Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Teef geskiet wat lyk of sy al lank soog. Min melk en lyk of sy besig is om op te droog. 4 Jaar oud skat ek. Kom uit aangrensende plaas so weet nie waar nes is nie. Hoor al van neste wat uitgegrawe word.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
More julle. Ek het saterdag mooi teef geskiet skat tussen 5 en 7 jaar. Sy was swaar dragtig met 2 kleintjies, skat sy sou binne die volg week gegooi het. Somerset-Oos omgewing, Ooskaap.
.30-06 CZ 550
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
Vriend van my sukkel n week lank met n jak. elke aand tot na twaalf uit. Volgend oggend le lam gevang. Hulle gaan toe nou die aand met twee bakkies na land. 9 uur ry een bakkie weg. Half uur later skiet hulle die jak tussen die skape. Wie het al met dit te doen gekry
katjak wrote:Vriend van my sukkel n week lank met n jak. elke aand tot na twaalf uit. Volgend oggend le lam gevang. Hulle gaan toe nou die aand met twee bakkies na land. 9 uur ry een bakkie weg. Half uur later skiet hulle die jak tussen die skape. Wie het al met dit te doen gekry
Het al baie keer jakkals spore gekry waar ek vorige aand gestaan het.
katjak wrote:Vriend van my sukkel n week lank met n jak. elke aand tot na twaalf uit. Volgend oggend le lam gevang. Hulle gaan toe nou die aand met twee bakkies na land. 9 uur ry een bakkie weg. Half uur later skiet hulle die jak tussen die skape. Wie het al met dit te doen gekry
Ek het vroeër die jaar onder "tafjak tips" ook 'n soortgelyke storie raak gelees. Man het gesukkel om jakkalse nader te kry, hy sien hul op 'n afstand maar hulle weier om nader te kom! Die raad wat aan hom gegee was, was dat hy +- 300m moet aan ry van waar hy geroep het en dan vir n 30min moet stilsit sonder om die ligte aan te sit of enige roepe te gebruik.
Hy het later terug geskryf en sukses behaal deur dit te doen. Ek vermoed dit gaan maar oor die vossies wat al die lig,bakkie en roepe herken en daarom nie sommer sal inkom op die normale manier van lig,roep,skiet nie. Hy weet wel dat as die bakkie ry dan gebeur daar niks nie. (Dit is maar my hipotese oor die saak)
Soms moet mens net bitjie buite die boks dink om die vossies met die doktorale grade te vang. Slim vang tog maar altyd sy baas...
I'm always pursuing the next dream, hunting for the next truth.-Stanley Kramer
SAKO TRG 22 (.308)
HOWA 1500 HOGUE Varmint (.243AI)
Dagse , ek roep vannaand jakkals vir n wild boer teen magaliesberg, het 2 maande terug daar n groot teef geskiet met steenbok distress maar die weer was sleg wind en koud, het min tekens van jakkals gesien laas toe ek vir n dag lank daar rond beweeg het.
Wil vannaand weer probeer , wat se roepe sal julle voorstel vir die tyd van die jaar?
Deel van die plaas is oop en ander deel is ruig bos teen die berg staan plek is min ek het 3 plekke gemerk om te roep, enige raad?
Kyk maar na heersende wind en staanplek..
Ons het hier op cullinan 2 weke terug 2 tewe geskiet.. maar ekt gesukkel.
Haas en jak aleen met n tik tik laaaaaater...
As jy dalk naby kern is .. jy weet ook nou nie.. sou ek n aleen jak speel.
Daar waar jy tekens opgemerk het ook goeie plek.. en dan water..
Hier by my hul al na 6 aant te skreeu.
Ekt nou nog nie n dragtige of lakteerende teef geskiet soos elders in land nie.. maar probeer n kleintjie distress iewers in jou roep.
Aa hul terug ant wees geduldig.... sou op die lyn van bos en oopte iewers probeer
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
henrygriffiths wrote:Dagse , ek roep vannaand jakkals vir n wild boer teen magaliesberg, het 2 maande terug daar n groot teef geskiet met steenbok distress maar die weer was sleg wind en koud, het min tekens van jakkals gesien laas toe ek vir n dag lank daar rond beweeg het.
Wil vannaand weer probeer , wat se roepe sal julle voorstel vir die tyd van die jaar?
Deel van die plaas is oop en ander deel is ruig bos teen die berg staan plek is min ek het 3 plekke gemerk om te roep, enige raad?
As daar kleintjies is behoort hul nog in nes te wees dan gaan kos klanke dalk meeste sukses behaal.In kerngebied soos Naas noem kan enkel jakkals reaksie uitlok.Klein jakkals kan ook gebruik word.
dankie manne , kon 2 groot reuns laai gister aand, alby het op vluitjie gereageer.
Henry Griffiths http://www.henrygriffithsafaris.co.za
Guns: 375 Ruger in n Ruger, Sako 300 H&H,308 howa varminter, 223 howa, 357mag, Glock 19 gen 4 9 mm
Dagse manne. Soek bietjie raad van die ervare manne. Ek het 'n jak gehad wat lam op groen voer gevang het, net poeding geeet en res van lam gelos het.(vermoed 'n sogende of swaar dragtig teef) het die aand in groenvoer tussen skape gaan sit met nagsig en so rondom 11h hoor ek die buurman se skaap begin kwai blêr en ek vermoed die jak is daar besig. So 20min verby toe tel ek 'n oog teen die land se draad op. Maar toe ek die oog sien toe is dit asof die jak die infrarooi optel en soos blits omdraai en weghardloop. Ek vermoed sy moes al ervaring van ons buurman gehad het. Want hul vang al vir hele ruk by hulle en hy kry nie die jakkals nie. Sy het immers dan al skool geloop by hom. Vermoed ek. Moet ook by sê dat die wind heel aand onplesierig was, het heeltyd van rigting verander en sy kon my dalk geruik het. Maar dis die skelmste wat ek nog gesien het. Het geen roep gebruik nie. Net geduld en agsig.
Met die huidige stand van die maan en die wind wat dwarrel kan ek jou amper 'n brief gee hy het jou geruik en toe gesien ook. Ek twyfel dat dit die infrarooi is wat gepla het, maar ek sit anyway 'n dimmer op my infrarooi lig.
Die maanis besig om donker te raak. Gaan weer uit hierdie week, maar kies jou staanplek bitter mooi vir wind doeleindes. As jy nie op hom geskiet het nie behoort hy weer terug te kom. Saggies kos op die roeper kan dalk ook net daai nuuskierigheid prikkel.
Dim maar die IR lig.
daai rooi kol staan maar kwaai uit. baie meer as 'n gemimde wit lig. moenie dink omdat jy deur 'n 'nagsig' kyk, jakkals sien jou nie.
ja, wel nie die lig gloed, maar as hy direk na jou kyk sien hy njou maar gou.
nou is die maan helder, jy ry, sien sy oe, stop, nou met nagsig, nie te se hy is skelm vir ir.
hy skelm vir 'n bakkie.
anyway, lang storie kort, as jy ry, ry met 'n witlig scope, as jy roep, gebruik IR. moenie ry met n ir scope
Ek het wel 'n 170mm lightforce met dimmer en IF filter gebruik net die spotlight met dimmer en nie die nagsig se Led nie want hy maak vir my te groot kol. Ek vermoed die jakkals teef moes my geseien of ruik het want ek het in groenvoer land gestaan tussen skaap. By gese dit was toevallig dat die jak by die land aan gekom het toe die maan net sy kop oor berg gesteek het. So my geluk was seker net uit. Sal haar weer gaan voor sit later die week waneer maan donker is.
Ek het wel 'n 170mm lightforce met dimmer en IF filter gebruik net die spotlight met dimmer en nie die nagsig se Led nie want hy maak vir my te groot kol. Ek vermoed die jakkals teef moes my geseien of ruik het want ek het in groenvoer land gestaan tussen skaap. By gese dit was toevallig dat die jak by die land aan gekom het toe die maan net sy kop oor berg gesteek het. So my geluk was seker net uit. Sal haar weer gaan voor sit later die week waneer maan donker is.
Willian en Hennie het kom roep op Warmbad Saterdag aand..
Hul kon die 2 jonges uit bos kry met n klein jak distress.. die stel binne bos gebly en terug geroep... wou nie uit kom nie..
Hoe sou jul reken pak ons die stel aan.. hul by hul nes seker so 150m in bos.. voertuig kan nie in nie.. beste plek n waterpunt by n T aansluiting so 200m van nes...
Dagroepie??? of so 2 weeke wag en weer nagroep..
Daar sluip ook n kolkat rond wat nou erg vang. Bosbok vanoggend gekry en eergister n rooibok in boom
IMG-20181007-WA0001.jpeg
IMG-20181007-WA0000.jpeg
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie