7mm SAUM

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

7mm SAUM

Post by Danie01 »

Goeiedag manne,

Ek wil my 7x64 se loop vervang en dink daaraan om die kaliber te verander na een van die short action magnum kalibers. My doel is hoofsaaklik jag en dan langafstand skiet.

Ek sal graag 140 to 180gr koele wil skiet. Ek het bietjie met ql gespeel en gesien die 7x64, 280, .284win, 7mm Thombi en ander standaard kalibers is so 80 tot 150vps stadiger as die 7saum en 150 tot 200 vps stadiger as die 7wsm. Ek het gespeel met 24 en 26 duim lope aangesien ek nie langer as 26 duim wil gaan nie.

Ek wil n tikka T3 aksie gebruik en die voordeel van die kort vetter doppe is mag spasie om die langer koele te laai. Die .284 is ook n korter dop en behoort ook te werk, maar siende dat ek dan elkgeval kaliber moet verander hoekom nie gaan vir die ekstra 100 tot 200 vps nie en magnum roete nie.

Ek sal ook die 7wsm of 7-300wsm oorweeg as ek doppe, ens in die hande kan kry, soos ek verstaan is die 7saum se doppe beskikbaar.

Ek weet egter nie met wie om te praat ivm reamers, ens nie. Is daar dalk van julle manne wat my na die regte persoon/ persone kan verwys?

Groete

Danie
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 7mm SAUM

Post by JPS »

Praat met Chrisjan hier op die forum.

Edit: As jy hom nie nou in hande kry nie wag maar tot volgende week. Hy is dan al oppad Slaapstad to vir die WP ope.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7mm SAUM

Post by Danie01 »

Dankie JPS,

Ja ek het met Chrisjan kontak gemaak, hy sal volgende week met my kan praat, hy is by slaapstad ja.

Groete

Danie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Mellies »

Waarom nie 280AI op daai aksie?

Met n vleisie...
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7mm SAUM

Post by Danie01 »

Mellies wrote:Waarom nie 280AI op daai aksie?

Met n vleisie...
Dit het mos dieselfde doplengte as die 7x64 en gaan die 40grade skouer so groot verskil maak? Hoeveel meer spoed kan jy van die 280ai verwag? Sal dit die moeite werd wees om van lisensie te verander as jy reeds n 7x64 het?

Dankie vir die inset, sal nog waardeer.

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Mellies »

Danie01 wrote:
Mellies wrote:Waarom nie 280AI op daai aksie?

Met n vleisie...
Dit het mos dieselfde doplengte as die 7x64 en gaan die 40grade skouer so groot verskil maak? Hoeveel meer spoed kan jy van die 280ai verwag? Sal dit die moeite werd wees om van lisensie te verander as jy reeds n 7x64 het?

Dankie vir die inset, sal nog waardeer.

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Danie,

Ek het ook op QL gaan speel vir interessantheid en ook na `n paar reloading manuals gaan kyk.

Die slim manne moet maar reghelp...

Ek het `n 26" loop, 168gr VLD en N560 gebruik.

Dit lyk of die 7SAUM en 280AI maar dieselfde doen. Maksimum spoed en nodes. Hierdie twee doen dan ook alles teen so 80voete vinniger as die 7x64.

Ek dink as jy swaarder bone wil skiet gaan die SAUM dalk vir die AI `n toffie wys.

As ek nou deur die hele proses moes gaan het ek `n 7SS laat bou. Cappie het hom bespreek op `n nuwe draad van Wouter.

Met `n vleisie...
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7mm SAUM

Post by Danie01 »

Mellies wrote:
Danie01 wrote:
Mellies wrote:Waarom nie 280AI op daai aksie?

Met n vleisie...
Dit het mos dieselfde doplengte as die 7x64 en gaan die 40grade skouer so groot verskil maak? Hoeveel meer spoed kan jy van die 280ai verwag? Sal dit die moeite werd wees om van lisensie te verander as jy reeds n 7x64 het?

Dankie vir die inset, sal nog waardeer.

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Danie,

Ek het ook op QL gaan speel vir interessantheid en ook na `n paar reloading manuals gaan kyk.

Die slim manne moet maar reghelp...

Ek het `n 26" loop, 168gr VLD en N560 gebruik.

Dit lyk of die 7SAUM en 280AI maar dieselfde doen. Maksimum spoed en nodes. Hierdie twee doen dan ook alles teen so 80voete vinniger as die 7x64.

Ek dink as jy swaarder bone wil skiet gaan die SAUM dalk vir die AI `n toffie wys.

As ek nou deur die hele proses moes gaan het ek `n 7SS laat bou. Cappie het hom bespreek op `n nuwe draad van Wouter.

Met `n vleisie...
Dankie Mellies, dis hoekom my kop na die short magnums toe staan, reeds vir die rede as ek lang koele sou wou skiet.

Dankie ek loer n bietjie na die 7mm SS ook, ken dit gladnie. Is die komponente beskikbaar of gaan n man sukkel? Ek gaan loer op die ander draad.

Groete

Danie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Arnold »

User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 7mm SAUM

Post by LoopSoosStroop »

SAUM en klaar.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Capt. Yoda »

Die Sherman Short kan julle maar los julle hoef nie eers oor dit te lees nie want die man gaan nie vir jou n reamer of DIES stuur nie en die ouens wat sy reamers en DIES maak gaan ook nie, ek en Stompe het lank probeer maar op die einde het ons maar gelos. Chrisjan het nou n reamer oppad wat hy gaan toets wat basies n bq van n Sherman S "improved" is, Chrisjan het basies die SS gevat en verbeter om met swaar koels en ons kruit optimaal te werk. Die 7SAUM is n "makliker" kaliber om te laat bou en te skiet, Chrisjan skiet self een as sy LR Fope en LR staal roer en die manne praat met sagte stemme in donker hoekoes oor daai combo

Daar is wel n 7 en 6.5SS reamer hier in die land maar dit is op n need to know basis waar hy is en net n paar ouens needs to know >:D
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 7mm SAUM

Post by JPS »

Capt. Oblivious wrote: Daar is wel n 7 en 6.5SS reamer hier in die land maar dit is op n need to know basis waar hy is en net n paar ouens needs to know >:D
Net so. ;)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Wouter Roets »

Danie

Uit n praktiese oogpunt gesien gaan jou beste roep die 280 Rem Ackley wees. Jy hoef geen werk aan jou slotgesig of magesynkas te laat doen nie. Hierdie is nie die geval as jy oorgaan na die 7mm SAUM toe nie. Verder is kwaliteit doppe beskikbaar en die rondte doen baie goed met selfs Somchem poeiers. Kan nie verstaan hoekom die 7mm SAUM sal beter doen met swaarder koeels nie aangesien sy dopkapasiteit kleiner is.

Groetnis
Wouter
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7mm SAUM

Post by Danie01 »

Wouter Roets wrote:Danie

Uit n praktiese oogpunt gesien gaan jou beste roep die 280 Rem Ackley wees. Jy hoef geen werk aan jou slotgesig of magesynkas te laat doen nie. Hierdie is nie die geval as jy oorgaan na die 7mm SAUM toe nie. Verder is kwaliteit doppe beskikbaar en die rondte doen baie goed met selfs Somchem poeiers. Kan nie verstaan hoekom die 7mm SAUM sal beter doen met swaarder koeels nie aangesien sy dopkapasiteit kleiner is.

Groetnis
Wouter
Hi Wouter,

Ek hou self van die 280ai, maar gaan my magesyn nie bietjie kort raak vir die langer koele nie? Self my 7x64 is n yster en nie veel stadiger as die 280ai of saum nie.

As ek my 7x64 kon ackley sou dit ook goed werk glo ek, sal seker baie dieselfde as die 280ai wees?

Groete

Danie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Capt. Yoda »

Danie n man moet maar besluit wat jy met die roer wil doen en dan kyk na koels en watse dop sal werk.
Vir LR jag sal ek altyd n 30 bou, self n goeie 300wm rak geweer is kookwater. Jy kan nommers praat em grafieke kyk ek se nou vir jou n 7mm (op lang afstand) het nie die slaan krag van n WM/WSM en iets soos n 215gr Hybrid of ELD in daai gewigs klas het nie. Hoeveel keer in 5 jaar skiet jy n groot bok op 600m+ en hoeveel keer gaan jy op die baan skiet? Moenie die wiel herontwerp nie, kyk wat skiet die top Fope manne op 1000m en werk van daar af. Dit gaan iets wees soos 5% 300wsm, 10 % 7saum, 20% 284Shehane en die res gaan 284Win skiet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
RugerBoy
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Tue Nov 11, 2014 5:09 pm

Re: 7mm SAUM

Post by RugerBoy »

Ek weet egter nie met wie om te praat ivm reamers, ens nie. Is daar dalk van julle manne wat my na die regte persoon/ persone kan verwys?
Danie ek het nou onlangs saam met n vriend n klompie reamers bestel. Moet nie eers jou tyd mors met PTG nie.
Kontak JSG hulle sal jou ook kan help met n 7mm RSAUM

Groete,
Chrisjan

Re: 7mm SAUM

Post by Chrisjan »

Dit gaan oor watse koeëls jy wil skiet. Dit vat 'n sekere dop keuse om jou dan op 'n sekere spoed met sekere kruit te kry.
Die koeëls bepaal die spoed. Nie jy of die dop nie. Soos bv 180gr Hybrid 7mm koels met 4831 ens wil teen 2860fps geskiet word. Hoe jy daar kom, of dit nou 280 ackley, Rsaum of Shehane ens is maak nie saak nie. Jou keuse draai nou om genoeg dop kapasiteit te hê. Goeie kwaliteit brass en lang brass lewe.

Verskillende kruit en koeëls verander jou gemikte spoed wel. Soos my Rsaum met Vitavouri en 184gr SMK koeëls wil teen 2830fps vlieg.

Met hierdie kombinasie is my dop mooi vol, ES oor 10 skote is minder as 9fps en voor by die target verras hy jou.

Nico Hartslief het die RSAUM nege jaar terug al geskiet. En my drie jaar terug voor gestel aan die kaliber. Nou is dit so erg gewild dat even die USA F-open span die 284Win vir die Rsaum gelos het. Dit het ongelukkig vir nou 'n skaarste in brass veroorsaak. Toemaar ek werk hard aan die brass tekort. Dit het 'n dodelike kombinasie met my Dasher gemaak. Ek is op my derde loop en kyk nooit weer terug nie

Drie jaar terug was die Rsaum dood stil maar nou gons die wêreld rondom hierdie magic kaliber. En daar is groot rede hoekom. Hy werk!

Groete
Chrisjan
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7mm SAUM

Post by Danie01 »

Dankie manne,

Chrisjan, ek sal jou volgende week kontak im bietjie te gesels oor my opsies en wat gaan vir my werk of nie.

Ek gaan die roer gebruik vir jag en dan sal ek ook met geleentheid op langer afstande staalplate ens wil skiet. Ek wil tot koedoe en gemsbok grootte wild kan skiet tot daar waar ek gemaklik is om raak te skiet, basies enige afstand. Wat ek hiermee bedoel is dat my geweer dit moet kan doen, al gaan ek nie noodwendig op daardie afstand jag nie.

Die 280AI klink na die makliker roete, maar gaan ek dan nie beperk wees met tpl in my aksie nie, daarom kyk ek na die korter saum.

Baie dankie vir almal se insette, ek weet dam al heelwat meer wat ek moet doen en wat my opsies is.

Groete

Danie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Wouter Roets »

Danie

Hoe meer ek daaroor dink hoe meer stem ek met Cappie saam. As jag jou hoofdoel is met n bietjie teikenskiet sal ek daai aksie vat met n 1:8 twist 308 loop en n lekker 300 WSM reamer daar indruk. Jy sal kan laai uit jou magesyn uit en die diere sal op baie ver afstande geensins van jou hou nie. Die rondte tiek net eenvoudig meer boksies as n mens jou behoeftes in ag neem as die meeste 7mm's.

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Arnold »

Net vir vergelyking gebruik ek twee hoë BC koeëls in Quickload vir as jy papier pakslae wil gee

7mm Blaser Magnum met 'n 195gr Berger uit 'n 24" loop teen 2870fps
300 WSM met 'n 200gr Hybrid uit 'n 24"loop teen 2880fps

Altwee met VV poeier, altwee sal in 'n Tikka T3 magesyn pas en Norma maak vir altwee doppe. Die 300 se loop gaan natuurlik langer hou en dies is dalk meer geredelik beskikbaar.

7mm SAUM - WSM - Blaser Magnum
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/43518803_10161051246305341_3657280084085047296_n.jpg?_nc_cat=108&oh=a8d61284bba2188ea40a576984b5303c&oe=5C1ACCD1
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Capt. Yoda »

Daai Blaser Magnum lyk nogals oulik
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7mm SAUM

Post by Danie01 »

Dankie manne, as als uitwerk gaan ek die 7mm saum roete, dis nou vir loop en brass soek.

Indien iemand weet van n 7mm 1 in 9 twist loop, sal julle my help asb?

Ek wil nie eers die 7mm Blaser magnum google nie, want dit gaan net weer my dinge omkrap.

Groete

Danie
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: 7mm SAUM

Post by swc-tr »

Chrisjan wrote:Drie jaar terug was die Rsaum dood stil maar nou gons die wêreld rondom hierdie magic kaliber. En daar is groot rede hoekom. Hy werk!
Groete
Chrisjan
CJ, net jammer hy kan nie daai Kaapse winde lees nie....................... >:D
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: 7mm SAUM

Post by Witpietskiet »

swc-tr wrote:
Chrisjan wrote:Drie jaar terug was die Rsaum dood stil maar nou gons die wêreld rondom hierdie magic kaliber. En daar is groot rede hoekom. Hy werk!
Groete
Chrisjan
CJ, net jammer hy kan nie daai Kaapse winde lees nie....................... >:D
Daar was baie kalibers wat nie die Kaapse winde kon lees nie...

Ek het een afstand saam met Chrisjan geskiet en hy het regtig n netjies setup.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
ChristoK
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Sun Oct 08, 2017 11:11 pm

Re: 7mm SAUM

Post by ChristoK »

Is die Sabatti Rover Tactical die goedkoopste 7mm SAUM huidiglik in SA?
BRNO ZKK 600 30-06
BRNO 8x57
Howa 6.5 Creedmoor
Troy SPC A3
H&K P30
Beretta SP1 Field
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 7mm SAUM

Post by LoopSoosStroop »

ChristoK wrote:Is die Sabatti Rover Tactical die goedkoopste 7mm SAUM huidiglik in SA?
Dalk enigste ene ook?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Post Reply