Skurwe slot
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Skurwe slot
Naand almal, hoe gemaak met n skurwe slot. Ek het my Ruger m77 se slot so bietjie te veel olie gegee, en van al die bakkie ry het daar maar stof op slot gaan sit en die slot het nou skurwe skuur merke daar waar slot deur die aksie werk. Hoe en met wat kan ek die slot politoer om dit weer mooi glad en blink te kry? Groete.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Skurwe slot
jy kan hom seker jewel? as jy wou, al my slotte het karap en skuur merke van normale gebruik, wys 'n foto asb, sal idees gee makliker maak dink ek
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Skurwe slot
Ai, heeltemal te onnosel om foto's te plaas op forum. Ek wil nie die slot politoer vir looks nie. Die slot is skurf en dit bemoeilik die normale werking.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 920
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Skurwe slot
Jy kan jou slot met fyn water skuurpapier of staalwol bykom en kyk of dit help.
Groete
Ruan
P.s. na die skuur moet jy jou slot weer olie. Moet met nie teveel olie gebruik nie
Groete
Ruan
P.s. na die skuur moet jy jou slot weer olie. Moet met nie teveel olie gebruik nie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Skurwe slot
Blaas al die olie uit die slot en waar hy raak aan die res van die aksie met brake pad cleaner. Gebruik nou net grafiet en jou stof vassit op die metaal is 99% minder. Dit geld ook vir olie wat taai word en jou slagpen vertraag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Skurwe slot
Die raad is goed hier bo!Lamtjop wrote:Ai, heeltemal te onnosel om foto's te plaas op forum. Ek wil nie die slot politoer vir looks nie. Die slot is skurf en dit bemoeilik die normale werking.
Wat ek wel geleer het as veldwagter, was om my nuwe geweer se slot brasso te smeer en dit herhaaldelik oot te haal, hoe die brasso op die slot werk het ek geen idee nie, dit maak nie sin nie, maar dit het my 375 se slot baie lekker glad gemaak.
so as jy skoon gemaak het en dit voel steeds nie lekker nie probeer dit, Oja ek het gesit en slot oop en toe maak vir die hele black hawk down en Tigerland films agter mekaar, so ja dit was BAIE oorhaal aksies uitgevoer as jy dit wou probeer....
-
ThysR
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Thu Jan 08, 2015 1:52 pm
Re: Skurwe slot
Ek het selfde probleem gehad met ou 308
Haal slot uitmekaar
Maak skoon in sonic cleaner
Fyn skuurpapier met bietjie rubbing compond, ek draai sommer die slot in boor vas en vou skuurpapier om slot, slagpen en skuurpapier om boorpunt om binne slot te polish
Weer in sonic cleaner
So bietjie olie vir liefde
Nou is hy amper so glad soos my Sako aksie
Haal slot uitmekaar
Maak skoon in sonic cleaner
Fyn skuurpapier met bietjie rubbing compond, ek draai sommer die slot in boor vas en vou skuurpapier om slot, slagpen en skuurpapier om boorpunt om binne slot te polish
Weer in sonic cleaner
So bietjie olie vir liefde
Nou is hy amper so glad soos my Sako aksie
Slow is Smooth, Smooth is Fast
300wsm
243 Sako
308 Mauser
9mm CZ
300wsm
243 Sako
308 Mauser
9mm CZ