Dit was n laaang wag vir 2017 se eerste jag. Ons het verhuis ver wag van my jagmaats en bekende jagvelde in Limpopo en Mpumalanga. My gewere was gestoor en die kluis is na maande eers ingesit. Ek kon gelukkig by laat in die jaar by kollegas se jag in Graaff Reinette aansluit, anders het ek dalk n jagseisoen oorgeslaan. Op n Vrydagoggend vroeg trek ons uit Somerset Wes weg na Leopards Valley. Na afpak en inskiet en baie stap het ek n mooi grootte blesbok net so voor sononder platgetrek. Ek het gedink 195m is nogal ver, min wetende wat nog voorlê.
Saterdag met sonop is ons die berge in waar ons gasheer ons verseker het daar baie koedoes is - die Oos-Kaap koedoe pryse was aansienlik goedkoper as in Limpopo. Die boer het ons verduidelik dat hy sy hele lewe al jag op die plaas, en ons moet onsself regmaak vir ver skiet. Sy metode is om te skat as n bok op bv. 500m staan, om vir die top van sy horings te mik. As die koeël se stof dan tussen hom en die bok uitslaan, wee thy die bok is verder probeer hy hoër mik.
Ons is berg in op n rowwe tweespoorpad, en sien na n uur se ry sien ons n trop van 11 Koedoes . Van daar is dit loop en bekruip agter hulle aan. Na n onsuksesvolle bekruip deur my mede jagter was dit my beurt om te prober, en is ek saam met die gids, Tools, die bosse in. Ons het van regs af in die foto oor die die kop die koedoes gevolg. Hulle het in verskillende rigtings uit mekaar weg beweeg en was vir n tyd lank buite sig.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20170826_121351_zpspehzas9x.jpg
Berg van onder gesien, met valleijie in die middel
Van so klein nek het ons hulle weer gesien, en ek het n skoot gevat op n koedoe wat oorkant die valleitjie gestaan het. Ek kon min van hom tussen die bosse sien uitsteek, en die skoot was mis. Afstand was 264m, meet ek na die skoot. Ek moet sê dat ek nie gewoond was om so ver van n skietstok af te skiet nie.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20170826_092424_zpslmaumz4w.jpg
Uitsig van die nek af, van waar ek die eerste skoot geneem het
Ons beweeg toe oor na sy staanplek deur groot skouer tot kophoogte struike om seker te maak daars nie bloed nie. Na n ruk rondsoek sien ek n koedoebul wat bergklim en in n oopte vassteek seker so 70m van ons af. Ek wou hom dadelik plattrek, maar Tools keer, want die bok is “maer en slinger al rond van ouderdom”. Ek het vir hom geluister op die ou end, dit was maar moeilik omdat dit die naaste was wat ons aan n bok was die hele naweek, en as jagter weet jy nie of jy weer n bok onder skoot gaan kry nie.
My medejagter neem toe n skoot van die pad af op n koedoe oor 150m , nadat hulle eers seker gemaak het waar ons was, so skree-skree oor en weer (die tweespoorpad loop al met die rif langs). Ons kon die impak hoor, maar die koedoe beweeg toe in die ruigtes in die middel van die vou in en hulle verloor sig van hom. Hulle volg toe die koedoe, en met die klim daar n bul uit op die kop oorkant ons, steek hy vas en kyk terug na die manne wat soek na die ander koedoe.
- Ek en Tools skarrel vining deur die bosse na n oopte om my skiestok op te slaan…
- ek suig so 3 diep longvragte vol lug om my asemhaling en hartklop onder beheer te kry
- geweer op die stok - druk slot af - soek die bok oorkant…
- Net sy nek en kop seek uit oor die bos, ek kon hom eers gesien kry toe Tools vir my se "sien jy daai wit stomp - dis nie n stomp nie, dis sy nek"….
- Van baie skiet werk my hande al vanself die geweer, stok en die teleskoop. Lyn hom op, stamp teleskoop vergroting op en hou n knerts onder sy rug se bokant…
- Die skoot loop en Dshoooooow - ploffffff (mens hoor hom mooi as die bok ver staan)…
- Koedoe beweeg so 30 m en slaan neer in die bosse. "Dis n standvastige skoot daai" juig Tools en klop my op die skouer…
Ek meet 328m na n klip waarnaby hy gestaan het, ek het die rangefinder al vroeër ophou gebruik omdat dit te veel tyd vat om eers uit te haal en weer weg te sit. Ek het staatgemaak op die 7mm RM se redelike plat trajek, n 150gr punt val 2.5” van 100m na 200m, en dan nog 7” by van 200m na 300m.
Tools trek weg soos n bergbok en ek bly net net by soos ons oorgaan na oorkant. Hy het seker 3 keer op pad soontoe gesê "dis n groot een daai" van opgewondenheid. Na bietjie soek tussen die bosse kry ons my bok daar. Die skoot is in net bo sy linkerknop, af en dwars in sy lyf in na agter. Hy het quartering towards gestaan en die 150gr Swift Scirocco koeel is deur die longe, en het gestop onder die vel an die ander kant.
Ons gewaar toe die kwes Koedoe teen die oorkantste helling, en ons skarrel om weer n oopte te kry. Na ons seker was die ander makkers het uit beweeg, neem ek n paar skote op aandrang van die gidse maar ek skiet by sy voete vas – die rangefinder meet 500m. Ek het later gaan opsoek – op 500m val die punt 40” – die boer se raad sou goed gewerk het, maar ek was glad nie gemaklik om nog ver skote te skiet nie, en 7mm ammo is duur.
Die ander span beweeg toe weer nader, maar dis te ruig nader aan die bok en hulle kry nie n oop skoot nie. Ons kon hulle en die koedoe mooi sien van bo waar ons was, maar was versigtig omdat ons hom dalk sou verloor in die ruigtes. Hulle bekruip dryf mettertyd die koedoe nader na ons, en hy kruis op n punt die tweespoorpad op pad bergaf. Ek neem toe nog n skoot net voor hy in die bosse in verdwyn. Hy beweeg uit sig uit, maar slaan toe neer laer af in die vallei.
Vandaar is ons terug plaashuis toe om manne te gaan haal om te help laai. Ons is eers van onder af op in die vallei na die 2e koedoe toe – en ons het gebrul om hom daar uit te dra. Die rif was te steil om hom op na die boonste pad te dra. Mens kon van die vlaktes af n ent opry deur die veld, maar 4 manne en ek is toe te voet daar in. Ons het hom in die veld opgesny en met 2 seile en 4 pale die karkas afgedra Daarna het ons my bok gaan laai, wat heelwat makliker was. Tools wou ook n foto hê by die bok, hy was amper meer in sy noppies as ek.
Ons was poegaai, harde werk maar n bevredigende jag.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/20170826_161938_zpsy6foobwq.jpg
Jagstorie, 2017
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Jagstorie, 2017
Mooi storie, ek het gehou van die klank effekte.
Hoekom het jy 'n jaar lank gewag om jou storie to vertel?
Hoekom het jy 'n jaar lank gewag om jou storie to vertel?
- DilbertZA
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm
-
Maartin
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Thu Oct 01, 2015 5:40 pm
Re: Jagstorie, 2017
Baie lekker myself ingeleef in jou storie.
Geluk met 'n mooi bok.
Geluk met 'n mooi bok.
Everything seems impossible, until it is done.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Jagstorie, 2017
lekker mooi man!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Jagstorie, 2017
Baie geluk! Mooi koedoe daai en klink asof dit lekker harde jag was.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Jagstorie, 2017
Geluk dankie vir die deel