70 gr kriek in 223?
-
Swapo
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Aug 17, 2012 2:11 pm
70 gr kriek in 223?
Wil graag weet of die volgende koeel genoegsaam sal stabiliseer in n 223 met 1 in 8 twist rate. JBM gee n faktor van ongeveer 1.25, prakties genoeg?
Dankie
Jerome
Dankie
Jerome
.22 Brno mod 1
.223 Sako 85
.243AI Rem 798
.260 Sako 85
.270 Tikka SV
.30-06 Musgrave mod 80
.30-06 Sako Black Wolf
.375 Sako 85
.223 Sako 85
.243AI Rem 798
.260 Sako 85
.270 Tikka SV
.30-06 Musgrave mod 80
.30-06 Sako Black Wolf
.375 Sako 85
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Wat sal jou aanwending wees vir die koeël - jag of teikenskiet. Vir jag is die 55gr mono koeëls gewoonlik voldoende. Vir teikenskiet sal jy akkuraatheid, spoed en BC teen mekaar moet opweeg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Swapo
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Aug 17, 2012 2:11 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Uitsluitlik jag met spesifieke koeel. Verkies swaar vir kaliber, dalk dan die 60 gr oorweeg? Wil die 69 gr Nosler cc vir teiken skiet gebruik, daarom gedink aan die 70 greiner.
Dankie oom Tripod
Dankie oom Tripod
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Met mono koeëls is swaar koeëls nie nodig nie. Hulle hou bymekaar en breek nie op nie. Penetrasie is dus baie beter as met loodkern koeëls. Hulle het egter spoed nodig om oop te maak en daarom is "big and slow" nie 'n goeie roep nie. GS Custom se koeël weeg slegs 35gr en is tog baie effektief teen wild van blesbokgrootte en kleiner.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Swapo
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Aug 17, 2012 2:11 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Het dit ook so, dankie. Sal gaan rond speel met die ballistiek en n keuse maak. Weereens dankie
Jerome
Jerome
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 70 gr kriek in 223?
Die 48gr sal mooi loop.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Hi Jerome. Die 70gr gaan stabiliseer in jou 1:8" loop. As jy jou spoed oor 2500fps (by die tromp) hou gaan jy terminaal ook ordentlik stabiel wees.
Ek het eerlik waar nog nooit spesifiek gekyk wat die verskil in trajek is tussen de 60 en die 70gr nie, so gaan myself nie nou daar uitlig nie.
Penetrasie gewys gaan enige mono beter doen as 'n kopermantel koëel aangesien gewig behoue bly. Selfs mense wat my 48gr is tevrede met penetrasie. Maar ek dink dat die swaarder koëel beter penetrasie sal lewer, veral as die spoed begin afneem op langer afstande.
Ek hoop dit help 'n bietjie.
Kriek
Ek het eerlik waar nog nooit spesifiek gekyk wat die verskil in trajek is tussen de 60 en die 70gr nie, so gaan myself nie nou daar uitlig nie.
Penetrasie gewys gaan enige mono beter doen as 'n kopermantel koëel aangesien gewig behoue bly. Selfs mense wat my 48gr is tevrede met penetrasie. Maar ek dink dat die swaarder koëel beter penetrasie sal lewer, veral as die spoed begin afneem op langer afstande.
Ek hoop dit help 'n bietjie.
Kriek
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Ek kan die bevestig.tripodmvr wrote:Met mono koeëls is swaar koeëls nie nodig nie. Hulle hou bymekaar en breek nie op nie. Penetrasie is dus baie beter as met loodkern koeëls. Hulle het egter spoed nodig om oop te maak en daarom is "big and slow" nie 'n goeie roep nie. GS Custom se koeël weeg slegs 35gr en is tog baie effektief teen wild van blesbokgrootte en kleiner.
Het met my 222 en '' 35gr GSC 'n blesbok op 200m van voor in die kop geskiet.
Skoot was effe laag en deur die sinus holtes gegaan.
Nietemin het die klein 35gr punt regdeur gegaan en die nekwerwels gebreek.
Ek glo dat as ek met 'n loodkern punt geskiet het, sou ek moontlik die bok baie skade gemaak het, maar nie gedood het nie.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Swapo
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Aug 17, 2012 2:11 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Baie dankie vir die terugvoering. Het so bietjie nommers gaan intik en gesien dat die swaarder koeel wel n bietjie meer energie dra oor die trajek, maar soos Tripod genoem het dat met monos penetrasie nie probleem is, asook heywillie ondervind het. Kriek, ek sal met jou kontak maak ivm bestelling en dit verder vat vandaar.
Net so vinnig Kriek, die 60 greiner se bc 0.226? 55 greiner 0.277, is dit reg so?
Dankie
Net so vinnig Kriek, die 60 greiner se bc 0.226? 55 greiner 0.277, is dit reg so?
Dankie
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Bygesê ek het die 35gr punt teen 3740ft/s geskiet...
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: 70 gr kriek in 223?
Jip, dis reg ja. Die skag en bootstert op die 55gr koëel is anders as op die 60gr. Altwee koëels is dan ook omtrent 23mm lank.Swapo wrote:Baie dankie vir die terugvoering. Het so bietjie nommers gaan intik en gesien dat die swaarder koeel wel n bietjie meer energie dra oor die trajek, maar soos Tripod genoem het dat met monos penetrasie nie probleem is, asook heywillie ondervind het. Kriek, ek sal met jou kontak maak ivm bestelling en dit verder vat vandaar.
Net so vinnig Kriek, die 60 greiner se bc 0.226? 55 greiner 0.277, is dit reg so?
Dankie
Onthou asseblief ook dat my BC's uitgewerk is en kan verskil van wat waarlik uitgskiet word.
Kriek
