Bou van geweer

Post Reply
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Bou van geweer

Post by Ockert1992 »

Môre julle,

Ek wil sommer bietjie raad vra by die manne wat al hier deur is.

Ek het 'n jukkery om 'n geweer te bou.

Ek het 'n Howa 6.5 Creedmoor wat bitter lekker werk vir alles van kompetisie tot jag, maar soos meeste van julle weet kan ekstra roere mos nou nie skade doen nie.

Die hoofsaaklike doel van die geweer sal wees vir all round jag geweer van groter wild. Ek wil dus ligter koele kan laai vir vlakte en dan opgaan na swaarder koele vir bos, varke, ens.

Ek soek so half iets anders as die gewone. Ek wil graag van die rak af doppe en dies kan koop.

Hier is die opsies wat ek aan gedink het: 375 Ruger. 338 WM, 300WSM.

Ek hou nogal van die look van die Ruger Guide Gun met 'n tussen 20 en 22 duim loop en het half so iets ingedagte.

Dan is my plan om 'n Howa Standaard Aksie as basis gebruik. Is hier iemand wat al ervaring het om die bolt face oop te maak vir 'n Magnum kaliber.

Ek hoor graag wat julle dink.

Groete
Ockert
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bou van geweer

Post by Geno »

Mater, koop sommer die Guide Gun in .338RCM van die rak af.
Dit gaan jou baie geld, tyd en moeite spaar.

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bou van geweer

Post by Capt. Yoda »

Soos Geno se, jy gaan baie tyd en geld spaar om ney daai Ruger te koop. Ek glo jy sal daai boltface op n Howa oop maak maar weer jy soek n oplossing vir n probleem wat jy nie nodig het nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Bou van geweer

Post by Ockert1992 »

Geno wrote:Mater, koop sommer die Guide Gun in .338RCM van die rak af.
Dit gaan jou baie geld, tyd en moeite spaar.

Groete
Dit sal defnitief seker die vinniger en makliker opsie wees.

Ek het bietjie gaan oplees oor die 338 RCM. Dit is nogal 'n bulletjie met daardie klein dop.

2900fps met 200gr. Lyk darem ook of Hornady Doppe en Dies beskikbaar is.

Wat ek van die guide gun hou is dat hy lekker kompak is.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Bou van geweer

Post by JohanvB »

Hmmm..I like!! Wat prys hy..en waar is hy te koop?
BandK
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Sun Aug 07, 2016 3:06 pm

Re: Bou van geweer

Post by BandK »

JohanvB wrote:Hmmm..I like!! Wat prys hy..en waar is hy te koop?
Ek sal ook graag wil weet



Sent from my iPhone using Tapatalk
RugerBoy
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Tue Nov 11, 2014 5:09 pm

Re: Bou van geweer

Post by RugerBoy »

In enige volgorde

Baie Tyd, Geduld en Diep Sakke!!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Bou van geweer

Post by Flip Nel »

Ockert1992 wrote:Môre julle,


Hier is die opsies wat ek aan gedink het: 375 Ruger. 338 WM, 300WSM.

Groete
Ockert
Ek sou kyk na die 338 wm, hy werk mooi met ons kruit, jy klop so aan die deur van 3000 fps met 200gr koeels, 2700 fps met 250 gr en 2350 fps met 300gr koeels. Daai 250gr pitte werk in die bos en as jy dalk teen die lyndraad skote kry, doppe is nie 'n proebleem nie so ook nie koeels nie.
Post Reply