Elektrifiseering van stokproef

Post Reply
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Elektrifiseering van stokproef

Post by dehacked »

Goeie dag mede lede.

Ek wil graag uivind of iemand ondervinding met die bogenoemde het. Hoe is daar tewerk gegaan met isolasie en hoe suksesvol is dit om jakke tot binne 'n kamp te beperk?

Miskien net bietjie agtergrond. My tannie het nou haar hele plaas buite om elektrifiseer. Dit is nou mesh draad met elektriese drade wat los gespan is. Dit kom voor of 'n jak wel steeds inkom waar die heining nie beide kante gespan is of dalk dele waar daar nie grag bo-op draad ook loop nie. (Elke buurman het 'n stuk gedoen op sy manier soos hy goed dink.) Nou ja, as hy in is, is dit 5000ha waar hy kan rondloop. Iemand het haar toe adviseer om van die stokproef wat die binne kampe skei ook te elektrifiseer. PVC pyp oor staal droppers en dan isoleer by ankerpale. Dit wil sê die bestaande stokproef is nou lewendig. Sy wil graag inligting inwin by mense wat dit self gedoen het en hulle ondervinding. Watter en hoeveel lyne is gedoen en wat is die suskses behaal.
Haar idee is om 'n jakkals wat die plaas in kom se beweging te beperk, skape uit vangebied te skuif (waar moontlik), en dan die professionele jagter in te kry wat hopenlik met 'n kleiner fokus area vinniger die probleem dier kan kry en van kant maak.

Hoor graag wat is julle ondervinding.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Elektrifiseering van stokproef

Post by cassie_calvinia »

jul sal net nog 'n draad tussen die bestaande drade moet trek. maw as hy 8 drade het, 16 te maak.
en, wat ek sien is die mense span 'n kragdraad soos gewoonweg, maw 'n aparte krag draad, nie een van die stokproef nie
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply