Geno, het laasjaar vir my Wild Game scope gegee om the toets die 2.5-10 x 50 IR en ek het dit op my 375 H&h getoets nie lank daarna nie toe koop ek hom baie gelukkig en tevrede wat die scope kon doen. So terloops 30mm tube.
Augustus die jaar kry ek weer oprope van Geno om die nuwe Wild Game scope wat nou die Black Moose 1-6 x 24 IR genoem word te toets. Toe ek die pakkie van Postnet oopmaak was ek klaar baie beindruk weer lekker 30mm tube en voel soos kwaliteit met 'n gewiggie aan hom. Die verpakking is 100 keer beter want dit in nou branding op met 'n lekker naam. My vraag aan Geno was of die scope dit sal maak omdat ek full loads skiet in my 375 en kompenteer by BASA wat beteken dat ons partykeer 8 x skote skiet so vinnig soos wat ons kan.
Die scope op die mounts gesit gebore sight en binne 6 skote was op die kol op 50 meter ek skiet altyd sarsies van 2 x skote om seker te maak daar is nie fout van skut af nie. So 3 sarsies later is die scope ingestel. Omdat dit nie groot vergroting scope is nie het hulle ook die verstelling opgebring na 1/2 MOA in pleks van die gewone 1/4 MOA verstelling. Ek het baie daarvan gehou en die turrets werk baie positief en soos ingestel was ek in 'n japtrap ingestel.
Die Recticle is gewone Duplex met die illuminated kolletjie in die middel in die helder son kan jy hom nog sien in die blou lig oop sy grootse verstelling van 11. Die draai van 1 tot 6 vergroting is baie glad en nie te styf nie. Fokus was maklik om te stel en ek was reg vir die eerste toetslopie. Ellisras vuurwapen fees waar ek heel eerste die jaar met die scope kompenteer kry ek toe 2de plek op die BASA baan. Op die boer en brit baan kon ek 11 skote so vinnig as moontlik skiet voor al die skietplate om was dit skiet jy in span van vier. Eerste span wie al die valplatte omskiet wen. Dit alles met 300gr koeels wat net oor 2500fps hardloop.
Week daarna skiet ons toe BASA op Bronkies daar het ek nie te sleg gevaar nie maar daar was net te veel manne met die groot kalibers en ons werk ons punte stelsel op energie en tyd. Maar nie te min ek het goed geskiet en die scope het mooi geloop. Tussen scope instel en speel en die twee skiet dae het ek oor 80 rondtes deur die geweer met full loads en die scope gaan ook gekoop word en by my bly. Dink dit is 'n wonderlike scope vir bosveld jag en groter kalibers dink hy gaan diens doen op my 458 lott as ek hom eendag in die kluis kry. Ek is nie seker oor die prys nie Geno kan seker gesels daaroor maar dink dit gaan baie goed wees.
Vir die wat wil of kan jy kan met altwee oe oop skiet tot op x 6 vergroting
So terloops ek het 2de opge-eindig op die 2018 jaar Ranglys met BASA en dit alles met die Wildgame scopes iemand het my by die laaste shoot verbygevat met 'n 500 Jeff.
Ek weet die scope is nie die duurste nie maar ek dink tog die manne het iets beet tel een op voor die naam versprei en hulle duurder word. Kontak maar gerus vir Geno van G&G Varminting
Scope Toets - Black Moose 1-6 x 24 IR
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Scope Toets - Black Moose 1-6 x 24 IR
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Frederik on Tue Oct 02, 2018 3:07 pm, edited 3 times in total.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Scope Toets - Black Moose 1-6 x 24 IR
Nog so paar fotos.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13646
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Scope Toets - Black Moose 1-6 x 24 IR
Baie netjies
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Scope Toets - Black Moose 1-6 x 24 IR
Dankie Frederik! Jy het gekook by BASA!
Manne. Die scope kos R3800.00
Groete
Manne. Die scope kos R3800.00
Groete
Goed, beter, 6millimeter!
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Scope Toets - Black Moose 1-6 x 24 IR
Dankie vir die deel. Net 'n vraag hoekom het jy jou voorste ring nie meer vorentoe gemonteer nie?
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Scope Toets - Black Moose 1-6 x 24 IR
Swede, jy sal sien my Warne basis het nie nog 'n gleuf voor nie.
Maar ja 80 full power rondtes later en zero nog spot on so die resep werk vir my, kan seker vorentoe vir my basis kry wat gleuf voor het maar dan gaan ek sukkel om die lekker kort scopes te mount.
Maar ja 80 full power rondtes later en zero nog spot on so die resep werk vir my, kan seker vorentoe vir my basis kry wat gleuf voor het maar dan gaan ek sukkel om die lekker kort scopes te mount.
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Scope Toets - Black Moose 1-6 x 24 IR
Dankie Frederik, dit maak sin, kon nie sien daar is net een gleuf voor.Frederik wrote:Swede, jy sal sien my Warne basis het nie nog 'n gleuf voor nie.
Maar ja 80 full power rondtes later en zero nog spot on so die resep werk vir my, kan seker vorentoe vir my basis kry wat gleuf voor het maar dan gaan ek sukkel om die lekker kort scopes te mount.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be

