalker en Yalair

Baboonstalker Daar sal nie 'n probleem wees net teken ry nie want ek ken die manne goed, maar sal maak soos jy s?.

Dis nou my eerste keer wat ek hoor van jag lisenssies wat elke jaar uitgeneem  moet word en brief om vleis te vervoer.
Ek het nog nooit iemand hier in Upington daaroor hoor praat nie.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Briewe vanaf plaaseienaars

Post by Yalair »

Kry maar 'n verwyderings brief al gee die boer vir jou 'n bok/skaap verniet as natuurbewaring of veediefstal jou aftrek gaan jy pakslae kry as jy nie dadelik kan bewys wa kom die bok vandaan, as jy geweer by jou het + bok dan liefs maar 'n jagliksens ook.

Groete
Ben
Post Reply