Nuwe ou lid.

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Gerrit243
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Sun Apr 08, 2018 2:07 pm

Nuwe ou lid.

Post by Gerrit243 »

Ek geniet die forum so baie dat ek al skuldig voel.
Die ding is ek het dalk al te veel gelees en is dus sku om myself voor te stel al het ek al 'n paar keer vrae gevra en geondersteun. Bedoelende die gereelde kommentaar oor die naweek jakkals jagter ding. En die 270 ding, want ek het 2, 'n Musgrave en 'n sako. Darrem ''n howa 243 Bruno. 22 ook! Werk in bloem 9-5 in 'n kuns rigtigting. Kan dus 'n jakkals en rooikat mr mooi teken maar kon myself nog nie sover kry nie. Lag maar.

Ek boer met so paar Nguni' s wat ek oor naweke sien op gehuurde grond naby Dealesville. Spaargeld vir my 2 kinders. Ja ek is straight.

Dus try ek vir jakkalse ook oor naweke, sorry daaroor. Moes al 'n paar kallers aftrek, al is ngunis goeie ma's. Skoonpa boer daar naby met wild, skaap en bees. Spekuleer maar oor sy verliese.
Bly in die straat agter Geno. Stap elke aand daar verby want my vrou tel haar steps. Gaan hom nog vra om by ons te kom jakkals jag en 'of ek n vlieg op die bakkie se ruit kan wees, want hoewel ek al 'n paar laat sneuwel het, het ek ook maar baie 11111x3 (sorry kannie lekker die kode onthou nie) aangejaag. Egter die forum te laat ontdek. Baie lief vir diere oor die algemeen. Maar selfs daai ou foshaarnooi liedjie maak my naar. Genoeg inligting. Dankie ek laaik julle welwillendheid en leer baie. Ons is maar baie van dieselfde stof. Ps. Ek het vriende.

Sent from my SM-A530F using Tapatalk
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nuwe ou lid.

Post by Geno »

Welkom buurman!
Great voorstelling. Kom gesels met my. Ons sort sommer gougou jou 270 probleem uit. Kaliberveranderings is maklik.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply