7mm SAUM

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 7mm SAUM

Post by JPS »

LoopSoosStroop wrote:
ChristoK wrote:Is die Sabatti Rover Tactical die goedkoopste 7mm SAUM huidiglik in SA?
Dalk enigste ene ook?
Daar is ander maar hulle is BAIE BAIE duurder - i.e. Victrix
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Arnold »

Koop n Tikka T3 wat iewers op special is en gebruik die aksie om die geweer te bou.

Jy sou ook Howa kon gaan maar ek dink die Tikka is n effens beter aksie in vergelyking met Howa en Remington oor sy klein laaipoort (dit moet die aksie stewig maak in vergelykking met die ander twee) en dan pas n rail beter op die aksie sonder dat hy gebed hoef te word.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7mm SAUM

Post by Danie01 »

Manne, ek het so bietie verder op QL gespeel en so vinnig die nodes met n 26 duim loop vergelyk tussen die 7x64, 280AI en 7saum. Ek het gekyk na die kruit waar ek 100% verbranding kon kry en die dop so vol as moontlik is. Daar sal dalk hier en daar n klein verskil wees as ek ander kruit gebruik.

Ek dink ek moet bietjie verder oor my opsies dink tov komponente en kostes:

Tussen die 7x64 en 7saum verskil die node spoed soos volg (7saum kry in elke geval die hoogste nodes):
120gr Nosler BT = 122vps
139gr SST = 67vps
162gr ELD = 78 vps
175gr ELD = 71 vps

Tussen die 7x64 en die 280AI (280AI kry in elke geval die hoogste nodes)
139gr SST = 28vps
162gr ELD = 39 vps
175gr ELD = 40 vps

Die nodespoed verskil tussen die 280AI en 7saum is gemiddeld so 30 vps.

My opsies kan dalk wees om eerder die 7x64AI (280AI) te skiet, waar die magesyn op die jagkoele (120 - 140gr) steeds lank genoeg sal wees vir die koele se TPL en sou ek die langer koele vir teikenskiet wil gebruik kan ek dit soos n' enkelskoot voer en nie uit die magesyn uit wat my beperk nie.

Ek dink steeds die 7mm saum is die beter opsie tussen die klomp hierbo, maar ek sal mooi na die kostes gaan kyk en ook of ek doppe in die hande sal kry.

Mooi loop

Danie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Wouter Roets »

Danie

Jammer oor ek nou so hardop gaan lag. ;D ;D ;D ;D ;D
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7mm SAUM

Post by Danie01 »

Wouter Roets wrote:Danie

Jammer oor ek nou so hardop gaan lag. ;D ;D ;D ;D ;D

Ja ek luister nie altyd so mooi nie, ek het nooit genoeg tyd gehad om self die kalibers mooi te vergelyk nie en het nou eers gesien dat daar nie werlik so groot verskil in nodespoed is nie.

Het gelukkig nog tyd want ek is nog opsoek na die regte loop.

Groete
Post Reply