Middag almal
Ek het so week of wat terug aangesluit, geniet die forum baie. Oorspronklik van Letsitele af in die laeveld. So ek het groot geword met bosveld stap jag(naby skiet). Bly van 97' af in die Wes-Kaap. Die springbok jag en ver skiet gogga het maar lank gevat om my te byt. Maar een gelukkige, lang skoot op n probleem dier en nou wil ek my Musgrave .308 reg kry om gereeld sulke skote te kan skiet. Ek het n ou Weaver 400 Classic Scope op my .308 so n lang skoot deur hom lyk nog regtig soos n lang skoot. Dis dan ook hoekom ek by forum aangesluit het, om met meer inligting beter besluite te maak oor my geweer. Geniet die advertensies ook wat lede op sit, want ek gaan met tyd n scope en rangefinder moet koop. Behalwe my .308 het ek n Voere .375 en n Franchi haelgeweer. Laat weet as ek op n ander plek myself moes voorstel, maar nog redelik onseker.
Mooi dag vir almal
GvP
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: GvP
Jy het nou by die regte adres kom gesels. Begin 'n besprekingspunt onder die hofie teleskope en stel jou behoeftes vir die manne. Daar is heelwat wat vêr gooi. As jy naby die Paarl is, praat sommer direk met Gawie13mm. Hy verminder die makou plaag in die omgewing.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br


