Die afgelope naweek het ek en 2 vriende daar anderkant Upington gaan jag.
Vrydag oggend 4uur uit Kathu gery en 7uur was ons op die plaas. Met warm koffie in die hand bspreek ons eers n staregie vir die dag. Ons vra ook onder mekaar wie wil watter spesie skiet.
Nadat ek Petrie se capse en buffs aan die manne oorhandig het, besluit ons toe om eers n verkennings trip deur die plaas te ry sodat die gidse ons kan wys waar is die drink plekke en min of meer watter bokke loop waar (hulle ken mos die diere se gewoontes) Die gidse verduidelik ook vir ons watter bokke om NIE teskiet nie. Daar is heelwat van hulle.
Ek en Hennie hou van stapjag, maar Jaco is beperk tot bakkie en voorsit jag. Op pad na die een hoek van die plaas sien ons n middel klas koedoebul wegkruip tussen die bosse. Ek en Hennie let op na die koue suide wind en besluit ons gaan netnou terug kom vir hom.
Amper aan die einde van ons verkennings trip kry ons n alleen blouwildebees tussen die scimitars. Aangesien ek n blouwillem op my jobkaart vir die naweek het stoot my vriende my vorentoe op die skiet rak. Moes bietjie wag dat hy agter die bosse uitkom, en hy bied my toe n mooi plank dwars skoot. Ek het vooraf besluit en gaan eerder vir sy blad skiet a.g.v sy versteekte brein (agter die horings). Ongeveer op 180m tref die my 308 se Hornady hom. Hy spring, draai en draf weg. Hy gaan staan toe weer, en net voordat ek n opvolg skoot wou skiet sien ek hy wankel. Jaco bevestig ook die bloedkol sit op die regte plek agter die blad (sien toe later ek het die hart getref) Toe ons hom op die bakkie wou laai, besef ons hierdie is n "dik bus" Hy weeg toe 174kg met vel aan ( verwys na my ander post oor boulwildebees van R6000 of R35/kg)
Ons ry toe terug om Hennie se koedoebul te gaan stalk. Obviously was hy nie meer op die plek waar ons hom vroeër gesien het nie. Die wind was reg en die bosse was amper te min, maar na 45minute se stap gewaar ons hom. Hennie lê aan oor die skiet stokke (kon net sy nek en kop sien) maar hy was te wakker vir ons. Loop toe verder en gewaar weer die koeie wat saam hom loop. Skielik hardloop die bul van links na regs voor ons verby so op 100m. Hennie sak in die hurk posisie en toe die bul vas steek, skiet Hennie hom op die knoppe.
Intussen het Jaco sprinbok geskiet en ons gaan laai eers die bokke af.
Die volgende oggend het die wind noord gedraai en ons kon dadelik aan die diere agterkom vandag gaan nie so maklik soos gister wees nie. Vroeg skiet Jaco ook n koedoe bul. Ek en Hennie stap om rooibok te soek. Jaco skiet n gemsbok koei.
Net na die middag besluit die boer hy gaan ons opstel vir voorsit jag vir springbokke. Ek vra toe vir Jaco of ek sy 444Marlin single shot revolver kan gebruik. Jaco, Hennie en ek kry elkeen ons klipkoppie en die die bakkie roer die trop bokke. Met die revolver was my veilige skiet afstand 100m, en ek was twyfelagtig of ek n geleendheid gaan kry. Ek was ook senuweeagtig omdat ek nog nooit met die revolver geskiet het nie (maar Jaco se instruksies was maklik en volledig)
Lang sorie kort; n sprinbok ram kom staan 113m van my klipkoppie af. Na baie bewe RAAS die revolver en die bok val. Ek was baie verlig want my skietpossisie langs n gr0ot rots verby was nie baie steady nie.
Ek moet my hoed afhaal vir my vriende wat sonder seremonie sprinbok kopskote skiet tot op 250m. Ek kan dit nie doen en gaan ook nie probeer nie.
Wat n heerlike uitstappie.
Petrie (Ghost Gear) baie dankie vir die hoede en buffs, my vriende was kwaai beindruk.
Groetnis.
Pellejag 2018; Upington.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Pellejag 2018; Upington.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Pellejag 2018; Upington.
Vervolg..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Pellejag 2018; Upington.
..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Pellejag 2018; Upington.
Lekker manne.
Dolf daai 444 is n lekker gun.
Jaco Wiele bly om te sien daai 444 skiet darem mooi.
Lekker gun daai
Dolf daai 444 is n lekker gun.
Jaco Wiele bly om te sien daai 444 skiet darem mooi.
Lekker gun daai
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Pellejag 2018; Upington.
Lekker man! Baie geluk met daai willebees - sommer 'n ordentlike een.
.....en ook met die springbok - mooi foto!
Groetnis
.....en ook met die springbok - mooi foto!
Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Pellejag 2018; Upington.
Lekker vertel en geluk Dolf-julle met die suksesvolle pellejag!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Pellejag 2018; Upington.
monster bees baie geluk!
-
Beer
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Wed Jan 07, 2015 2:07 pm
Re: Pellejag 2018; Upington.
Joone, jy maak nou n gewoonte om die distrik se monsters uit te skiet. Geluk manne, sien uit om die storie langs die staanvuur te hoor.
Lekker Jaco Wiele.
Lekker Jaco Wiele.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1996
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Pellejag 2018; Upington.
Mooi gegooi.
Met n vleisie...
Met n vleisie...


