S365 lot vergelyking

Post Reply
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

S365 lot vergelyking

Post by Jaco B »

Hi Almal.

Het iemand al begin laai met die nuwe lot 91 en vergelyk met van die vorige lotte? Hoe vergelyk lot 91 met lot 72?

Jaco
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: S365 lot vergelyking

Post by win270 »

Is dit iets wat Somchem direk vir mens kan beantwoord? Het hulle so 'n diens?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: S365 lot vergelyking

Post by ruaanb »

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: S365 lot vergelyking

Post by jdpretorius »

Jaco, vat dit nou maar van 'n steeks hardkoppige ou wat die manne hier op kere sekerlik al moedeloos gehaat het....... Met herlaai is daar nie "short cuts" nie !, en veral nie as dit by Somchem kruit kom nie. Ek't seker al amper al die dom planne probeer. Jy bou baie maklik 'n pyp bom, veral as jy reeds op die vinnigste node is en jy gebruik dan sommer net 'n berekening om te raai waar jy moed wees.
Die enigste manier met 'n nuwe lot gruit is om weer laag te begin met 'n paar skote oor die chrony om spoed te bevestig.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S365 lot vergelyking

Post by tripodmvr »

Dankie JD, ek is al moeg daaroor geskryf.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: S365 lot vergelyking

Post by jdpretorius »

tripodmvr wrote:Dankie JD, ek is al moeg daaroor geskryf.
Oom Marius ek weet ek het jou seker al radeloos gehaat .... jammer daar oor :-[
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: S365 lot vergelyking

Post by Jaco B »

Dankie JD. Die idee was nie om net n vinnige paar somme te maak en by n antwoord uittekom nie.Ek besef daar is nie short cuts nie. Die vraag was gevra vir omrede daar altyd verskillende brandtempos is tussen verskillende lotte. Die doel, en ek kon dit seker beter gestel het, is as die nuwe lot vinniger is as die "normaal" gaan brand, gaan dit dan nie beter wees om n ander kruit bv S361/S385 vir sekere kalibers gebruik ipv die nuwe S365 nie? Net n vraag, of moet ek maar die search knoppie gebruik. >:+

Oom Marius, ek weet oom het al boekdele oor meeste van die topics geskryf en seker al amper als wat in die laaste 5 jaar op Jaracal geplaas is, het ek gelees. Of ek dit altyd reg verstaan is n ander saak :): . Ek vra omverskoning as my vraag onvanpas is..
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S365 lot vergelyking

Post by tripodmvr »

Hoe meer mense die antwoorde lees hoe meer sal verstaan dat ons eers praktiese skietresultate nodig het om uit QL dan te kan sê dat Lot 91 warm of stadig is.

Jaco, dankie vir die aanbod. Sien ons later vanmiddag die resultate hierso? ++>:
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: S365 lot vergelyking

Post by Jaco B »

Oom Marius, ongelukkig is ek nog nie n pensionaris nie en moet nog werk. Die resultate sal dus nie vanmiddag al geplaas kan word nie. Hou wel die spasie dop....info to follow
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: S365 lot vergelyking

Post by jdpretorius »

Jaco B wrote:Dankie JD. Die idee was nie om net n vinnige paar somme te maak en by n antwoord uittekom nie.Ek besef daar is nie short cuts nie. Die vraag was gevra vir omrede daar altyd verskillende brandtempos is tussen verskillende lotte. Die doel, en ek kon dit seker beter gestel het, is as die nuwe lot vinniger is as die "normaal" gaan brand, gaan dit dan nie beter wees om n ander kruit bv S361/S385 vir sekere kalibers gebruik ipv die nuwe S365 nie? Net n vraag, of moet ek maar die search knoppie gebruik. >:+

Oom Marius, ek weet oom het al boekdele oor meeste van die topics geskryf en seker al amper als wat in die laaste 5 jaar op Jaracal geplaas is, het ek gelees. Of ek dit altyd reg verstaan is n ander saak :): . Ek vra omverskoning as my vraag onvanpas is..
Jaco, wat ek gese het is maar effe tong in die kies want ek het tussen die lyne gelees. As jy werklik van die romp slomp van verskillende lotte wil weg kom dan is die ingevoerde kruit dalk die beter opsie.
Ek skerm maar so biekie want ek sal nie 'n man wil sien seer kry nie
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S365 lot vergelyking

Post by tripodmvr »

Jaco B wrote:Oom Marius, ongelukkig is ek nog nie n pensionaris nie en moet nog werk. Die resultate sal dus nie vanmiddag al geplaas kan word nie. Hou wel die spasie dop....info to follow
Dankie, ek stel dit op prys dat jy my op pensioen gaan sit. Watter bedrag kan ek verwag?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: S365 lot vergelyking

Post by Jaco B »

Lyk my Oom is so bietjie bored vandag en lus vir gesels. Is oom seker oom is nie al op pension nie. :laugh:
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S365 lot vergelyking

Post by tripodmvr »

Jaco B wrote:Lyk my Oom is so bietjie bored vandag en lus vir gesels. Is oom seker oom is nie al op pension nie. :laugh:
Ek werk nog volstoom. As jy miskien te veel energie het kan jy my bystaan met die pik en graaf. Grond is nou al 'n bietjie hard met die min reën hier bo.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply