Idiale "all rounder" rondte

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Idiale "all rounder" rondte

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek wou al jare terug so draad begin hier, maar die enormiteit van so n draad het my nog altyd verhinder. Nou basies wat ek graag sou wou bespreek is om n sogenaamde idiaal te kry vir elke kaliber, maar die woord idiaal het natuurlik verskeie betekekenisse as n mens toepassing in ag neem. n Mens kry n 6mm wat manne wil gebruik vir teikenskiet en dan kry jy weer n 6mm wat die manne wil skiet teen die spoed van witlig vir oeswerk bv. So om dinge so bietjie te vereenvoudig kom ons hou dit op n tipe all rounder basis wat realisties aan die meeste vereistes kan voldoen.

Natuurlik is daar nie sommer iets nuuts daarbuite nie, maar dink bv aan die 375 Ruger. Die manne het eenvoudig net die buitekant van die belt mate van die 375 H&H gevat en dit regdeur in hulle nuwe ontwerp gebruik en siedaar n uitstekende gedagte wat prakties werk. Al sit jy huidig met iets wat baie naby aan die perfekte rondte is in n kaliber is ek seker daar is dalk nog iets wat jy persoonlik sou verander, bv soos n skerper skouer of langer nek.

So gooi bietjie julle keuses gebasiseer op n voogdop, die se afmetings ens. Onthou dat ons mag gate skiet of byvoegings maak en dat die ontwerpe darem moet probeer om die meeste boksies te tiek soos looplewe en op watter aksie hy sal pas en dies meer.

Ek het al nagte wakker gele en dink hoe sal my idiale arsenaal lyk as ek van voor af moet begin en met gemak my eie ontwerpe kan doen.

Groetnis en laat loop met julle keuses.
Wouter
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Supacow »

6x47lapua vir s365 klein primer vir druk wegsteek en doplewe
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Idiale kalibers

Post by Smitstertjies »

Miskien moet jy die parameters gee van " all rounder", dan kan ons lekker saamgesels. Moet hy van buffel kan doodskiet tot Bisley kompetisies wen? Of bedoel jy die ideale dopontwerp vir bv 6mm , 7mm , .338 ens?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Wouter Roets »

Smitstertjies wrote:Miskien moet jy die parameters gee van " all rounder", dan kan ons lekker saamgesels. Moet hy van buffel kan doodskiet tot Bisley kompetisies wen? Of bedoel jy die ideale dopontwerp vir bv 6mm , 7mm , .338 ens?
Netso!

As voorbeeld;

.224 kan jy se 22-250 dop met 48mm algehele lengte, 35 grade skouer en 6mm neklengte.

Superkoei hoekom nie eerder n 40grade skouer en minder body taper nie? Die rondte se dopkapasiteit is huidig al klaar te klein vir S365 en dit is hoekom hy afsteek teen die 260 Rem en 6.5 Creedmoor. Sien jy nou wat ek bedoel hoe moeilik is idiaal?

Groetnis
Wout

Ps Superkoei ek kan nie glo jy het nie gese 270 Win nie! ;D ;D ;D
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Supacow »

Nee daai antwoord wat jy soek is n 6.8x57 ai
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Silent Hunting »

Ek kry uitstekende resultate met die SLR in beide 6mm en 6.5mm. Die 30grade werk vir my baie lekker en is "mooier" as 40grade.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Capt. Yoda »

Ek sou ook se in veral 6mm is die SLR baie naby aan op die nommer maar so ook die Creed. Lang nek, 30 grade skouer en met N160/N165 of N560 is daai dop vinnig tussen 95 en 100% vol.
105gr teen 3150fps is maklik vir tyken skiet, 3400 met n 87gr VLD is niks snaaks vir jag nie en 4000fps met n 55BT vir Jakke is maklik. Die nou alles natuurlik met n lekker lang loop.
Met die lang nek kan jy al 3 daai koels doeltreffend skiet, ander een wat ek bitter baie van hou is die BR-Ackley aka BRA.

Ek sal daai SLR dop in enige kaliber skiet, ek het hom al in 22, 6, 257, 6.5 en 7mm gesien en hulle skiet te vraai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Silent Hunting »

My 6mm is amper op daai 3400 met 87 v-max en werk bevange. Gebruik huidiglik palma doppe wat self lekker werk.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Silent Hunting »

Doen die 6mm Creeds goed? Nog nie opgelees oor hulle nie.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Wouter Roets »

Manne

Wel eerstens wil ek net se ek kan nie glo dat Henk nog lewe nie! Hy het seker weer sy vingers raak gesny daar op die draaibank nou het hy niks om te doen nie! Welkom terug ou Henk, jy was wragtig stiller as jou silencers!

My idiale 6mm sal baie naby aan die 6XC/Creed wees. So hy sal so 48.5mm lank wees, .470 basis(308 Win dop) en nie die 250 Savage basis van die 6mmXC nie. Sy nek sal 8mm of beter gestel 130% van die kaliber wees en natuurlik 40 grade skouer he. Hoekom sal n mens vir n 30 grade skouer gaan as 40 grade brasvloei stop en nog n groter datum line bied? Lyk beter se gat Henk! ;D Dalk op n silencer maar verseker nie op n dop nie!

Dopkapasieit moet hier in die orde van 51-52gr wees om mooi saam met die IMR 4350/S365 reeks poeiers te werk. Dit is nog altyd vir my die proef waarteen ek n rondte toets, 100% dopvulling teen 60 000psi met die idiale TPL met die tipe klas poeiers. Hy sal perfek werk met n maksimum TPL van 71.1mm vir kort aksies en lang koeels sal teen die TPL nie te veel van die beskikbare interne volume opneem nie. Soos Cappie reeds gese het is n mens met n spoedband van 3150ft/sek het met n 105gr koeel mooi op die nommer sowel as die ander gewig koeels vir ander aplikasies.

Dink jy gaan sukkel om veel beter as die te kry.

Groetnis
Wouter
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Wouter Roets »

Silent Hunting wrote:Doen die 6mm Creeds goed? Nog nie opgelees oor hulle nie.
Henk ek het een maar het nog nie geskiet met hom nie oordat daar nog nie doppe beskikbaar is nie. Hy is basies identies aan die 6mm XC so ek kan nie sien dat hy nie baie goed gaan doen nie.

Groetnis
Wout
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Idiale kalibers

Post by JPS »

7mm R Saum dop wat se body so paar mm korter gedruk is en nek so plus minus 2mm langer gemaak is en waar die skouers 40 grade gemaak is.

Sal 183SMK’s of 184 Bergers gooi met hom, 26” medium palma loop op geweer vir lekker LA jag en gonge skiet en dan net 30” straight of MTU met 8.75 twist tube opskroef vir F ope skiet.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Capt. Yoda »

IMG-20170324-WA0049.jpg
Wouter Roets wrote:Manne

Wel eerstens wil ek net se ek kan nie glo dat Henk nog lewe nie! Hy het seker weer sy vingers raak gesny daar op die draaibank nou het hy niks om te doen nie! Welkom terug ou Henk, jy was wragtig stiller as jou silencers!

My idiale 6mm sal baie naby aan die 6XC/Creed wees. So hy sal so 48.5mm lank wees, .470 basis(308 Win dop) en nie die 250 Savage basis van die 6mmXC nie. Sy nek sal 8mm of beter gestel 130% van die kaliber wees en natuurlik 40 grade skouer he. Hoekom sal n mens vir n 30 grade skouer gaan as 40 grade brasvloei stop en nog n groter datum line bied? Lyk beter se gat Henk! ;D Dalk op n silencer maar verseker nie op n dop nie!

Dopkapasieit moet hier in die orde van 51-52gr wees om mooi saam met die IMR 4350/S365 reeks poeiers te werk. Dit is nog altyd vir my die proef waarteen ek n rondte toets, 100% dopvulling teen 60 000psi met die idiale TPL met die tipe klas poeiers. Hy sal perfek werk met n maksimum TPL van 71.1mm vir kort aksies en lang koeels sal teen die TPL nie te veel van die beskikbare interne volume opneem nie. Soos Cappie reeds gese het is n mens met n spoedband van 3150ft/sek het met n 105gr koeel mooi op die nommer sowel as die ander gewig koeels vir ander aplikasies.

Dink jy gaan sukkel om veel beter as die te kry.

Groetnis
Wouter
So amper die ou hier bo, is vir my ook baie mooi
JPS wrote:7mm R Saum dop wat se body so paar mm korter gedruk is en nek so plus minus 2mm langer gemaak is en waar die skouers 40 grade gemaak is.

Sal 183SMK’s of 184 Bergers gooi met hom, 26” medium palma loop op geweer vir lekker LA jag en gonge skiet en dan net 30” straight of MTU met 8.75 twist tube opskroef vir F ope skiet.
ChirsJan D MK2 of just about, self n bul dop daai
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Silent Hunting »

Dankie vir jou gevleulde woorde. Bietjie met vakansie gewees.

Stem met amper met alles saam. 30 grade is maar vir my die "perfekte" prentjie. Tot dusver nog niks brasvloei gekry op hulle nie. Teveel lube duik ook nie die skouers soos wat ek al gesien het op 40grade. Veral 243AI. Weet wel dat die ackleys wat mooi werk, perfek werk.

Die SLR doppe vorm ook baie maklik en van daaraf is daar nie fieterjasies om hom te maak werk nie. Ook geen voer probleme soos wat bv ondervind word ander ontwerpe nie. Maklik en mooi.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Idiale kalibers

Post by JPS »

CJ sin is naby dit ja.
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: Idiale kalibers

Post by RevA »

Ek dink 6.5x55 is die perfekte kaliber, die enigste twee probleme is al die maklik verkrygbare laaidata is vir die ou mausers nie moderne aksie en erger as dit in Somchem kruit is daar net data vir 365. As daar net bietjie beter data was, was niks anders nodig.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Arnold »

JPS wrote:7mm R Saum dop wat se body so paar mm korter gedruk is en nek so plus minus 2mm langer gemaak is en waar die skouers 40 grade gemaak is.

Sal 183SMK’s of 184 Bergers gooi met hom, 26” medium palma loop op geweer vir lekker LA jag en gonge skiet en dan net 30” straight of MTU met 8.75 twist tube opskroef vir F ope skiet.
7mm Sherman Short Mag ?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Idiale kalibers

Post by JPS »

Arnold wrote:

Basies hom ja, nek net so 1mm langer is hoe ek van hom sou hou.
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 629
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Jackalsniper »

Stupid vraag,maar kan mens n standaard 243 laat sny na 6mm slr?
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Rudie »

Jackalsniper wrote:Stupid vraag,maar kan mens n standaard 243 laat sny na 6mm slr?
Kort antwoord is 'n ja, daar is egter 'n paar goed om te oorweeg voor daai besluit geneem word.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Idiale kalibers

Post by Frederik »

Net gewonder maar het iemand al 'n 300 WSM afgenek na 6.5mm toe? Sal dit nie mooi kombinasie wees met die regte loop om 160gr Koele te skiet vir langer afstande en dan 120gr vir die vinniger skote op jakke en oes?
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Idiale kalibers

Post by jankraay »

Daar het die naweek in Zululand n man met n 6.5 WSM geskiet. Nie die Saterdag gesien hoe hy vaar nie maar daai dop en punt kombinasie was vir my n mooi een. Die swaarste punt op die stadium in 6.5 is n 150gr Sierra MK en ek weet nie van swaarder nie.

So kaliber sal sin maak tot oo 1000m maar oor dit sal ek eerder daai .300 WSM net so los.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Idiale kalibers

Post by JPS »

Frederik wrote:Net gewonder maar het iemand al 'n 300 WSM afgenek na 6.5mm toe? Sal dit nie mooi kombinasie wees met die regte loop om 160gr Koele te skiet vir langer afstande en dan 120gr vir die vinniger skote op jakke en oes?
Die GAP 4S is ook naby aan dit. Alhoewel meer 7 Saum dop.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Idiale kalibers

Post by Smitstertjies »

Frederik wrote:Net gewonder maar het iemand al 'n 300 WSM afgenek na 6.5mm toe? Sal dit nie mooi kombinasie wees met die regte loop om 160gr Koele te skiet vir langer afstande en dan 120gr vir die vinniger skote op jakke en oes?
Daai sal mooi werk. Looplewe sal maar van korte duur wees vermoed ek.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Idiale kalibers

Post by Wouter Roets »

JPS wrote:7mm R Saum dop wat se body so paar mm korter gedruk is en nek so plus minus 2mm langer gemaak is en waar die skouers 40 grade gemaak is.

Sal 183SMK’s of 184 Bergers gooi met hom, 26” medium palma loop op geweer vir lekker LA jag en gonge skiet en dan net 30” straight of MTU met 8.75 twist tube opskroef vir F ope skiet.
More JP's

Daai sal verseker n bul van n rondte wees vir n spesifieke aplikasie. Ek dink n mens gaan sukkel om hom te verkoop as n all rounder aangesien hy meer neig na overbore toe. Tweedens val hy ook in tussen aksies deur te lank te wees vir n kort aksie en kort vir n meduim aksie. Hy gaan ook nie crap vat van lope nie!

As ek van n all rounder praat in die 7mm klas kom ek altyd terug na die 7x57 Ackley. Met S365 val hy perfek in die idiaale spektrum met die traditionele swaar koeels(162gr) en hy kry baie billike resultate met die ligter koeels. Sy een probleem is dat hy ook tussen aksies val. Meskien sal iets soos n 375 Ruger dop van so 48-50mm met 40 grade skouers baie nader aan die idiaal kom. Dopkapasiteit behoort baie naby aan die 7x57 Ackley te wees en hy sal in die meeste gevalle in n kort aksie kan werk.

Groetnis
Wouter
Post Reply